Applous – Wegkruipertjie

3 Aug

Liefie het vir my huiswerk gegee, en ek is gisteraand uitgetrap omdat dit nog nie gedoen was nie. Die taak – Skryf een post per week oor iets GOED wat die regering gedoen het. Glo my dit is moeilik om iets te vind in die nuus om ons vlag oor te waai…

Daar is blykbaar ‘n sekere spesie van slakslym man wat beter kan wegkruipertjie speel as ‘n 5 jarige in die Uniegebou. Onderhoud Ontduikers. Pa’s wat nie Pa wil staan vir die welsyn van hul kinders nie.

Die DA het in 2010 Operasie Etsa Se Nepahetseng (Operasie Neem Verantwoordelikheid) in die Weskaap geloods. Die veldtog het gepoog om Ma’s bewus te maak van hul kinders se regte, asook om te begin om van hierdie Verlore Vaders op te spoor. Die veldtog was versterk met kontroles by padblokkades. 150 van hierdie onderhoud ontduikers het hulself oorgegee net na die afskop van die veldtog, en omtrent 120 is daarna gearresteer in padblokades. In ongeveer ‘n jaar is R300,000 ingevorder vir 343 begunsdigdes.

In Julie het die DA in Gauteng die veldtog begin uitrol. Inligtingstafels word by winkelsentrums opgestel om as eerste stap die Ma’s van hul regte in te lig, en te ondersteun met die opspoor van die ontduikers. Die plan is ook om die Gauteng Provinsiale Regering se hulp in te roep, om te kan volg in die Weskaap se voetspore met die checks by padblokkades.

Die neem van verantwoordelikheid is iets wat afwesig is op baie vlakke van ons samelewing, en ek kan nie verstaan hoe ‘n Pa nie bekommerd kan wees oor ‘n kind se welsyn nie.

Jy kan wegkruip Poephol….maar eendag gaan jy jou afskuwelike bakkies iewers uitsteek en gevang word.

13 Responses to “Applous – Wegkruipertjie”

  1. Xena Phoenix Augustus 3, 2011 at 8:35 vm #

    Ek het altyd gewonder oor die vrouens wat hulle mans aanmoedig om die vorige huwelik se kinders se onderhoud weerhou. Ek sal in my lewe nooit so ‘n man kan respekteer nie. Dit bly mos jou kind en verantwoordelikheid, ongeag wat.

  2. turksvy Augustus 3, 2011 at 9:38 vm #

    Nee kyk, ek het al iets van albei beleef: ‘n pa wat nie baie gretig is om sy bydrae te maak nie, en ‘n eks-vrou wat tot die laaste druppel bloed wil uitsuig. Beide maak my siek.
    Anyhoo…ek kan ook nie verstaan hoe ‘n pa net nie meer kan omgee nie. En meeste van die tyd daarmee wegkom ook nie.

  3. leonvonmoltke Augustus 3, 2011 at 10:17 vm #

    Die goutrein kan seker ook genoem word😉

    • demoerin Augustus 4, 2011 at 12:11 nm #

      Ek het dit oorweeg, maar “at the time of going to press” was dit al so bietjie holrug gery.

  4. Son Augustus 3, 2011 at 11:47 vm #

    Soms dek die danige onderhoud in elk geval nie eers die kind se onderklere nie. Dis siek dat ‘n hof iemand moet beveel om na sy kind om te sien.👿

  5. demoerin Augustus 4, 2011 at 11:44 vm #

    **sug**😆 , het niemand iets te sê oor die goeie kant van die storie nie…

  6. Emil Augustus 4, 2011 at 2:50 nm #

    Dis alles goed en wel, maar is die DA die regering🙂

    • demoerin Augustus 5, 2011 at 11:38 vm #

      Opposisie tel seker vir iets…

  7. Pikkelik Augustus 5, 2011 at 8:08 vm #

    Ek wens die veldtog wil sommer spoedig oor die hele land uitbrei en dan moet hulle ook sommer die ma’s wat nie onderhoud betaal nie ook vastrek. En daar is van hulle glo my! Nice positiewe inskrywing – dink ek… 😀

  8. toortsie Augustus 8, 2011 at 8:34 vm #

    Iets positiefs? Sjoe, jou liefie het OMTRENT vir jou ‘n uitdaging gestel! Die positiefs daaraan is dat ek glo jy sal soek tot jy iets vind om weekliks te skryf!!😆
    My plaaskinders is mos nou regtig hier aan die onderste onder-end van die samelewing. Weet jy dat soveel van hulle nie eers weet wie hulle pa’s is nie? En dis verseker nie net plaaskinders wat die probleem het nie. ek dink daar is hordes van hulle met hierdie probleem. Die pa is die een wat nou by hulle ma bly. Miskien gee dit dalk meer sekuriteit? Die een wat NOU help om die bord vol te kry, in plaas daarvan om onseker te wonder wie hy is, waar hy is, is hy lief vir my, ken hy my, dink hy ooit aan my……????
    Positief! Dankie vir elke wonderlike pa wat sy plig nakom! Dankie vir elke wonderlike pa wat na sy vrou kyk en na hulle kinders. Want daar is ook baie van hulle!

  9. Ben van Staden November 7, 2011 at 10:53 vm #

    Hoe laat mens hul betaal as die plaaslike hof jou nie wil help nie.

    • demoerin November 8, 2011 at 8:02 vm #

      Seker maar soos gewoonlik kontak maak met ‘n groep soos wat Operasie Neem Verantwoordelikheid run. Hulle sal jou sekerlik help om al die nodige volledig te doen, en het seker kontakte by die howe, van die wat wel omgee, en dit gedoen wil kry. Daar is darem hier en daar ligstraaltjies wat uitstaan in die staatsdiens, mense wat werklik hul werk wil doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: