Prioriteite

14 Jun

Verantwoordelikheid leer jou van prioriteite.

Jy moet werk voor jy kan speel. Jy moet jou familie kos gee voordat jy ‘n kas bier kan koop. Jy moet jou huiswerk afhandel voor jy televisie kyk. Seker dinge kom eerste, nie altyd uit keuse nie, maar omdat dit maar net so is. ‘n Ouer se kind kom altyd eerste, net soos ek glo dat in later jare dieselfde ouer hoog op die kind se verantwoordelikheidslys moet lê.

En dit werk nie net so in persoonlike lewe nie. Dieselfde argument geld vir jou werksomgewing. Jou verantwoordelikhede bepaal die rangorde van prioriteite met jou daaglikse take. Dieselfde is veronderstel om te geld vir die regering, waar hulle verantwoordelikhede teenoor elke Suid-Afrikaner prioriteit moet geniet.

In hierdie week het ons weereens gesien hoe sekere verantwoordelikhede nie prioriteit geniet het nie. Daar is 12 oumense dood in ‘n brand by ‘n versorgingshuis. Die verpleegpersoneel wat aan diens moes wees, was nie almal daar nie. Die bestuurder wat aan diens moes wees, was ook nie daar nie. Die brandalarm het nie gewerk nie. Die brand het moontlik ontstaan na aanleiding van ‘n elektriese fout.

Daar was ‘n onnodige verlies aan lewens, omdat sekere mense se verantwoordelikhede daardie aand nie prioriteit geniet het nie. In my oë – Moordenaars.

10 Responses to “Prioriteite”

  1. Xena Phoenix Junie 14, 2011 at 8:11 vm #

    Dit is beslis moord. En onder normale omstandighede diefstal. As jy betaal word om X te doen en jy doen X nie, maar vat die geld – is dit steel.

    • demoerin Junie 14, 2011 at 8:31 vm #

      En die ergste is hul slaap heel moontlik rustig in die aande….

  2. leonvonmoltke Junie 14, 2011 at 11:14 vm #

    En die personeel wat daar was het nie geweet wat om te doen nie.

  3. Celia Neveling Junie 14, 2011 at 2:03 nm #

    Baie waar woorde, ‘n mens kan nie glo dat hierdie tipe goed nog vandag gebeur nie, met al die tegnologie en hulpmiddels wat beskikbaar is.

  4. Son Junie 14, 2011 at 4:20 nm #

    Elkeen van daardie nalatiges behoort ten minste van manslag aangekla te word. Ek begin al hoe meer neig na die gedagte dat doodstraf, veral in hierdie land, maar moet teruggebring word. Dis seker waar dat mens nie kwaad met kwaad vergeld nie, maar iewers MOET ‘n streep getrek word.

    • murphy Junie 14, 2011 at 9:06 nm #

      Son, ek is nogal bang dat die doodstraf teruggebring word in n bestel waar magsbehepte, magsdronk mense wat ek glad nie vertrou nie aan die stuur van sake staan. Vandag mediamuiland, more hoogverraad vir kritici van die regering.

  5. Panama corporation Junie 14, 2011 at 11:52 nm #

    Die wereld wil he ons moet werelds wees bekommerd gierig bang vrees en onderduims. As Christen moet jy elke dag weet jy is verteenwoordiger van God op aarde .

  6. Flintie Junie 15, 2011 at 5:24 nm #

    Jy is getag Vriend!

  7. business daily Junie 27, 2011 at 7:43 vm #

    Die wereld wil he ons moet werelds wees bekommerd gierig bang vrees en onderduims. As Christen moet jy elke dag weet jy is verteenwoordiger van God op aarde . Jy moet met verantwoordelikheid en as ware ambassadeur optree in die moeilike tye waarin ons leef.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: