Daisy de Nylkrokodil

7 Apr

By die Jozi dieretuin bly daar ‘n Nylkrokodil. Ek weet nie wat haar doopnaam is nie, maar ek het haar Daisy gedoop. Daisy de Nylkrokodil, vernoem na Daisy de Melker.

Nou kyk, ons weet almal wat Daisy de Melker aan elke man in haar lewe gedoen het…. en dit is hoekom tannie Krok nou haar naamgenoot is – in my beskeie opinie natuurlik.

Daisy (dis nou die krok) is ‘n weduwee. Sy het tot laas winter nog ‘n man gehad, saam met wie sy in die son kon lê en bak. Hulle het ook so ‘n oulike grot in hulle hok met binnenshuise verwarming vir die koue winteraande as hulle dalk so bietjie wou snuggle. Kos word bedien, en die Jozi wintersonnetjie bak heerlik elke dag. Idilies sou mens nogal dink, maar diep binne was daar in nabetragting iets wat aan die 4 meter lange tannie Krok gejeuk het – en een koue Julie nag in 2010 het die jeuk in ‘n krapperigheid verander… en die krapperigheid het gely tot ‘n onbesonne, onnatuurlike woedeuitbarsting.

Op hierdie yskoue aand het tannie Krok besluit om eerste te gaan inkruip. As oom Krok maar net geweet het sou hy seker gemaak het hy is binne in daardie grot voordat jy rare zebra-steak kan sê….

Miskien het tannie Krok se artritis haar opgekeil en kon sy nie beweeg nie. Miskien was sy moeg vir oom Krok en hulle vervelige lewe saam; sy het dalk gehunker na ‘n bietjie opwinding saam met die jonge heer Kroks langsaan. Maar op hierdie aand,om onverklaarbare rede het tannie Krok aan die binnekant van die grot, dwars voor die deur van die grot gaan lê, en oom Krok toegang geweier.

Oom Krok is die volgende oggend dood voor die deur aangetref. Hy het verkluim.

Daisy de Nylkrokodil lê nou alleen in die son en bak. Miskien het sy net ‘n bietjie spasie nodig gehad?

8 Responses to “Daisy de Nylkrokodil”

  1. leonvonmoltke April 7, 2011 at 7:58 vm #

    Ek hou van jou conspiracy theory🙂

  2. Xena Phoenix April 7, 2011 at 8:17 vm #

    😆 😆

  3. Vlam April 7, 2011 at 10:21 vm #

    A change is as good as a holiday. 😉

  4. Charms April 7, 2011 at 2:31 nm #

    Lyk my jy het die regte naam vir haar gekies.

  5. toortsie April 7, 2011 at 3:36 nm #

    Moet nooit ‘n vroulike dier onderskat nie….. uhm

    • demoerin April 8, 2011 at 6:54 vm #

      Yip, twee of vier bene – maakie verskil nie😆

  6. toortsie April 7, 2011 at 3:37 nm #

    of dalk was sy net moeg en kon nie verder as daar waar sy voor die deur gelê het nie. Dalk was sy heeltemal onskuldig!

  7. Son April 7, 2011 at 4:30 nm #

    Gee Daisy die krokodil my nou idees. Net jammer dit word nie koud genoeg hier nie😈

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: