Vrydagskool….Grapdag

15 Jul

As ek nie gister geweet het dit is 14 Julie nie, het ek sowaar gedink dit is die 1ste April – Gekkedag. Want wee jy, as dit is waarmee die metropolisie hulleself ophou as hulle nie mense se bloeddruk in padblokkades opjaag nie, is dit geen wonder dat ons strate vrot is van die kriminele nie.

Ek ry nou al die afgelope vier jaar daagliks twee keer daar verby, en dit is een van my “pet-loves” om elke dag uit te kyk hoe die skapies wei. Die sekuriteitsman doen nogal moeite elke dag om die troppie rond te skuif. Daar is nie twee dae wat verbygaan dat hulle sommer net op dieselfde plekke staan nie. B&O het selfs vir die koue winter vir elkeen ‘n serpie om die nek gebind.

Ek wil amper sê dis ongeloof wat ek voel dat die metropolisie hulleself met so iets sal besig hou, maar ongeloof is iets wat ek nie sommer nog deesdae in ons land ondervind nie. Snaaks dat skaars 500m na 1km na elke kant toe daar groot interseksies is waar die straathoekverkopers mense se lewens versondig. DIT metropolisie is teen die wet – dit is nie teen die wet om draadskape in jou tuin aan te hou nie….. 😆 die snaakste is dat die metroloplisie sal dink dat Bang & Olufsen in draadskape handel dryf – dat jy darem nou maar jou naam so gat kan maak uit onkunde.

Bring terug my skapies!!

Wat is volgende? Mense se tuindwergies?

9 Responses to “Vrydagskool….Grapdag”

  1. Xena Phoenix Julie 15, 2011 at 8:01 vm #

    Haai Nee!!!!!

    En dan wil Wayne Minnaar nog die sotte verdedig?

    Geen mens kan sulke idiote ernstig op neem nie. Nogal gaan skut ook. 😆 Ek moet met die heks gaan praat

  2. MaanKind Julie 15, 2011 at 10:56 vm #

    My man wou my nie glo toe ek hom vertel nie, so absurd is dit!

  3. boerinballingskap Julie 15, 2011 at 11:19 vm #

    Nee, kyk…ek het nie woorde nie. The land of the ludicrous!

  4. turksvy Julie 15, 2011 at 11:28 vm #

    Nou’t ek alles gehoor!! 😆 😯 😆 😯

  5. Son Julie 15, 2011 at 12:30 nm #

    Dit is nou plein en simpel – FUCKED UP! Hemel, hoe belaglik moet onsnie in die oë van die buitelandse tak lyk nie! Ek dink hierdie is iets vir Steve Hofmeyr om oor te gaan baklei 😉

  6. turksvy Julie 15, 2011 at 4:41 nm #

    Huiswerk! 😉

  7. leonvonmoltke Julie 18, 2011 at 10:20 vm #

    En na alles het B&O toe vreeslik baie air time uit die storie gekry 🙂

  8. demoerin Julie 19, 2011 at 8:42 vm #

    Ek kan met groot genot aankondig dat die skapies weer Vrydagmiddag gewei het.

  9. Charms Julie 27, 2011 at 2:25 nm #

    Dis belaglik! 😯

Lewer kommentaar op MaanKind Kanselleer antwoord