Vrydagskool….Geregtigheid

29 Jul

Ek is ‘n groot voorstaander van geregtigheid. Ek is seker almal is. Dit is lekker as reg kan seëvier, en iemand ‘n straf kan kry wat hom toekom. Alhoewel ek steeds voel dat die doodstraf in sekere gevalle meer vanpas sal wees, krul my tone darem nog om as ek lees van lewenslange tronkstraf, soos byvoorbeeld na die Lindley moorde.

Tog kom daar tye, soos met die volgende gevalle:

In 2010 by die Durban July, word Daryl Peense deur ander punters gestamp, en van sy drankie mors toe oor die balkon, en val op een van Zuma se lyfwagte. ‘n Jaar later word Peense skuldig bevind op aanranding van die glorieryke president. Tjoef Tjaf, afgehandel binne ‘n jaar.

VS

In 2008 word ‘n sewejarige meisie van Nelspruit deur ‘n inbreker teen die muur gegooi, aangerand en verkrag. Na dit probeer hy haar vermoor deur haar keel met ‘n skêr van oor tot oor oop te sny. Genadiglik het sy oorleef, en hy is gevang. Aangesien sy, nou tien, hoofgetuie is mag sy geen intensiewe sielkundige hulp ontvang terwyl die hofsaak aan is nie, uit vrees dat behandeling haar weergawe van die feite rakende daardie aand kan verander. Haar ouer sussie wat haar gevind get na die aanval ontvang ook geen behandeling omrede dieselfde redes. Dit is 3 jaar later, en daardie kinders gaan deur hel op ‘n daaglikse basis. Hulle gaan deur hel elke keer wat hulle hof toe moet gaan en die saak word elke keer weer uitgestel.

Waar is die reg? Waar is geregtigheid? Het geregtigheid geseëvier?

My opinie, nie in een van die sake nie. Die NPA sien kans om geld en tyd in howe te mors om Peense skuldig bevind te kry op die aanranding van Zuma (terwyl hy of sy drankie nie eers naby Zuma was nie) terwyl daar duidelik sake in ander howe van die land is wat dringende aandag nodig het. En dan moet jy na die gechatter van die aanklaer op radio luister oor hoe gelukkig sy met die uitkoms van die Peense saak is. Dit maak my siek tot in my diepste binneste…. ek moet net passop dat as ek kots Zuma nie in die omgewing is nie, want ek dink dat vanoggend se ontbyt hulle pad na sy blinkgepoetsde leerskoene sal vind.

 

4 Responses to “Vrydagskool….Geregtigheid”

  1. Bileam se Donkie Julie 29, 2011 at 9:27 vm #

    Daar sê jou blognaam mos nou mooi hoe onse mense begin voel oor hierdie tipe gedrag in ons land!

  2. leonvonmoltke Julie 29, 2011 at 10:25 vm #

    Party mense is mos net meer gelyk as ander. Is maar so.

  3. Son Julie 29, 2011 at 1:27 nm #

    Dalk is dit nou juis hier waar ons moet opstaan en betoog teen die Peense saak wat so gou afgehandel is en die dogtertjie se saak wat nog steeds sloer. As ons genoeg lawaai maak, neem die buiteland dalk ook kennis en DWING dit die howe om hul gat in rat te kry!

  4. Xena Phoenix Augustus 1, 2011 at 9:56 vm #

    Dit is ‘n skande. En wreed.

    Ek hoop die hof word verantwoordelik gehou vir die voortgesette verwoesting van daardie kinders se lewe. Die stuk drol gaan seker in elk geval los kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: