WEW…5.04 van 2011

5 Apr

Dis in elke koerant en in die televisie en radio nuusberigte. Dit blyk of daar ‘n verrottende sweer oopgekrap is. Ons het altyd geweet dit is daar, maar ek dink die korrupsie is veel groter as wat ek ooit van kon droom….

Ek wonder wie kan jy vertrou, as jy nie eers die land se polisie en intelligensie dienste kan vertrou nie?

18 Responses to “WEW…5.04 van 2011”

  1. NetJane April 5, 2011 at 7:56 vm #

    Ek het nou die dag daaraan gedink DMI. Toe ek klein was is ons geleer om vir die polisie te bid, geleer dat ‘n polisieman ‘n held is, jy op hulle kan vertrou en hulle altyd daar is om te help.

    Ek dink nie daar bestaan meer ‘n klein seuntjie wat groot word en sê “ek gaan eendag ‘n polisieman word” nie.

    • demoerin April 6, 2011 at 11:38 vm #

      uh uh…ook nie onderwysers en verpleegsters nie.

  2. leonvonmoltke April 5, 2011 at 8:00 vm #

    Dis ‘n vinnigverspreidende kanker.

    • PlaasJuppie April 5, 2011 at 8:30 vm #

      Ek dink dit is dalk reeds terminaal

      • demoerin April 6, 2011 at 11:36 vm #

        Ek hang solank my swart pak uit😆

  3. Xena Phoenix April 5, 2011 at 8:38 vm #

    Blykbaar is SA se sakelui ook van die korrupste in die wereld.

    Die eerste stap is om seker te maak jyself (man/vrou in die spieël) raak nie korrup nie.

    • demoerin April 6, 2011 at 11:37 vm #

      Ek dink ons het nou al Nigeria verbygesteek…en dit is moer scary

  4. BB April 5, 2011 at 10:33 vm #

    My ouma het eendag vir my oupa gevra of hy in die duiwel glo. My oupa het gesê hy dink dat die meeste mense nie hulp nodig het om in wese gierig, korrup en boosaardig te wees nie…

  5. Son April 5, 2011 at 3:36 nm #

    Sê die Bybel nie vir ons om op prinse nie te vertrou nie? Watwou dan nog gewone polisiemanne!

  6. toortsie April 5, 2011 at 6:50 nm #

    Hoe leer ek vir my plaaskinders dat die polisie ons vriend is?

    • demoerin April 6, 2011 at 11:39 vm #

      Ek wens ek kon sê dis maklik.

  7. Vlam April 6, 2011 at 11:55 vm #

    Optimistiese ekke…dit gaan nog baie slegter word, voor dit beter word. Maar dit gaan beter word. 😉

    • demoerin April 7, 2011 at 7:05 vm #

      Ek stem saam met jou op daai een.

  8. toortsie April 6, 2011 at 8:27 nm #

    Hi, jy het nooit jou Pay It Forward pakkie opge-eis nie! Want dit het teruggekom na my toe. Jy sal weer jou adres moet aanstuur… of was jy bang vir ‘n briefbom? ek sal mos NOOIT so iets insit nie!!

    • demoerin April 7, 2011 at 7:05 vm #

      😳 Ek het jou e-mail’tjie gestuur… ek voel soos ‘n poephol.

      • toortsie April 7, 2011 at 7:22 vm #

        Sal die emailtjie gaan lees. Voel gou oor, dan voel jy beter! Dalk probeer ek weer….🙂 Jy het lekker beskuit gemis!!
        No problem… sulke goed kom my ook oor!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: