Applous…..Sy Byt!

23 Sep

Uiteindelik! Liefie gaan SO trots wees op my……

STAANDE APPLOUS! En dit vir Mamodupi Mohlala… die hoof van die National Consumer Commission.

Die NCC is daargestel om die verbruiker deer middel van die Verbruikerswet te beskerm. As iemand jou indoen en nie wil regmaak nie – dan is Mohlala se deur die een waar jy moet gaan aanklop. Die kommissie het begin werk op 1 April 2011, en ek het my bedenkinge gehad oor hoe effektief dit gaan wees (I mean, who can blame me?)

Maar ek is telke kere al in die afgelope 5 tot 6 maande aangenaam verras. Die kommissie het in die afgelope paar maande al links en regs die industrie begin vasvat….met almal van BMW tot die Jozi munisipaliteit wat al deurgeloop het.

WEL GEDAAN! Ek hoop die NCC gaan van krag tot krag!

Hierdie tannie is nie van plan om net te blaf en haar tanne te wys nie, sy is meer as bereid om te byt ook!

Advertisements

3 Responses to “Applous…..Sy Byt!”

  1. Xena Phoenix September 23, 2011 at 9:09 vm #

    Almal bibber en beef oor die nuwe verbruikerswet. As jy dit net noem, kry jy nogal vinnig jou sin.

  2. Son September 23, 2011 at 2:24 nm #

    Dis nie net hierdie departement wat hulle sokkies HOOG opgetrek het nie – SARS is ook deesdae te goed vir woorde, selfs as hulle JOU geld skuld. En die Verkeersdepartemente hier by ons. Mag ons land se silwer randjie ‘n hele wolk word 🙂

  3. klippie September 23, 2011 at 5:12 nm #

    Ek haal ook my hoed af vir die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela. Dit lyk of sy haar “man” kan staan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: