Rasta se Briefie

12 Jul

Rasta het die volgende briefie geskryf en dit onder my kar se ruitveër gelos….

Liewe Baas van die Polisie

Ek skryf dit so, want daar is soveel vingers in die melktert deesdae dat ek nie weet wie se naam om daar neer te pen nie.

Ek wil een ding weet – as Suid-Afrikaanse burger, met net soveel konstitusionele regte soos jy en al die President se vrouens, verloofdes, amper-vrouens en hou-vrouens…..

Wat maak die lewe van ‘n polisieman belangriker as al die ander inwoners van hierdie land? Hoekom word daar soveel aandag geskenk aan die vang en vervolging van die moordenaar van ‘n polisielid? Hoekom word daar gedink aan landswette verander om hulle vervolging te vergemaklik?

Is die lewe van elke Suid-Afrikaner nie ewe belangrik nie? Gaan daar ‘n spesiale klousule by die konstitusie gevoeg word – Elke burger van Suid-Afrika het die reg tot beskerming, maar party het meer reg as ander?

Goed, ek erken dis meer as een vraag…..

Liefde

Rasta.

PS. En vertel sommer vir die Baas van Gesondheid dat hy moet ophou verkondig dat hy van staatshospitale gebruik maak. Dink hy regtig hy kry dieselfde behandeling daar as die Magogo wat gisteraand voor die hek moes slaap om vanoggend eerste in die ry te wees?

Advertisements

7 Responses to “Rasta se Briefie”

  1. Xena Phoenix Julie 12, 2011 at 8:44 vm #

    Het Rasta nie ook woorde van wysheid vir Zuma wat reken die ANC is bo die hof?

    Die polisie maak my deesdae bang.

  2. toortsie Julie 12, 2011 at 3:09 nm #

    Rof!!!

  3. Son Julie 12, 2011 at 3:36 nm #

    Jy sal dat hulle vir Rasta uitvat! Hy vra ongemaklike vrae 😉

  4. pienkpantoffels Julie 12, 2011 at 4:43 nm #

    Rasta beweeg op gevaarlike waters 🙂 Maar ja, hy is soooo reg!

  5. Bileam se Donkie Julie 12, 2011 at 4:59 nm #

    Die broer in die haarlokkies praat waar…

  6. Louwie Julie 12, 2011 at 7:00 nm #

    En vra sommer vir onse Prez wat presies hy bedoel met sy stelling dat die regbank nie hoër is as die ANC nie.
    Rasta sal baie meer moet lawaai maak. HKGK :mrgreen:

  7. hemp Julie 17, 2011 at 12:09 nm #

    ..Posted in on 14 December 2009 by rudiprinsloo….Deur Anton Barnard..Graag wil ek die Azaniese polisiemag asook die Azaniese Naspers gelukwens met hulle inhegtenisname van die sogenaamde nes van regses asook Naspers se beriggewing daaroor in ….Help my egter asseblief hier wie presies het die sogenaamde nes van regses .Vermoor?.Aangeval?.Verkrag?.Aangerand?.O ek sien niemand nie..Dis nou in teenstelling met die naturelle wat daagliks terreur saai in voorstedelike winkelsentrums met hul AK s die swartes wat blankes uitmoor verkrag en besteel op n daaglikse grondslag terwyl die ANC se vetgat onbevoegde vetkatte in hul blouligkonvooie rondjaag en warm lug spu sonder om een dooie duit aan die situasie te doen..Welgedaan Rapport en die getransformeerde SAPD. Ons almal slaap nou veiliger in ons bedjies noudat julle so n nes van gevaarlike regses sic aan die kaak gestel het terwyl Gombal en sy maatjie die misdadige skuim en voormalige MK-kader daardie gawe versameling idiote wat nie eens een vierkante sentimeter grondgebied kon bevry nie die swart misdadiger maak presies nes hy wil..Soos altyd is Liza Albrecht en haar eie nes van ANC-gatsuiende ekstreem-linkses bekend as Naspers te lamsakkig en papbroekig om iets te skryf oor die swart kriminele wat daagliks ongebreidelde vlakke van misdaad pleeg. Met die 200 000 plus wat vermoor was die afgelope 15 jaar die honderde duisende wat verkrag en aan AIDS dood is die ekonomie wat in duie gestort het die poelieste weermag en army wat in duie gestort het..As apartheid en onluste gebly het sou daar soveel mense vermoor gewees het sou daar so n hongersnood onder die arm mense van Suid Afrika geheers het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: