Afrikadag

25 Mei

Die ANC wonder oor hoekom hulle ondersteuning besig is om te kwyn. Ou Julius se uitlatings word geblameer, en hulle sit nog steeds en kopkrap oor wat dit nog kan wees. Dit is NIE rocketscience nie my liewe ANC….

Daar is ‘n nuwe generasie van kiesers wat nie gebonde voel aan die feit dat julle almal in die tronk “gestruggle” het nie.

Daar is ‘n nuwe generasie van kiesers wat nog altyd “free” was, hulle gee nie om wat in die vroë 90’s gebeur het nie.

Jy kan net vir so lank leë beloftes maak, voordat jou kiesers gaan begin soek na groener weivelde.

Die stedelike kieser val nie vir jou voorvadergeeste waarskuwings en stories nie.

Dit gaan oor munisipale dienste en werk, iets waar ANC munisipaliteite baie vêr tekort skiet – terwyl die kieser moet toekyk hoe miljarde rande in cadres se gatsakke in verdwyn.

Sien, julle vraag beantwoord in 5 minute. Dit is nie rocket science nie. Of is dit dalk? Daar is geen so blind as die wat weier om te sien nie. Julle ondersteuning gaan aanhou kwyn vir solank as wat jy jou gatsakke volstop, en jou kiesers moet oorlewe op leë beloftes.

PS  Gelukkige Afrikadag aan almal, dit is net jammer dat al die Kinders van Afrika nie so gelukkig is nie…..

10 Responses to “Afrikadag”

  1. BB Mei 25, 2011 at 7:06 vm #

    Ja… ons die ‘swart skape’ van Afrika – hoe ironies dié benaming, nê? 😦

  2. Xena Phoenix Mei 25, 2011 at 9:07 vm #

    Die groot hartseer is seker dat die vasteland se toekoms in die hande van Afrika se kinders lê. Hulle gaan waarskynlik net die foute van die vaders herhaal.

    • turksvy Mei 25, 2011 at 12:45 nm #

      Haai nee, Xena, dis mos nou om geen hoop vir jou vasteland te he nie! 😯

      Education, education, education. Dis wat Afrika gaan red. Wat op ‘n manier jammer is, want dan gaan al daai tradisionele Afrika-dinge ook verlore…maar dis seker ‘n topic vir ‘n ander dag. 😉

      • demoerin Mei 26, 2011 at 7:06 vm #

        Yip, dit en glo ook die afsterf van die “struggle” generasie gaan ‘n groot verskil maak. Regoor Afrika is daar nog te veel leiers wat aanspraak maak (en dit kry) op die sentimentaliteitstem.

  3. Son Mei 25, 2011 at 2:49 nm #

    You can fool some people all of the time, and all people some of the time, BUT you cannot fool ALL people ALL the time. DIS wat die ANC sal moet leer.

  4. Andrew Mei 25, 2011 at 3:16 nm #

    Ek dink die emotionele houvas wat die ANC op die meerderheid van die populasie het is nog te sterk vir hulle om aansienlike steun te verloor. Hulle sal vir dekades nog aan bewind wees. Mense van my era, met al ons politieke hangups en prejeduces moet eers uitsterf en plek maak vir ‘n nuwe generasie Suid Afrikaners voor die status quo sal verander.

    En dan is die ANC ook nie ‘n non-racial party is nie. Dit is ‘n party wat slegs African (swart) belange dien. Dit was histories die geval en dit is nooit verander nie so ver ek weet.

    • demoerin Mei 26, 2011 at 7:07 vm #

      Yip, dis dit daai – emosionele houvas – klink beter as my baie lomp sentimentaliteitstem.

Lewer kommentaar op turksvy Kanselleer antwoord