Vrydagskool….Vrydag die 13de

13 May

Dit is Vrydag die 13de. Daar is iewers mense om hierdie aardbolletjie van ons wat hulleself vir die dag in ‘n “padded room” opsluit as gevolg van die bygeloof dat dit ‘n ongelukkige dag is. ‘n Onverklaarbare sielkundige vrees.

Party mense is dalk bang vir die koekiemonster hier bo, of dalk vir spinnekoppe. Daar is mense wat ‘n vrees het vir hoogtes en klein vertrekke. Daar is lyse langer as my arm van al hierdie vrese, en elkeen het natuurlik ‘n mooi geleerde naam.

Partykeer wil ek skopskuddend daaroor lag, net omdat ek dit nie verstaan nie. En dit vanweë die feit dat ek geen sulke vrese of fobies het nie.

Die les is dat mens dit nie moet afmaak as nonsens, net omdat jy dit nie verstaan nie. Net omdat dit nie in jou eie kop gebeur nie.

16 Responses to “Vrydagskool….Vrydag die 13de”

  1. Xena Phoenix Mei 13, 2011 at 8:30 vm #

    Ek wonder of iemand sal omgee as ek die koekiemonster opspoor en opeet?

    • demoerin Mei 13, 2011 at 9:34 vm #

      😆 Dis natuurlik as hy jou nie eerste opeet nie.

  2. Gogga Mei 13, 2011 at 9:15 vm #

    Ek weet ek moet my boetie se hoogtevrees ernstig vat maar dit is so lekker om vir hom te lag as hy stil op een bondeltjie sit met sy oe toe terwyl ons op die London eye ry.

  3. Plein Mei 13, 2011 at 12:05 nm #

    Ergste van n fobie he is dat mens self soms nie kan verduidelik hoekom jy so bang is nie. Face dit nou maar sekere fobies is net snaaks!

    • demoerin Mei 13, 2011 at 12:51 nm #

      Yip, in all shapes and sizes… en alles op die spektrum van snaaks (ha-ha) tot snaaks (weird)…

  4. Celia Neveling Mei 13, 2011 at 1:25 nm #

    My ma en haar familie is so bygelowig, as daar ‘n swart kat oor die pad loop draai sy summier om en ry in ‘n ander rigting.

  5. BB Mei 13, 2011 at 2:41 nm #

    Ek het ook nogal ‘n issue met ‘n swat kat… nie as hy op jou bank in die sitkamer lê nie… maar daai een wat oor die pad hardloop of langs dit sypaadjie sit en jou aantuur as jy verstap/ry – daardie geel oë. Oh man!!🙄
    En ‘n leer!! Noooo way loop ekke onner deur ‘n leer nie! NEVA!!!😯

    • rosalindfranklin Mei 17, 2011 at 3:50 nm #

      Ek is mal daaroor om heen en weer onder ‘n leer te stap en te sien wat ander mense doen. En dan se mens sommer ook hardop 13! 13!

  6. Son Mei 14, 2011 at 6:13 nm #

    Terwyl ek in die Karoo gekuier het, het daar elke aand/nag ‘n uil buite my venster ge-hoe-hoe. Ou mense se bygeloof was dat dit dood voorspel, hopelik is dit regtig net ‘n bygeloof.

    Ek het erg hoogtevrees, en juis daarom het ek die Cobra gery en gaan bungi jump😆

  7. leonvonmoltke Mei 16, 2011 at 8:29 vm #

    Ek het ‘n heel aangename Vrydag 13e gehad (soos gewoonlik)🙂

    • demoerin Mei 16, 2011 at 4:46 nm #

      Net so glo ek dat ek ook ‘n heel aangename Sondag die 22ste gaan hê😆

  8. rosalindfranklin Mei 17, 2011 at 2:22 nm #

    Ek sal baie graag ‘n koekiemonster met ‘n koekie wil vang en hom DIK vry🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: