Vrydagskool…Sê jou Sê

15 Apr

Die nuusberigte waar daar gewys word hoe Andries Tatane in Ficksburg deur polisielede doodgeslaan word (blykbaar moet mens nog steeds sê na bewering, al was dit op SABC nuus vir almal om te sien), het die afgelope twee dae groot opslae in die media veroorsaak. En met goeie reg.

Nou is die ANC kwaad want hulle glo SABC nuus het te vêr gegaan deur dit op televisie uit te saai. Hulle is bekommerd, want daar het iets deur die krake geval voordat hulle die kans gehad het om dit onder die mat in te vee.

Dit maak my bekommerd dat die ANC glo dat hulle met ‘n vergesogte storie soos, hulle wil sensitiewe kykers beskerm, glo dat hul kredietwaardig klink. Wat meer kommerwekkend is, is dat daar mense is wat die halfgebakte stories glo. As daardie storie dit nie tot op die nuus gemaak het nie, was Andries se brutale moord onder aan bladsy vier versteek met ‘n beriggie wat lui: Daar was ‘n protesaksie in Ficksburg en ‘n rubber koeël is gevuur en ‘n man is dood.

Die ANC kan sê wat hulle wil, maar hulle het al meer in gemeen met die vorige apartheidsregering as ooit tevore, en hulle ongemak oor die beeldsending van hierdie storie, laat mens wonder hoeveel vorige brutale moorde onder die mat ingevee is tot op bladsy vier van ‘n koerant.

Daar mag nie ‘n inperking van persvryheid wees nie, net soos televisiekykers die keuse het om die kanaal te verander as daar iets is wat hulle ontstel. Carte Blanche beeldsend al vir jare programme met ouderdomsbeperking waarskuwings, en dit is dus prakties heeltemal onnodig vir die regering om hulle te bekommer oor die feit dat ek nie my eie keuse kan maak oor wat my sensitiewe gestel sal onstel nie.

Ek hoop van harte dat ons meer sulke insetsels in die toekoms gaan sien, want elke inwoner van Suid-Afrika verdien om te weet wat in hierdie land aangaan, sonder dat die nuus met versiersuiker toegesmeer word om ander se politieke agendas te beskerm.

9 Responses to “Vrydagskool…Sê jou Sê”

  1. PlaasJuppie April 15, 2011 at 8:11 vm #

    In die sewentigs en tagtigs was geweldadige protesaksie een van die ANC se gunsteling (en mees effektiewe) wapens om die regering van die dag tot ander insigte te dwing.
    Vandag het die regering verander maar die probleme is steeds dieselfde. En die kultuur van geweldadige protes het ook nie verander nie, ook nie die manier hoe die protes deur die veiligheidsmagte hanteer word nie.

    Geskiedenis het ‘n manier om homself te herhaal. What goes around, comes around…of hoe comrades? Om ‘n land te regeer is toe minder maklik as wat julle gedink het…of hoe comrades? Vraag is: mense gaan dood in die strate, en die probleem is nou julle s’n comrades. What are you going to do?

  2. Xena Phoenix April 15, 2011 at 8:23 vm #

    Ek het dit al van te vore gesê. Die oomblik wat persvryheid verval, verval demokrasie. Die ANC kan nie net maak en breek soos hulle lekker kry nie, al kry hulle dit reg om tot oordeelsdag te regeer.

    Ek sidder veral wat die Jeug Liga soms kwyt raak. Die ANC dink hulle is onaantasbaar en dit is net die media wat hulle “aanspreek”

  3. Louwie April 17, 2011 at 9:30 nm #

    Wat veral kommer wek is daardie Malman wat nou so baie aandag kry. Die magsvertoon voor die hof. Die absolute minagting vir die hof, die opsweep van die gepeupel en die gewapende bende wat hom beskerm.
    Zibabwe hier kom ons.

  4. leonvonmoltke April 18, 2011 at 10:22 vm #

    My kinders vra al die heel naweek HOEKOM?

  5. toortsie April 18, 2011 at 12:43 nm #

    ek weet nie

  6. Dellie April 20, 2011 at 12:28 nm #

    Die baas van die plaas se vingers is so effens afgekap (figuurlik) maar hy sal weer kom post so gou as moontlik😉 Hopelik op die 3de Mei.

    Hy wens almal ‘n wonderlike Paasnaweek toe!

  7. business review April 20, 2011 at 6:57 nm #

    Ek het die polisie geskakel en toe hulle daar aankom het ek aangedring daarop dat ek toegesluit moet word. Hulle wou dit nie doen nie en ek het baklei en ges dat ek n brand gestig het en ek moet arresteer word. Hulle was so moedeloos met my dat hulle na n lang gesprek met die polisie kapelaan besluit het om dit te doen.

  8. business review April 30, 2011 at 12:26 vm #

    Daar is n Dopper n NG-outjie Charismats en ek is nie seker wat nog alles nie maar hulle begin en sluit die dag almal saam af met gebed en daar is orals Bybelverse opgeplak in hulle groot gesamentlike kantoor..Hulle idee hierdie jaar is om baie meer holisties met die outjies wat by die Rugby-akademie aansluit te werk liggaamlik sowel as geestelik. Hulle is ernstig oor hulle geloof en oor die geestelike lewens van die outjies met wie hulle werk.

  9. company offshore Mei 2, 2011 at 2:45 nm #

    Daarvolgens sal private eiendomsreg beperk word.Nkwinti het gister gese boere sal beperk word wat die hoeveelheid grond wat hulle mag besit betref. hulle wil nie met die wereld se oe op ons drama oor grond he nie. ……. Ons word regeer deur mense uit die Laat Ystertydperk wat intussen geleer het dis al wat hulle geleer het om effektiewe politiek te bedryf…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: