Ssssshondag

12 Apr

Ek is seker daarvan die mense in die regering het niks anders om te doen as sit en nonsens uitdink nie. Om groter probleme soos werkskepping en behuising uit die kollig te haal (want dit kos geld en is ‘n bietjie meer van ‘n taai toffie en hulle faal totaal en al in daardie opsig) sit hulle in hulle gemakstoele met hulle Chivas en Kaviaar en dink aan nuwe wette, want wette is maklik – jy stel ‘n komitee aan om dit te ondersoek, dan lê jy dit aan parlement voor, en as jy weer kyk is dit in die staatskoerant gepromulgeer. Dit lyk of jy iets gedoen het.

Kyk, ek weet ons land sit met massiewe sosio-ekonomiese probleme, en alkohol misbruik sit agter baie van dit. Dit is ‘n feit. Ek sien egter geen sin daarin om nou weer wette uit te bring wat die kleinhandel verkoop van alkohol op Sondae wil stopsit nie. Mens los nie ‘n probleem op, om een dag per week die verkoop van alkohol te stop nie. Alkohol word nie net op Sondag misbruik nie. Kinders kry nie net op Sondae nie kos nie. Vrouens word nie net op Sondag geslaan nie.

Nie net sal hulle nou ‘n enorme onwettige drankhandel op Sondae tot stand bring nie, maar die misbruiker sal mos nou net op Saterdag seker maak hy koop genoeg vir Sondag ook.

Dit is naief om te dink dat die stop van kleinhandel verkope van alkohol op ‘n Sondag enigsins ‘n verskil aan die misbruik en sosiale probleme gekoppel aan alkohol gaan maak. Moenie jou gewete sus met ‘n nikswerd wet ,en dan wil jy tevrede terugsit en glo jy het iets gedoen nie.

13 Responses to “Ssssshondag”

  1. leonvonmoltke April 12, 2011 at 7:37 vm #

    Ons leef mos in ‘n nanny state waar niemand self hoef te dink of verantwoordelikheid te vat nie.

  2. Pikkelik April 12, 2011 at 8:08 vm #

    Dis baie waar wat jy hier sê! ‘n Gemaklike opsie om tyd te wen…

    • demoerin April 13, 2011 at 7:57 vm #

      En ons het nie flippen tyd nie!

  3. Xena Phoenix April 12, 2011 at 8:20 vm #

    Ek is nie noodwendig vir die verkoop van drank op ‘n Sondag nie. Die basiese wetgewing geld nog steeds. Maar dit is baie waar wat jy sê. As jy drank soek met ‘n seer hart, gaan jy dit op enige wettige of onwettige manier kry.

    • demoerin April 13, 2011 at 7:58 vm #

      My presiese punt. Wettig of onwettig… jy gaan dit opspoor – of opstock Saterdag.

  4. toortsie April 12, 2011 at 8:27 vm #

    Weet julle hoekom suip mense nou nog???? Omdat donkie jare gelede die boere ‘n dopstelsel gehad het. Elke aand as die werkers uitgeval het, kon elkeen een beker mos kry. En daarom is daar VANDAG NOG landwyd ‘n massiewe drankprobleem, of die mense nou al van ‘n plaas of ‘n boer gehoor het of nie!! (IEMAND moet die skuld kry, hoekom nie ons boere nie???) en as hulle rerig nie die rede weet nie, is die rede APARTHEID!!🙂

    • demoerin April 13, 2011 at 7:55 vm #

      Yip, dis die dark forces… Darth Vader sit agter alles.

  5. Vlam April 12, 2011 at 8:31 vm #

    Niks kom tussen my en my drank nie. 👿

  6. Son April 12, 2011 at 3:01 nm #

    Wat van: Verbied ALLE drank verkope. Maak dit onwettig soos dagga🙂

    • demoerin April 13, 2011 at 7:56 vm #

      😯 my hart! Is dagga regtig onwettig?😆

  7. business review April 30, 2011 at 11:42 vm #

    Ek wens ook ek kon glo dat geen boer ooit weer alkohol of takak? aan sy werknemers sal voorsien of vir hulle onder enige omstandighede sal aanry nie ingesluit vir enige alle! sosiale geleenthede veral oor die Pase en ander vakansiedae tydens jaareindfunksies nuwejaarsvieringe huwelike en begrafnisse. Misdaad alkohol en dwelms vernietig lewens gesinne en samelewings en verantwoordelike werkgewers kan nooit waaksaam genoeg wees nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: