Onvoorwaardelik….LiEfDe

1 Jun

Vir liefie se babatee is daar ‘n “memory-box” aan haar gegee, om eendag weer vol klein herinneringe aan Lisa te oorhandig. Een van die dinge in die boks, is ‘n briefie van my…. Dit is “D” dag vandag, en ek deel dit graag…..

Liewe Lisa

Dit is vandag 20 April 2011, 42 slapies voor jy op 1 Junie gebore gaan word. Ek kan nie aan jou vertel hoe opgewonde ek is nie. Gelukkig het die tyd verby gevlieg vanaf die dag wat ek en Mamma uitgevind het dat jy oppad is. Jou naam was al gekies in die eerste naweek.

Ek het geen twyfel in my hart oor die feit dat jy ons lewens gaan verryk nie. Ek het geen twyfel in my hart dat jy so ’n pragtige meisiekind, innerlik en uiterlik, soos jou sussie Jess gaan wees nie. Ek kan nie wag om elke sekonde vanaf 1 Junie jou Pappa te wees nie; deur al die goeie sowel as slegte tye (en daar gaan hope van beide wees).

My wens is dat jy sal grootword in ’n huis gevul met liefde, sodat jy liefde kan gee. My wens is dat jy altyd ‘n bietjie meer sal hê as wat jy benodig, sodat jy die ekstra met ander kan deel. My wens is dat jy altyd met vreugde omring sal wees, sodat jy mildelik en vrylik glimlagte sal uitdeel.

My wens is verder dat jy, soos wat jy groei van baba tot kleuter, en later tiener, tot jy eendag ’n volwassene is; elke dag sal streef  daarna om ‘n beter mens as die dag vantevore te wees. My wens is dat jy die vreugde van ware vriendskap sal beleef, want om kwaai te kan wees met ‘n ware vriend, maak julle nie kwaaivriende nie.

My laaste wens is dat jy sal grootword, en vir baie jare sal kan leef in hierdie wonderlike land, Suid-Afrika, en dat jy sal kan aanspraak maak op al die regte wat jou as burger toekom, maar dat jy ter selfde tyd sal besef, dat saam met daardie regte, daar ’n verantwoordelikheid vir jou is wat hand aan hand daarmee saamgaan.

Ek bid jou toe: liefde, vreugde en vrede vir elke dag van jou lewe, beginnende op 1 Junie.

Baie Liefde

Pappa

Advertisements

17 Responses to “Onvoorwaardelik….LiEfDe”

  1. NetJane Junie 1, 2011 at 6:54 vm #

    Baie geluk en baie sterkte en baie liefde! Jou lewe gaan so absoluut amazing raak nou! Ek kan nie glo die tyd het so vinnig gevlieg nie!

    Beste wense vir julle almal!

  2. Suz Junie 1, 2011 at 7:48 vm #

    DMI en Pleintjie, Baie Geluk met Lisa se geboorte. Ek ek weet sommer dat sy vir julle baie vreugde gaan gee. Dmi dit is ‘n baie mooi brief aan Lisa en ook baie kosbaar. Ek sit nou met trane in my 2 ogies.

  3. Madele Junie 1, 2011 at 7:58 vm #

    Baie baie geluk!!! Julle moet haar geniet! 🙂

  4. Sharpshoot Junie 1, 2011 at 8:14 vm #

    Happy Happy julle twee! Stuur groete vir Jess en hallo vir nuwe Lisa!!!

  5. PlaasJuppie Junie 1, 2011 at 8:30 vm #

    Baie baie geluk klein Lisa dat jy vir DMI en Plein as jou mamma en pappa gekies het, jy sal nie spyt wees nie.
    Mag vreugde, liefde en genoeg humor julle konstante metgesel wees op jou lewenspaadjie vorentoe.

  6. leonvonmoltke Junie 1, 2011 at 8:58 vm #

    Baie geluk, lekker om my verjaarsdag te deel 🙂

  7. Dellie Junie 1, 2011 at 9:24 vm #

    Dis ‘n besonderse briefie vir Lisa om eendag te lees. Baie geluk julle – mag julle gesinnetjie geseen word met emmers vol liefde. Love you’s!

  8. BB Junie 1, 2011 at 11:00 vm #

    Welcome to Earth, Lisa! Be very very blessed, all the days of your life!
    …I know tears fell from cherubs’ eyes
    As they embraced you with goodbyes
    Before you flew from high above
    To grace us with God’s Gift of Love…

  9. meermin Junie 1, 2011 at 11:10 vm #

    Baie geluk met die kleinding!!!

  10. boerinballingskap Junie 1, 2011 at 11:45 vm #

    By voorbaat geluk! 🙂

  11. Gogga Junie 1, 2011 at 1:35 nm #

    Ek sit nou al vir ‘n paar weke en wonder wanneer sy gaan opdaag. ek kany my net indink hoe opgewonde julle is. Geluk en groot liefde vir jou hele gesinetjie

  12. mnr.muller Junie 1, 2011 at 4:57 nm #

    Mag al jou wense vir Jess se kleinsus waar word.

  13. meermin Junie 2, 2011 at 8:56 vm #

    Môre is my baba’tjie se b’day dan is sy 19 jaar, voel soos gister wat sy weke te vroeg gebore is, so piepklein, was te bang gewees om haar op te tel, want sy is gebore op 28 weke. Vandag is sy ‘n jong pragtige dame met ‘n sterk persoonlik, ‘n GROOT CHRISTEN dame, wat leef om die mense om haar gelukkig te hou!!!

    DMI geniet haar, hulle word ongelooflik vinnig GROOT!!

  14. parkes1 Junie 2, 2011 at 4:02 nm #

    So spesiaal Baie mooi en Geluk met jul Meisietjie!!

  15. Son Junie 2, 2011 at 4:23 nm #

    Mag julle dogter julle al die vreugde onder hierdie aardse son verskaf DMI! Baie geluk!!!

  16. pluim Junie 6, 2011 at 12:00 vm #

    veels geluk DMI ek kan nie dink dat jy nog DMI is nie, want teen die tyd hou jy al vir kleine lisa gereeld vas.

Trackbacks/Pingbacks

  1. NUUS « Bosluis - Junie 1, 2011

    […] lees gerus ook die pragtige briefie wat hy vir klein Lisa geskryf […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: