Vrydagskool…Kontak101

20 May

Ons het almal tientalle kontaknommers op ons selfone. Daar is net soveel e-mail adresse (of selfs meer) in ons e-pos posbusse. Party is vir werk, maar die grootste gros is gewoonlik vir familie en vriende, en somtyds dalk kennisse.

Ons het die kontakbesonderhede, maar hoekom word sommige van daardie nommers en e-pos adresse soms oorgesien? Vir hoeveel van daardie mense het ons altyd ‘n verskoning gereed om ons eie gewetes te sus, omrede ons hulle nie kontak nie. Ons wonder soms hoe gaan dit, maar maak geen poging tot kontak nie. Ek is te besig. Ek het vanoggend daaraan gedink, maar vergeet. Ek het laaste nog gebel, dit is nou sy beurt. Na wat sy vir my gesê het, beter sy eerste bel om verskoning te vra.

Daar is honderde mense regoor Suid-Afrika wat weg is. Sommer net weg. Hulle het dalk weggeloop. Hulle is dalk ontvoer. Hulle is dalk vermoor en iewers in ‘n vlak graf in ‘n veld begrawe. Sommer net weg. Wat sal hulle familie en vriende nie opoffer vir hulle kontakbesonderhede nie? Net nog een keer met hulle praat. Net ‘n nommer kry om uit te vind of hulle ok is. Net ‘n e-pos stuur om te probeer om weer kontak te maak, of ‘n SMS om net hallo te sê.

Daar is geen geldige rede hoekom ek moet verskonings uitdink hoekom ek iemand, wie se besonderhede ek met die druk van ‘n knoppie kan kry, nie mee kontak maak nie. Daar is niks daarmee fout om die minste te wees as daar dalk ‘n ongemaklike vibe is nie. Daar is tyd vir ‘n vinnige oproep, e-mail of sms. Ek het geen geldige verskoning nie, want om te probeer om verskonings uit te dink, is gelyk aan om tergend te lag in die gesigte van die mense wat enigiets sal gee vir ‘n verlore geliefde se kontakbesonderhede.

6 Responses to “Vrydagskool…Kontak101”

  1. Xena Phoenix Mei 20, 2011 at 8:23 vm #

    Ek dink baie van die nommers is net die wat jy hou ingeval jy dit eendag nodig kry. Ek wonder na hoeveel jaar moet jy nommers delete wat jy nie gebruik het nie.

  2. Skoor Mei 20, 2011 at 9:45 vm #

    Vir my is dit nogal sad om iemand wat dood is, se nommer te delete.

    • BB Mei 23, 2011 at 6:46 vm #

      Dis vrééslik!! Ek loop nou al langer as 5 jaar met ‘n naam op my foon wat ek net nie kán afhaal nie😦

  3. leonvonmoltke Mei 20, 2011 at 10:39 vm #

    Ek het ook al opgegee om verskonings uit te dink.

  4. Son Mei 20, 2011 at 4:07 nm #

    Ek is skuldig. Jammer. Na ek hier gelees het, het ek sommer dadelik ‘n vriendin gebel wat ek ook al lankal belowe het om te kontak.

  5. demoerin Mei 23, 2011 at 7:20 vm #

    Ek is nogsteeds skuldig – ek het nog steeds nie daardie persoon gebel nie. Dit is pateties.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: