Vrydagskool…Mandela Dag

8 Jul

OK, blah blah blah dink jy dalk. Maar weet jy wat – ek dink – so what.

Daar is niks so maklik soos praat nie. Dis iets wat ons al van 1 jarige ouderdom af doen sonder om deesdae eers twee keer daaroor te dink. Wat egter ‘n bietjie moeiliker is, is om te doen. 90% van die kere is die doen moeilik want ons het ‘n emmervol verskonings gereed om uit die hoed uit te pluk – en sodoende ons gewetes te sus.

Maar weet julle wat, dit is nie goed genoeg nie. Mandela Dag is om die draai, en elke Suid-Afrikaner word aangemoedig om 67 minute van hulle tyd af te staan, en iets vir iemand anders te doen. En weet julle wat, in the greater scheme of things is 67 minute fokkol.

Ek het vanoggend op 702 van forgood gehoor. Dit is nie net gesentreer om Mandela Dag nie. Dis amper soos ‘n virtuele vlooimark waar jy kan gaan rondsnuffel vir ‘n goeie daad wat jy kan doen. Sien, jy hoef nie eers self een uit te dink nie. Nog beter, as jy iets wil doen (of alreeds ‘n inisiatief het) en jy het hulp nodig, stig  jy ‘n groep vir jou event.

Ek het ‘n event gekies, en al klaar my email vanoggend weggestuur om meer inligting te bekom. Ons het nie almal geld om te gee nie, maar ons het tyd.

‘n Uur van my tyd beteken dalk nie baie vir myself nie, maar dit kan die wêreld se verskil vir iemand anders beteken. Dink net aan hoe goed dit voel as jy vir iemand ‘n present gee – dink nou hoe lekker dit sal wees as jy elke dag so kan voel.

 

7 Responses to “Vrydagskool…Mandela Dag”

  1. MaanKind Julie 8, 2011 at 10:33 vm #

    Ek het op my blog sommer ge-Mandela Maand! Gaan nou kyk na jou skakel.

  2. Son Julie 9, 2011 at 7:00 nm #

    Kom ons gee nie net een keer ‘n jaar 67 minute nie, kom ons gee meer. Ek gaan ook nou jou link volg. Sal laat weet wat ek met my 67 gaan doen🙂

    • toortsie Julie 9, 2011 at 7:30 nm #

      Ek sal maar voortspeel met my plaaskinders. maar jy het my nou net herinner – ons kan dit ‘n spesiale dag maak! Iets besonders doen wat ons nie noodwendig doen nie. Dalk popcorn skiet of so iets? Verlede jaar het ons gaan piekniek hou.

  3. jagternw1976 Julie 12, 2011 at 9:03 vm #

    Hoekom moet dit “Mandela” dag genoem word waar ek iets goeds wil doen vir ander ?

    • demoerin Julie 13, 2011 at 7:13 vm #

      Seker maar vir bietjie ekstra inspirasie…..

  4. Louwie Julie 12, 2011 at 6:56 nm #

    Laat ek sien, verlede jaar het ons vir Maria `n huis laat bou. Hierdie jaar het ou Jacob se kinders my R7,000 gekos aan skoolgeld, klere, boeke en so aan. Maria (enkelma) se kind is nou 8 maande oud. Van dag een af kry hy melk, doeke, klere, loopring, stootwaentjie en nog wat gratis en verniet, komplimente van sy ma se werkgewers (die uwe en gade).
    Ek dink ek gaan daardie 67 minute gebruik om rustig te sit en dink aan my sondes.

    • demoerin Julie 13, 2011 at 7:13 vm #

      😆 Ek dink jy verdien dit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: