Rasta sê…Oor Negatiwiteit

13 Sep

Rasta sê hy wonder of dit maar net in sekere mense ingebore is om negatief te wees. Om altyd die slegste te verwag…of die slegste te voorspel. ‘n Bietjie positiwiteit laat jouself nie net beter voel nie, maar dit maak jou ook meer draaglik vir die mense om jou.

Voorbeeld: Die Bokke het elke greintjie ondersteuning nodig. Hoekom kerm en teem en voorspel hulle gaan verloor nog voordat nie fluitjie vir afskop geblaas het? Hoekom die moeite doen om enigsins die game te kyk?

14 Responses to “Rasta sê…Oor Negatiwiteit”

  1. MaanKind September 13, 2011 at 8:47 vm #

    Die vinnigste wat ek my onttrek van ‘n vriendskap – Wees ‘n klagat. Ons het almal ons dae wat ons nie lekker voel nie, en die odd negatiewe ding sê of ‘n blog doen, maar wragtag, jy kry darem ook mense wat nét negatiewe goed blog. Ek staak net daar.

  2. Xena Phoenix September 13, 2011 at 9:19 vm #

    Doemprofete is maar orals. Ons sal seker uit ons velle geskok wees wanneer hulle die dag positief is.

    • demoerin September 13, 2011 at 4:11 nm #

      Kyk, hulle kan maar jannie jammergatte en kallie klakouse wees as hulle wil, maar bly net weg van my af.

  3. toortsie September 13, 2011 at 9:27 vm #

    Rasta, ek hou van jou sêgoed!! Weet jy, dis makliker om te voorspel die bokke gaan verloor. As hulle verloor, was jy REG en bewys dit dat jy WEET!! As jy voorspel hulle wen en hulle wen wel nie, moet jy ERKEN jy was verkeerd. As jy voorspel hulle verloor en hulle wen, is almal so bly, hulle sal nie onthou jy was verkeerd nie. Of is ek nou blond?

    • demoerin September 13, 2011 at 4:12 nm #

      😆 Ja, dis amper iets soos ‘n negatiewe draadsitter…ek dink, so iets😆

  4. Son September 13, 2011 at 11:46 vm #

    Wel, ek MOET nou positief wees… Die Bokke gaan wen! Die wêreldbeker wen! Want Megan was so oulik om R500 op hulle te wed. En ek het gedog ek het my kinders geleer dobbel is verkeerd!😈

    • toortsie September 13, 2011 at 2:58 nm #

      Ja men, hoekom sal hulle nou nie wen nie! Ek sal sorg dat ek kyk en die kere wat ek kyk, wen hulle altyd!!😆
      Haar R500 is veilig, plaas dat sy R5000 opgesit het!!😉

      • demoerin September 13, 2011 at 4:13 nm #

        Ek dink ons moet vir toorts voor die TV vasbind, net vir ingeval sy een game vergeet.

        • Son September 13, 2011 at 4:59 nm #

          Ja, WP het altyd gewen as ek op Nuweland was *SUG* Jy kan seker raai ek was lanklaas op Nuweland😈

        • toortsie September 14, 2011 at 10:11 vm #

          Ek kyk so een maal in 4 jaar, maar sal probeer om my kant te bring!!

  5. Twilight September 13, 2011 at 6:33 nm #

    Daar het eendag ‘n vrou voor my by ‘n betaalpunt gestaan. Ek het haar van g’n kant af geken nie en die ry was nie eers lank nie, maar voor sy klaar betaal het, het ek geweet: 1. Sy dink die kassiere is stadig en dom. 2. Die weer is te winderig 3. As die wind ophou waai gaan dit te warm wees. 4 As dit ophou warm wees gaan dit te koud wees. 4. Die winkel is te duur en sy is te arm. 5. Mans is uitvaagsels, want hare het haar net so gelos. 6. Kinders is stout en ondankbaar…. yada yada yada. Ek is vreeslik bly rugby het glad nie ter sprake gekom nie.

    • demoerin September 14, 2011 at 9:09 vm #

      Jinne, dis genoeg om mens na die naaste kroeg toe te dryf na jy betaal het.

  6. dieta September 18, 2011 at 6:26 nm #

    Hoekom dink mense dat hulle iets kan se oor die manier waarop ander dinge doen? Jy mag ook nie vrae vra nie en meeste van alles jy mag nie betwyfel nie. .Strooi man hoekom anders het God my dan n brein gegee?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: