Rol die wiele wiele wiele rol….

25 Aug

Weereens, soos na die Taxi ongeluk by die spooroorgang ‘n jaar terug, is almal geskok oor die jongste busongeluk buitekant Knysna.

En weereens is elke LP en MEC van elke departement van padwerke tot skole uiters geskok, en weereens is daar beloftes dat daar iets gedoen gaan word.

KAK MAN, ons hoor elke keer, na elke ramp dat iets gedoen gaan word. Die regering se gepratery bring nie hierdie mense se kinders terug nie.

Ons praat nie hier van rocketscience nie….

‘n Onpadwaardige of oorlaaide taxi hoort nie op die pad nie. KLAAR.

‘n Maatskappy wat skoolbusse oorlaai (amper met 100%) se lisensie moet weggeneem word. KLAAR.

Eienaars van hierdie maatskappye moet tronk toe gaan! KLAAR.

Maar ja, dis meer lonend om padblokades te hou vir uitstaande spoedboetes. Dis meer lonend om te bekommer oor aan wie ons ‘n volgende tender kan toeken. Dis meer lonend om agter bossies en brue weg te kruip met spoedkameras. Dis meer lonend om nuwe wette te skryf om nog nuwebelastings te kan invorder.

Liewe regering, ons praat hier van lewens, ‘n voertuig op die pad is net so, indien nie meer gevaarlik, as enige vuurwapen nie. Julle kan miljoene spandeer op nuwe vuurwapen wette en kak….maar “wapens” wat meer lewens per jaar as vuurwapens eis, mag rustig voortgaan en die wette oortree.

Skrik tog net wakker en DOEN iets. Nie stel ‘n ondersoekkomitee aan nie. DOEN iets…..en ek hoop daar is prokureurs in Knysna wat daardie ouers gaan help om daardie vervoermaatskappy se broeke van hul gatte af te dagvaar. Dit gaan nie hul kinders terugbring nie, maar ten minste sal daai vervoermaatskappy sy deure moet toemaak. Laat die mense maar weereens iets self doen, want die regering stel nie belang nie.

4 Responses to “Rol die wiele wiele wiele rol….”

  1. Xena Phoenix Augustus 25, 2011 at 10:05 vm #

    Ek stem saam met jou.

    Dit is moord.

  2. Son Augustus 25, 2011 at 4:13 nm #

    DMI – selfs die voertuie op die pad wat sogenaamd padwaardig is, is at least 50% van die tyd NIE padwaardig nie. Daar het ek nou ‘n ander kar gekoop, BY ‘n handelaar (al is dit nou ‘n klein handelaartjie) en die voertuig het gekom MET sy padwaardigheidsertifikaat en raai wat… die shocks is nog dieselfde as waarmee die kar uit die fabriek uit gekom het. 13 flippin jaar later!!! Daar WAS NIE EERS MEER shocks nie. Nou vra ek jou met trane in my blou oë – hoe de fok het die kar die padwaardigheidstoets geslaag!!! En dis net EEN waarvan ons weet!

  3. Louwie Augustus 26, 2011 at 6:54 nm #

    Jy is weer reg DM, hulle stel nie belang nie. Aasvoëls sit gereed om die tender oor te neem met `n lekker vet tjek onder die tafel deur aan die kripvreter wat die tenders goedkeur. Ons het basies nie meer `n regering nie. Elkeen donder aan op sy eie en koop om as hy in die moeiikheid kom. As jy dit nie doen nie dan donder die Polisie jou tot jy dit doen.
    Ons bly in Bananaland.

  4. leonvonmoltke Augustus 29, 2011 at 10:50 vm #

    Lewens = kanonvoer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: