Anders as met Anders….

26 Jul

‘n Mens kan nie help om te wonder wat in ‘n jongman se kop aangaan as hy een sonnige dag besluit om ‘n bom te plant waarin 8 mense sterf, en dan verder gaan en nog  68 mense doodskiet nie. Die feit dat hy vir lang oomblikke in die pad van ‘n windmeul gestaan het, is een gedagte waarmee ek speel. Ek speel ook met die gedagte dat Anders Behring Breivik dalk die antichris is, maar ek dink daar is ander wat erg vir daardie eer baklei, soos byvoorbeeld die vals profete van Family Radio faam.

Dit bring my nou uit by Suid-Afrika.

Hoe sal so ‘n situasie hier hanteer word? Sal daar weer ‘n oor-en-weer rassistiese moddergegooiery plaasvind, of sal die nasie saamstaan teen hierdie man en sy gruweldade in skok oor die dood van soveel onskuldiges? Ek sou graag wou glo dat ons polisie vinniger op die toneel sou wees as die Noorweërs, ek meen, besit die Noorweegse weermag en Polisie nie helikopters nie? Ek glo sy isolering van die buitewêreld is ‘n uitstekende idee, maar kan nie sien dat dit in Suid-Afrika sou gebeur waar ons gevangenis mos meer menseregte as die man op straat het nie, wat dus uitstekende geleendheid bied om boodskappe uit te kry. Ek glo wel dat as hy uiteindelik gevonnis sou word, hy in Suid-Afrika 76 opeenvolgende lewensvonnise sou ontvang en nooit weer daglig sou sien nie… teenoor Noorweë waar daar ‘n maksimum tronkstraf van 21 jaar is, en dit slegs by uitsondering langer gemaak sal word.

Wat as, wat as……. dit is lekker om te wonder. Ek wonder wat sou gebeur het as die Skandinawiërs nie so blêrrie ordenklik en opgevoed was nie?

5 Responses to “Anders as met Anders….”

  1. Xena Phoenix Julie 26, 2011 at 8:25 vm #

    Ek dink ook hy het te lank onder die windmeul gekamp. Ek verstaan nie so lekker sy logika nie. Het glo iets teen Islam, maar gaan jeugdiges wat nie Moslems is nie. Nie dat ek sê dat dit regverdig sou wees as hy Moslems aangeval het nie.

    Ek dink hulle gaan van hom ‘n voorbeeld maak soos nog nie van te vore gesien nie. Die Europeërs is nogal geneig om klein goedjies op te blaas, dan wil ek nie weet wat hulle met groot goed sal maak nie. Elke “christen fundamentalis – wat de hel is dit in elk geval?” sal voortaan twee keer dink.

  2. alleman Julie 26, 2011 at 8:35 vm #

    Wat in sy kop aangegaan het, was die gevolg van die manier hoe regses oor almal wat anders is, byvoorbeeld Moslems en uitlanders dink. Ek sien hy was juis ‘n aanhanger van die Britse haatblad die Daily Mail se Melanie Phillips. Ek hoop die tragedie laat mense soos sy nadink oor wat hulle alles skryf.

  3. leonvonmoltke Julie 26, 2011 at 10:25 vm #

    Ons het iets soortgelyks (in die kleine) gehad by die Skielik plakkerskamp net buitekant Swartruggens. Jong seun wat net aan’t skiete gegaan het.

  4. Plaasjuppie Julie 26, 2011 at 11:12 vm #

    Dat die man totaal die pad byster is, is seker. Net soos dit seker maar is met enige fanatikus. Die feit dat sulke mense se haat aangehits word deur die ondeurdagte (of dalk nie?) praatjies van ander met hulle eie agendas help ook nie die saak nie. Sien maar ons eie situasie…

    Ek dink ons respons sou totaal anders gewees het juis omdat ons as Suid Afrikaners anders gekondisioneer is. Ons is “gewoond” aan geweld en gewapende konflik. Net soos ons gewoond is aan publieke vervoer wat nooit op tyd is nie ens. Hierdie dinge is vir ‘n Noorweër totaal vreemd en buite hulle verwysingsraamwerk.

    Ja, ons sou hom bes moontlik nie afgesonder het nie. Maar dan weer, is dit nie presies waaroor vryheid van spraak gaan nie? Daar is baie slimmer mense as ek wat tans daardie punt met ons eie regering uitbaklei.

  5. Son Julie 26, 2011 at 3:15 nm #

    Ek dink nie die ou se kop was lekker nie, om dit sagkens te stel.

    En ek dink ook nie (@ Alleman) enige iemand se haatspraak het hom noodwendig na die daad gedryf nie. Dood moet altyd ‘n oorsaak hê, maar mense reageer verskillend op verskillende impulse. Dis net so goed ek het twee vriende wat baie van my hou. Ek sê, sonder om te dink en sonder om dit te bedoel, ek wens my baas kom iets oor, want hy is ‘n pyn in die gat. Die een vriend is gebalanseerd genoeg om te weet dis sommer net gesê. Die ander een gaan en vermoor my baas, omdat hy dink dis wat ek wil hê en dat hy my ‘n guns doen. Dis net plain wacko.

    En ja, in Suid-Afrika sou die ou natuurlik eers vir ‘n maand vir waarneming gestuur word en dan tien teen een onkapabel verklaar word om verhoor te word. Gaan tien teen een in Noorweë ook gebeur.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: