Gelukmeter…

2 Aug

Hoe meet jy geluk?

Die hoeveelheid keer wat jy ‘n glimlag op jou eie bakkies opmerk? Kan jy die gevoel omsit gelykstaande aan ‘n trok vol smarties? Weeg dit soveel soos ‘n groot Malva Poeding, of ‘n lekker vogtige Sjokoladekoek? Is dit hoeveel keer jou hart per minuut vinniger klop as gister, of is daar ‘n spesiale liniaal te koop by die Money Market Counter in Checkers?

Moet jy die anderkant van die weegskaal vul met jellytots om die gewig te kry? Miskien word geluk geweeg aan die aantal kere wat ander opmerk hoe gelukkig jy lyk? En die eenheid – is dit onse, of ponde, of karaat…dalk kilogramme of kiloliters. Dalk ligjare of seemyle. Miskien is dit tande, lagplooitjies of polsslae.

Ek ken nie die antwoorde nie, maar weet wel een ding…

Ek is gelukkig.

Op ‘n skaal van een tot tien? Sommer ‘n hele bekvol tande gelukkig.

Advertisements

15 Responses to “Gelukmeter…”

  1. leonvonmoltke Augustus 2, 2011 at 9:21 vm #

    Ek dink die eenhede is lukke. 15 millilukke, 25 centilukke, 300 kilolukke, 5 googollukke 😉

  2. Xena Phoenix Augustus 2, 2011 at 9:28 vm #

    As geluk meetbaar was, sou ons seker nooit gelukkig kon wees nie, omdat ons altyd na ‘n hoër lesing sou gemik het.

  3. Plaasjuppie Augustus 2, 2011 at 10:07 vm #

    Xena het nogal ‘n punt beet.

    • demoerin Augustus 2, 2011 at 10:43 vm #

      Is dit nie maar so met alles nie….

      • Plaasjuppie Augustus 2, 2011 at 3:22 nm #

        Is nogal so né?

  4. Pikkelik Augustus 2, 2011 at 10:43 vm #

    Mens sal sukkel om dit te meet DMI, want dit kom van diep binne in jou… Ek is so bly vir jou.

  5. Son Augustus 2, 2011 at 2:58 nm #

    Ek dink mens is gelukkig as jy tevrede is. My oupa het altyd gesê alles waar ‘n TE- bykom is probleme, behalwe TEvrede 🙂

    • netjane Augustus 3, 2011 at 7:29 nm #

      Ek hoor te perd is ook okay… 😉

  6. Bileam se Donkie Augustus 2, 2011 at 11:00 nm #

    Dit is meer werd as al die skatte in die wêreld! (Maar persoonlik dink ek ‘n Bugatti Veyron Supersport met ‘n diensplan sou gehelp het…)

  7. turksvy Augustus 3, 2011 at 9:22 vm #

    Snaaks hoe ek sedert gister hieroor dink, en toe gaat skryf jy daaroor! 😆
    Alles is nou nie perfek nie, maar ek is ook gelukkig. ‘n Diep, vredige gelukkig. Die goedjies wat nie heeltemal ideaal is nie, maak nie ‘n duik in die goed wat wel reg is nie.

  8. hemp Augustus 16, 2011 at 5:07 nm #

    It summarises my view of being prime minister het hy aan die se verslaggewer gese..Maar soos Daisy Goodwin in haar berig heel tereg opmerk miskien moes hy eers die ontstaansgeskiedenis van die gedig nagevors het alvorens hy dit in navolging van oud-president Nelson Mandela as harts-inspirasie voorgehou het..Henley het die gedig naamlik geskryf terwyl hy in 1870 gehospitaliseer was vir bykans twee jaar na die amputasie van sy een been en die stryd om sy oorblywende been te probeer red.

Trackbacks/Pingbacks

  1. WEW’s « Kouevuur - Augustus 2, 2011

    […] Demoerin (wat mos eintlik herdoop is na Deliefin) het op ‘n tyd altyd WEW inskrywings gemaak.  In die begin het ek gedink dis een of ander stoei afkorting, maar toe vra iemand gelukkig eendag en toe sê hy dit staan vir: WAAROOR EK WONDER. (Ek wou nie vra en dom lyk nie ) […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: