Dis OK om te steel…..

7 Sep

…as jy arm en honger is.

WDF? En dan wonder die Prezzie en sy kamerade hoekom niemand vir hom respek het nie. Volgende keer moet iemand hom dalk met die leë Whiskey bottel oor die kop moer, eerder as om kosbare Whiskey oor hom uit te mors.

Daar is baie arm mense in hierdie land wat honger is en nie werk het nie, wat NIE steel nie. Jinne ek raak bemoerd as julle sulke kak kwytraak.

Dit is eerstens en grootliks die regering se verantwoordelikheid om seker te maak al die mense in Suid-Afrika het basiese geriewe en kos. Niemand anders sin nie. Dit is ook die regering se werk om ‘n ekonomiese milieu te skep wat belegging en oorseese maatskappye lok. Op die oomblik trek maatskppye eerder uit die land uit, want insetkoste is onbekostigbaar. Praatjies oor nasionalisering lok ook nie juis investering nie. Tenderpreneurskap moet uitgeroei word. Kadres word ryk uit tenders, en skep nie volhoubare, ekonomiese gesonde maatskappye nie. Eintlik word bittermin van die tenderdienste verskaf. Tenders moet aan gevestigde maatskappye gaan wat die werk kan hanteer, en meer mense volhoubare werk kan verskaf.

Mens lei met voorbeeld. As die regering nie pogings aanwend nie, kan hulle nie verwag dat besigheid in Suid-Afrika dit moet doen nie. Mens kan nie altyd van iemand anders verwag om reg te maak waar jy tekort skiet nie.

En nee…dit is nie OK om te steel omdat jy arm is nie…net ‘n Poephol sal sulke ondeurdenkte stront kwytraak. Respek word verdien Mnr Zuma, en ongelukkig gaan dit nie in jou leeftyd gebeur nie. Net hierdie week het jy die ANCYL oor die vingers getik oor hulle optrede voor Luthuli huis (wat maar net ‘n navolging van jou volgers se Polokwane optrede was), en nou vertel jy dat dit verstaan kan word dat arm mense steel.

Die Chief moet begin om sy woorde te tel, want die Indians dink nie vir hulleself nie.

Advertisements

10 Responses to “Dis OK om te steel…..”

  1. Plaasjuppie September 7, 2011 at 9:23 vm #

    S.O.P. van ‘n regerende party wat duidelik geen benul het hoe om die probleme van die land aan te pak nie, en waarvan die meerderheid boonop slegs skynbaar belangstel in selfverryking.
    Maklik, blameer die bleekgesigte. En wanneer die laaste boer uitgemoor en sy plaas gevat is? Wanneer die laaste besigheid gevou het as gevolg van swak beplande SEB praktyke en die laaste belegger sy penne opgetrek en laat spat het? Wanneer die laaste sent uit die belastingbetaler gemergel is en die bevolking meer buitelanders as burgers beslaan.

    Het enige een van die diknekke hulleself die vraag al afgevra…wat dan?

    • Son September 7, 2011 at 12:41 nm #

      Ja, dan sit hulle op die stoep soos die Zimbabwiëers destyds en sê; “We want Ian Smith back.” Maar dan is dit mosterd na die maal. Partykeer dink ek regtig ‘n volkstaat is nie so ‘n slegte idee nie, dis net die bleddie WAAR!

    • demoerin September 8, 2011 at 6:59 vm #

      Ek dink tog die meeste van die in die “poundseats” weet presies watter geld hulle brood aan al die kante botter. Die probleem lê egter in dei dinge wat gesê word, en moontlik nooit gedoen gaan word nie. Daardie sê maak genoeg beleggers onrustig.

  2. MaanKind September 7, 2011 at 5:45 nm #

    Ai tog, en intussen begin die indians die chief se gesig brand. NIEMAND gaan hier wen nie.

    • demoerin September 8, 2011 at 7:00 vm #

      Dis Politiek….die mens op straat wen nooit nie.

  3. Xena Phoenix September 7, 2011 at 9:08 nm #

    Ek het dit ook vanoggend gelees en my oë amper verwoes soos ek dit gerol het. Verwag Zuma dat blankes die meerderheidsgroep in die tronk moet wees – met net 10% van die bevolking.

  4. Bileam se Donkie September 7, 2011 at 9:19 nm #

    Die broer praat waar…

    • demoerin September 8, 2011 at 7:02 vm #

      😆
      En soos gewoonlik is dit verkeerd verstaan, denial..blah blah. Dit was gesimplify vir die gehoor om te verstaan…bwahahaha, as jy goed vir die swart besigheid forum moet simplify is daar GEEN hoop nie.

  5. Louwie September 8, 2011 at 9:34 vm #

    Is skokkend. Dit word al hoe meer `n refrein; maak dood die witman. Vat sy goed.
    Die Prez weet sy optrede teen die “joef leek” gaan hom aanhangers kos, dus sê hy weereens presies dieselfde radikale goed wat Malema altyd sê om die skade te probeer beperk. Dan kom die voetvolk soos petroljoggies en sê hy kry swaar en die (wit) ryk mense wil nie hulle geld met die armes deel nie. HKGK

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: