My Prrreciousssss

5 Jul

Flintie het hierdie tag nou al ‘n rukkie terug uitgedeel. Die feit dat ek dit nog nie gedoen het nie, het niks met my geheue te doen nie. Dit het te doen met die feit dat ek nie kon dink aan een enkele item, wat so kosbaar vir my is, dat ek dit eerste sal gryp en hardloop sodra die pawpaw die fan strike nie. Ek heg bitter min waarde aan die materiële (of nie noodwendig meer waarde aan een ding as die volgende nie), en kan nie enigiets wat ek besit uitsonder as die wenner nie.

Maar ek sal seker iets moet kies anders is daar geen nut aan hierdie skrywe nie. Na vele slapelose nagte en pro en con lysies het ek toe op iets besluit, wat dalk nie noodwendig nou soveel meer waarde het nie, maar waarde sal hê as ek alleen op ‘n eiland gestrand onder ‘n palmboom sit…. my foto’s.

Ek het foto’s van elke persoon wat tot dusvêr ‘n inpak op my lewe gemaak het.

Ek het foto’s van elke geleendheid wat tot dusvêr waardevol was.

Ek sal dus nie net foto’s saamvat nie; ek sal ‘n pak waardevolle herinneringe by my hê om te koester, beide vreugdevol en hartseer, wat strek oor die laaste 36 jaar en 5 maande.

11 Responses to “My Prrreciousssss”

  1. Xena Phoenix Julie 5, 2011 at 8:42 vm #

    Gelukkig met FB sal ‘n mens nie heeltemaal geskroef wees sonder jou foto’s nie. Baie is reeds op FB. Aan die anderkant, FB strek nie oor 36 jaar en 5 maande nie.

    Hoe gaan dit nou met Lisa?

    • demoerin Julie 5, 2011 at 9:25 vm #

      Dit gaan baie goed met haar. Word by die dag groter en ouliker!

      • Son Julie 5, 2011 at 2:56 nm #

        Wanner sien ons ‘n foto van HAAR!😉

  2. leonvonmoltke Julie 5, 2011 at 9:54 vm #

    Ek dink ek sal my rekenaar, selfoon en beursie gryp. Dit het min of meer als wat ek nodig het🙂

  3. turksvy Julie 5, 2011 at 11:34 vm #

    Ja’k. Moeilike ene daai. 🙄

  4. Dellie Julie 5, 2011 at 12:20 nm #

    Baie goeie keuse – ek weet darem ek feature ook daar somewhere!:mrgreen:

  5. toortsie Julie 5, 2011 at 12:37 nm #

    Met my handsak sal ek redelik ver kom. My ID, bankkaarte en selfs ‘n telefoonboekie is daarin.
    Maar ek weet nie of ek my LAPTOP sommer sal los nie! Daar is TE VEEL waardevolle inligting op.

  6. toortsie Julie 5, 2011 at 12:38 nm #

    Sien, ek reken ook op my laptop vir foto’s. Het maar min op facebook. Dalk moet mens moeite doen om foto’s op fb te sit!

  7. MaanKind Julie 5, 2011 at 6:56 nm #

    En tog, ek het al gedink as die ergste moet gebeur en die foto’s kan ook nie saamkom nie, bly dit in jou hart.
    Maar weet jy, ek sal nooit weer so ligtelik hieroor kan dink nie. My suster se huis is deur die weerlig geslaan, en ALLES was weg. ALLES. Ook hulle hondjie. Hulle het almal die klere aan hulle lywe gehad. Alle dokumente, pasppoorte, foto’s, sentimente. Dis so verskriklik dat jy jou nie kan indink nie.

  8. business daily Julie 13, 2011 at 6:42 nm #

    Hy gebruik ook Franse of Latynse terme en die endnote aan die slot van sy bundel is van uiterse waarde vir die speurende leser…3 Die blik op die natuur Reeds in die bundel Met die aarde praat 1992 het hy hom onderskei as n groen digter.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: