Harold Camping

11 May

Dit is Harold Camping, blykbaar 89 jaar oud, maar lyk eerder of hy dalk saam met Noag op die ark gedobber het (moontlik die rede hoekom 4990BC so ‘n belangrike rol in sy somme speel). Harold is die stigter, en eienaar van Family Radio gebasseer in Oakland, Kalifornië. Family Radio het baie gewillige navolgers met diep sakke, want Family Radio het omtrent $120miljoen se bates wat 66 radiostasies in die VSA alleen insluit. Dit het hom in die goeie posisie geplaas om ten minste 2,000 billboards in net die VSA met sy boodskap te kan versier.

“Blaas die Trompette, waarsku die mense!”

Nou Harold is die oom wat met een of ander ingewikkelde wiskundige berekening, en sy ongekende kennis van die Bybel, uitgewerk het dat 21 Mei 2011 ons laaste dag op hierdie aarde gaan wees. Meer spesifiek selfs omtrent 6 uur die aand op daardie dag. Ek neem maar aan dat dit 6nm in Kalifornië is, dus dan omtrent 4vm in die oggend van die 22ste vir ons hier in Suid-Afrika.

Ek voel net ek moet uitwys dat oom Harold dieselfde tipe voorspelling gehad het vir 6 September 1994, wat, deur die blote feit dat ek nou hier sit en tik, nie gebeur het nie. Ek voel ook ek kan net uitwys dat die Johova Getuies al meer as 10 voorspellings vir Armageddon in die laaste 100 jaar sien kom en gaan het. En tog is daar nog steeds tienduisende mense wêreldwyd wat bereid is om hulle koppe elke keer, nog ‘n keer te stamp.

Hoe kan volwasse, regdenkende mense toelaat dat hulle meer as een keer om die bos gelei word?  Hoe kan jy jouself vertrou, as jy ‘n aanhanger is van iemand of ‘n organisasie wat jou so voor die hand liggend met woorde omkoop? My Bybel sê duidelik dat niemand op aarde weet wat die dag en datum van die Wederkoms is nie. Jy kan somme doen totdat jy blou is; en as jy genoeg optel, aftrek, maal en deel gaan jy uiteindelik by die antwoord uitkom waarna JY op soek is. Dit is nie rocket-science nie.

Ek sit nou al klaar en wonder wat sy verskoning hierdie keer gaan wees…..

7 Responses to “Harold Camping”

  1. Xena Phoenix Mei 11, 2011 at 8:26 vm #

    As ek na die Mount Everest op my tafel kyk, gaan Armageddon nie ‘n slegte idee wees nie. Jy sê ek hoef net tot die 22ste te maak of ek daaraan werk?

    Ek staan elke dag in vervoering oor wat mense alles glo. En waarvoor hulle dan ook verskoning maak.

    Wanneer volgens Johannes Coetzee vergaan die aarde weer?

    • demoerin Mei 11, 2011 at 8:39 vm #

      Die 22ste ja – dankie.
      Johannes Coetzee is juis ‘n volgeling van Mr Family Radio.

  2. klippie Mei 11, 2011 at 10:48 vm #

    O, ek dog dis 21 Desember 2012?

    • demoerin Mei 12, 2011 at 7:01 vm #

      Dis die einde volgens die Majan kalender (of so glo hulle) – dis weer ‘n heeltemal ander groepie😆

  3. Vlam Mei 11, 2011 at 3:20 nm #

    Johannes het nie ‘n te groot indruk gemaak as nie een van ons die regte datum kan onthou nie, ne? 😆

    Ek het so vinnig in die koerant gelees van die Taiwanees (dink ek) wat voorspel het ‘n massiewe aardbewing Taiwan gaan vernietig – vandag. Hy wag nog, en al die joernaliste saam met hom.

    Weird, ja.

    • demoerin Mei 12, 2011 at 7:03 vm #

      Jy het geen idee watter weird groepe daarbuite is nie – daar is selfs van hulle wat wag vir besoekers vanaf ‘n ander planeet vir die einde van die wêreld – I kid you not, die “besoekers” het selfs name!

Trackbacks/Pingbacks

  1. Min Dae « Herriemerrie - Mei 18, 2011

    […] het ons gehoor dat 21 Mei blykbaar die weerkoms gaan wees.  Dit nou volgens die drogbeelde van ene Harold Camping en blykbaar is daar baie mense wat hom glo.  Ek het selfs nou die dag verby ‘n reklame bord […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: