Vrydagskool…Seks101

8 Apr

Daat is iets wat aan my krap. En nee, as jy hier inloer vir seks onderrig is jy by die verkeerde plek. Hier is ook nie prentjies uit die Kama Sutra nie.

Ek lyk vir my of ouers en onderwysers deesdae almal dinge net so gemaklik as moontlik wil hê. Ouers glo hulle betaal skoolgeld en daarom is onderrig die skool se probleem. As ‘n kind bietjie woelig is wil die onderwyser dadelik daardie kind op Ritalin hê. Almal wil dit so maklik moontlik hê, en dan ly die kind daaronder, terwyl ek glo daar moet eerder samewerking wees tussen ouers en onderwysers. Nie net een van die twee groepe is verantwoordelik nie.

Ja, die onderwyser gaan jou bloedjie leer lees en skryf, maar dis die ouer wat in hul kinders ‘n liefde vir lees moet kweek. Die onderwyser is nie daar om vir jou kind reg en verkeerd, maniere en respek te leer nie, want dit is Mamma en Pappa se werk.

Netso glo ek dat seksonderrig Ma en Pa se werk is. Dit is nie die skool of die onderwysdepartement of die kliniek op die hoek se job nie. Dit is ‘n ouer se plig om hul kinders te onderrig oor die gevolge van seks; HIV/AIDS, STD’s en swangerskappe. Dit is die ouer se plig om aan hulle kinders te leer dat seks nie ‘n sport is soos netbal en sokker nie, en dat seks gepaartgaan met groot verantwoordelikheid op ‘n emosionele vlak – dit is nie net ‘n speletjie nie.

Daar is duisende skoolmeisies wat swanger is, en dit lyk nie of te veel mense daaroor bekommerd is nie. Om hulle te leer van voorbehoedmiddels gebruik skep die indruk dat dit aanvaarbaar is.  Besef hulle die realiteit van die saak? Dit is nie net jou eie toekoms wat in gedrang is nie, maar ook die toekoms van hierdie kind wat jy dra, terwyl jy self nie veel meer as ‘n kind is nie.

11 Responses to “Vrydagskool…Seks101”

  1. toortsie April 8, 2011 at 8:01 vm #

    DMI! JY is op die REGTE pad! Die ongeluk is net dat die ouers wat die verantwoordelikheid die meeste wegskuif, die hardste raas, sodat diegene wat nog dit wat jy sê, probeer sê, sommer stilbly.
    As jy wil kinders hê, is die opvoeding van die kinders JOU verantwoordelikheid. Punt.
    Dankie

  2. Xena Phoenix April 8, 2011 at 8:25 vm #

    Ek is nie noodwendig teen seksopvoeding op skoolvlak nie. Daar is ‘n paar ouers wat regtige verwronge idees oor seks het. Maar ek stem saam.

    Sal ons die morele waardes noem? Dit is die ouers se plig om hulle kinders die regte morele waardes te leer. Deesdae word daar oor die morele waardes gefrons, soos wie is die ouers om namens die kind op morele waardes te besluit. Ek weet nie of ek noodwendig daarmee saamstem nie. Al is die ouers se gekose morele waardes net tydelik, behoort dit die kinders ten minste terwyl hulle op skool is uit die moeilikheid te hou.

    • demoerin April 8, 2011 at 12:36 nm #

      Presies…al is dit net tot hulle hul eie waardes op kan besluit, maar die ouers sin sal nogsteeds as verwysing dien.

    • leonvonmoltke April 11, 2011 at 9:28 vm #

      Ek stem nogal saam met XP se siening hieroor. Dat dit ‘n groot probleem is is nie te betwyfel nie.

  3. Jan Twak April 8, 2011 at 10:50 vm #

    Wel as die staat ‘n aansporingsbonus vir seks gee (grants) wil ek hulle beslis nie as my kind se seksonderigters sien nie.

  4. Son April 8, 2011 at 6:25 nm #

    Die skool leer nie eers meer ons kinders ordentlik wat hulle hul MOET leer nie. As ek vandag ‘n skoolgaande kind gehad het, het ek hom/haar tuisonderrig gegee. Ek sal nie hierdie skoolstelsel vertrou het met my kind nie. Nie in ‘n miljoen jaar nie.

  5. Pikkelik April 10, 2011 at 7:59 nm #

    Opvoeding (enige opvoeding) is eerstens die ouers se plig… nie die skool, kerk of nanny sin nie… en daarna kom die skool en die kerk en wie ook al. As jy vir jou kind die waardes en beginsels wil leer wat hulle sal stut en ondersteun in die lewe moet jy bereid wees om uit te haal en te wys, niemand gaan dit vir jou doen nie en daar is geen manier om seker te wees dat iemand anders dit soos jy sal wil/kan doen nie!

  6. Charms April 13, 2011 at 4:17 nm #

    Dis redelik eenvoudig – JOU kinders se opvoeding is JOU verantwoordelikheid – nie die skool, kerk, maats s’n nie.

Trackbacks/Pingbacks

  1. Slegte voorbeeld van Seks Opvoeding « Herriemerrie - April 8, 2011

    […] Demoerin pleit vandat vir verantwoordelike, ouerlike seksopvoeding by hulle kinders.  Dit het my aan ‘n ware storie laat dink – ek het dit by die vrou, kom ons noem haar Tannie Dot, self gehoor. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: