Trots

19 Jul

Partykeer wens ek dat ek die Rugby Wêreldbeker van 1995 en die 2010 Sokker Wêreldbeker in ‘n kamer kon opsluit, en gereeld my kop daar kon indruk om net weer my geloof in my medemens te kan versterk.

Sport is soos Suid-Afrika se happy-pills. Almal is vredeliewend en verdraagsaam. Mense sit saam om braaivleisvure en televisies. Mense groet mekaar vriendelik op straat en in winkels. Skielik is jou mede Suid-Afrikaner belangrik genoeg om ‘n oorwinning mee te deel. Ons is amal in dieselfde bootjie, besig om in dieselfde rigting te roei – Dit is Ons teen Hulle. Mens voel sommer trots op jou medemens. Dit is lekker om ‘n Suid-Afrikaner te wees.

En dan moet ek weereens my kop vandag in skaamte in ‘n gat druk, omdat ek ook ‘n Suid-Afrikaner is.

In watter tipe land is verdraagsaamheid en wetsgehoorsaamheid so afwesig, dat petroltenkers onder polisie – en weermagbegeleiding petrol moet aflewer?

Ek is moeg daarvoor om vir ander skaam te kry.

5 Responses to “Trots”

  1. jagternw1976 Julie 19, 2011 at 10:29 vm #

    Hoekom kry jy vir ander skaam ? Of is dit eerder skaamte oor wat in ons land gebeur ? As gevolg van wie word jy skaam ?

    • demoerin Julie 19, 2011 at 10:40 vm #

      Ek kry skaam dat daar mense is, wat soos ek, daarop aanspraak maak om Suid-Afrikaner se wees, en dan hulself nie kan gedra nie. Noem maar op – moordenaars, brandstigters, verkragters ens. ens. Ek kry skaam vir die feit dat hulle aanspraak maak daarop om in dieselfde poel as ek, Suid-Afrikaner, te wees.

  2. leonvonmoltke Julie 19, 2011 at 2:32 nm #

    Ja wel, jy weet gelukkig hoe ek daaroor voel!

  3. Son Julie 19, 2011 at 2:56 nm #

    Ek dink darem die Buiteland weet ook ons is nie almal so nie🙂

  4. Xena Phoenix Julie 19, 2011 at 7:27 nm #

    Die stakers maak seker almal betaal die prys en gee nie n duiwel om oor regverdigheid nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: