Applous…Koperkoppe

17 Aug

Sug. Ek soek nou al vir 2 weke vir ‘n regering applous storie. Ek kry niks. Boggerol. Ek wou oor die Gautrain skryf, maar blykbaar het hy nou ontaard in ‘n Gaubus diens. Koperdiewe. Toe hoor ek van hierdie brokkie uit die Weskaap (weereens) en ja, ek weet dit is nie regering nie, maar opposissie…. Maar miskien kan die ander provinsies WEEREENS by die DA uit die Weskaap gaan leer. Ons noem dit pro-aftief wees, in teenstelling met provinsies soos Gauteng waar hulle wag vir alles om uitmekaar te bliksem voor hulle hope belastinggeld vermors om dit reg te maak.

Toe die Koperprys in 2006 begin styg het, is daar alreeds in die Weskaap besef dat dit tot ‘n toename in koperdiefstal gaan lei. Hulle het ‘n proses in werking gestel en ‘n toegewyde Metaal Diefstal Eenheid op die been gebring, die Copperheads. En kan hierdie slang pik! In ‘n jaar se tyd het hulle daartoe bygedra dat die koperdiefstal afgneem het van ‘n waarde van R20miljoen per jaar, tot slegs sowat R500,000.

Wel gedaan **APPLOUS**

Ek kan nie verstaan hoekom daar nie in die Weskaap se voorbeeld gevolg kan word nie? Dit kan nie so moeilik wees nie. Jozi wil hulself adverteer as ‘n Wêreldklas Afrikastad, met wêreldklas geriewe – maar die geriewe beteken boggerol as dit nie werk nie.

Wat ek wonder is…hoekom skielik met die opening van die Pretoria gedeelte van die lyn, is daar skielik probleme met kabeldiefstal? Die Sandton-Lughawe lyn hardloop al vir meer as ‘n jaar sonder dat ek van enige diefstal gevalle kan onthou. Is dit dalk net bevestiging van al die stories wat ons hoor van die Pretoria Polisie?

Daar is blykbaar ‘n tweedehandse goedere wet wat vanaf Januarie 2012 in werking tree, met baie groter strawwe, maar tog moet dit nog gepolisieer word. ‘n Paar maande terug was daar ‘n insetsel op Carte Blanche oor ‘n groep van 8 mans wat R250,000 se koperkabel aan ‘n skrootwerf in Witbank probeer verkoop het. Die eienaar het die polisie gebel, en na arrestasie is daar agtergekom dat 4 van die mans polisielede is!

Die enigste manier om Suid-Afrika se ekonomie te laat groei, is om nog volhoubare werk te skep. Om sulke werk te skep benodig ons investering vanaf die buiteland. Vir daardie ouens om hulle geldjies hiernatoe te bring en fabrieke op te rig, moet hulle darem weet hulle gaan elektrisiteit voorsiening hê om produkte te kan vervaardig. Nie net is ons elektrisiteit baie duur nie, mar weens diefstal van kabels is dit nie betroubaar nie. Gooi nou nog daarby die werkers en hul unies se jaarlikse verhoging-danse, en jy sit met onbekostigbare insetkostes. Maatskappye trek eerder die land uit as wat ons ander hierheen lok.

Sad, but true. Daar is nie genoeg geld in die land om net die hele tyd te poog om dit te herverdeel, en nogmaals te belas nie. Ons benodig investering vanaf die buiteland, en ons regering doen nie veel om dit aan te moedig nie.

10 Responses to “Applous…Koperkoppe”

  1. MaanKind Augustus 17, 2011 at 8:43 vm #

    Ek kom later ‘n APPLOUS storie skryf.

  2. Xena Phoenix Augustus 17, 2011 at 8:44 vm #

    Daar is natuurlik een onfeilbare manier om Gauteng pro-aktief te maak. Stem die DA in.

    Siende dat dit egter die koperdiewe se sake gaan raak en die band maatskappye minder werk gaan gee, skop die mense kwaai daarteen.

    Wie gee nou in elk geval om vir buitelandse beleggings. Die ganse word sommer gemelk ook en eendag gaan iemand huil as daar doodeenvoudig nie ganse is nie.

    • demoerin Augustus 18, 2011 at 7:09 vm #

      **sug** hartseer, maar waar.

  3. leonvonmoltke Augustus 17, 2011 at 9:27 vm #

    In die einste Weskaap het ek baie onlangs heerlik baie skade gehad v idiote wat drie brass krane afgebreek het en 2000 kub meter water op die straat laat uitloop het. (en ek wag nou nog vir enige vordering met die saak…)

    • demoerin Augustus 18, 2011 at 7:08 vm #

      Agge nee! Druk jy nou ‘n stok in my speke😆

  4. Son Augustus 17, 2011 at 9:51 vm #

    Julle moet maar almal Kaap toe trek, dan verklaar ons die Wes-Kaap ‘n onafhanklike republiek😈

    • demoerin Augustus 18, 2011 at 7:07 vm #

      Ek kan nie besluit wat ek eerder sal trotseer nie – koue, nat winters of potholes😆

  5. Plaasjuppie Augustus 17, 2011 at 10:36 vm #

    Met die eerste oogopslag lyk dit asof dinge heelwat beter gaan in die Weskaap as in baie ander plekke in die land. Een ding wat presies dieselfde is is die kernprobleme wat jy so ligtelik aanraak. Gebrek aan investering, werkloosheid, nuwe heffings en belastings op ‘n daaglikse basis ens. Daarvan kan ons nie weghardloop nie, en ek vir een begin effens wanhopig raak oor die moontlikheid dat dit binnekort gaan verbeter.

    • demoerin Augustus 18, 2011 at 7:06 vm #

      Party dinge wat beter gaan is seker ‘n beginpunt.

Trackbacks/Pingbacks

  1. Tannie Tossel se blokstorie « Toortsie se Blog - Augustus 17, 2011

    […] by die lighuis kom is daar geen mens nie. Daar brand net een ou kersie. Skielik loer daar ‘n Spookgesig om die deur, die pampoenskulpie in die venster roer vreemd, en die kerslig gaan dood. Weer hardloop […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: