Daai Brief!

27 Sep

Die internet en radiostasies is almal in rep en roer oor daai brief… Adriaan Basson se opebrief aan Kallie Kriel.

Dit het my aan een ding laat dink….daai slagoffer mentalitiet.

Ons Anglo-Boereoorlog voorouers draai vandag in hul grafte om. Hulle het met niks uit daai oorlog uitgestap, en met ‘n EK KAN houding, aan die Ingelse bewys dat maak nie saak wat nie, ons sal nie gaan lê nie. Hulle het nie in ‘n hoekie in hul afgebrande plaashuise in sak en as gaan sit en kla en ween oor hoe sleg hul omstandighede is nie.

Ek wens meer Afrikaanse mense wil dit vandag vertoon.

Verder word daar alewig gekla oor die voortbestaan van Afrikaans. Oor hoe die regering daarop uit is om Afrikaans te laat uitsterf en dit onderdruk word. Kak man. Liewe mense, solank as wat dit geskryf, gelees, gepraat, gesing ens. word gaan Afrikaans nie verdwyn nie. Die ander ding wat toevallig toe nou my aandag trek, was ‘n link vanaf Vreesloos Afrikaans na Steve se blog toe. Liewe Meneer Hofmeyr, moenie kerm en kla oor Afrikaans se voortbestaan as jy dit self in Engels doen nie. Dis soos om te probeer pis in ‘n Suid-Ooster in. En as jy nou weer klaar jou Ingelse inskrywing gelees het…..gaan kyk na een van jou vorige plasings van ‘n Anonieme skrywer, wat jy nogal geprys het met ‘n “Mooi nê?”, getiteld – Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie.

15 Responses to “Daai Brief!”

  1. MaanKind September 27, 2011 at 2:47 nm #

    Ons het juis ‘n gesprek gehad vanoggend. Die klemverskruiwiong het vanaf Opvoeding gegaan na GIMMEGIMMEGIMME
    Toe ons kinders was in die 1960’s, het ons oumas ons gemaan: Julle moet léér, anders gaan die kaffertjies julle verby (Ouma se woorde in die sestigs)
    Die swart kinders is deur hulle ouers gemaan: Julle moet léér, dan kan julle die land van die witmense wegvat.

    Beide groepe het die klem op geleerdheid, ovoeding en kultuur laat val.

    En nou? I demand a house
    I demand electricity and water
    I demand… Or I destroy.

    • demoerin September 27, 2011 at 3:39 nm #

      Dis juis die ding, my Ouma se woorde onthou ek weer – Niemand skuld jou NIKS nie, jy skuld dit aan jouself.

  2. MaanKind September 27, 2011 at 2:48 nm #

    Ek wou nou nog klomp dinge byvoeg, maar laat ek vil my sieleheil verder skoonmaak.

  3. Son September 27, 2011 at 3:18 nm #

    Ek het nogal lekker gekry oor daai brief van Adriaan Basson – het hom woord vir woord sit en lees Saterdag en wou dit actually op my blog geplaas het, maar toe dink ek liewer nie – netnou is te veel mense die moer in😉

    • demoerin September 27, 2011 at 3:40 nm #

      Ag whatever…as mense die moer in wil raak is dit heel moontlik omdat die waarheid seermaak.

  4. unpeecee (Un-Politically-Correct) September 28, 2011 at 11:29 vm #

    Ek dink ons almal wag vir die sterk, morele, stabiele swart leier wat sy volk vat en op die regte pad sit. Suid Afrika is ‘n pot van volke en kulture, maar die realiteit is een groep speel glad-nie sy rol as dit by die ontwikkeling van die land kom nie.

    Die swart populasie is nog meer leierloos as die Afrikaner, AND THAT SAYS A LOT!

  5. toortsie Oktober 2, 2011 at 7:49 nm #

    10 uit 10!!! nee!!! 12 uit 10!!! Ek glo ook aan doen. DOEN DAAI DENG! Solank ons worry en niks doen nie, wen die ander ou. Solank ons voluit doen, gaan ons vorentoe! Nadat iemand my op my eie blog in baie swak afrikaans op nuwejaar 2011 verskriklik uitgetrap het, het ek hierdie geskryf: http://toortsie.wordpress.com/2011/01/03/verklaring-oor-my-taal/ Persoonlik dink ek Afrikaans leef meer as ooit. Ons moet dit net aanhou praat/skryf/leef! Lank lewe Afrikaans!!

  6. turksvy Oktober 3, 2011 at 9:21 vm #

    Glo almal hier sowaar alles is net plain sailing vir Afrikaners en ons kla oor niks?!

    Wow.

    Ek dink nie Afrikaans is in gevaar nie, inteendeel.

    Ek dink ook nie daar is ‘n gebrek aan determinasie en wilskrag by Afrikaners om iets te bereik in hierdie land nie. Om die waarheid te se, ek kry glad nie die indruk dat die meeste van ons terugsit en wag om iets verniet te kry nie.

    Maar ons lewe nie in ‘n bestel waar die Afrikaner nie geteiken word nie. Adriaan Basson kan nog tien briewe skryf, ek sal dit nie glo nie. En ek is verseker nie ‘n pateet nie.

    • turksvy Oktober 3, 2011 at 9:22 vm #

      Of ‘n Suidlander, of ‘n rassis, of verregs nie…

      • demoerin Oktober 3, 2011 at 9:46 vm #

        Ek glo nie enigeen is so verward om te sê dit is alles plain sailing vir die Afrikaner nie. Maar dit is nie plain sailing vir enigeen in hierdie land as jy nie ‘n cadre of connected of familielid van ‘n struggle cadre is nie.
        Dit gaan egter niks aan jou eie lot verander om dag in en dag uit te kla dat jy ‘n slagoffer is nie, en dit word wyd en suid op ‘n daaglikse basis gedoen. Om daaroor te kla gaan ook niks verander nie, jy moet maar net dan vir jouself ‘n geleendheid skep, en planmaak vir werk ens. Ek herhaal wat my Ouma gesê het: Niemand in hierdie lewe skuld jou niks nie, jy skuld dit aan jouself.

        • turksvy Oktober 3, 2011 at 10:29 vm #

          En dit sal dom wees as dit maar net elkeen vir homself en die duiwel vir elkeen is. Daar is mag in getalle, dit het ons darem van Afrika geleer.

          • demoerin Oktober 4, 2011 at 7:15 vm #

            Daar is mag in getalle ja, maar dit werk net in sekere opsigte (BV onlangs in Egipte). 90% van die kere bevoordeel dit nog steeds net ‘n paar enkeles in die groep. As jy ‘n lysie van 10 dinge opstel, en die groep kan skaars oor 5 ooreenstem, beteken jou getalle nie veel nie.

  7. turksvy Oktober 4, 2011 at 3:23 nm #

    Die punt wat ek wil maak, is dat AfriForum nie all bad is nie. Adriaan Basson skets ‘n besonder rooskleurige prentjie van die NSA. Op sommige punte stem ek met hom saam, maar ek dink dis verkeerd om AF aan te vat…oor wat, presies? Dalk maak hulle die prentjie meer somber as wat dit moet wees, maar ek twyfel. En is dit nou regtig ‘n ope brief in die media werd?

    Die een ding wat ek dink AfriForum anders kan doen, is om hulle deure oop te maak vir alle kleure en geure. Verder sien ek hulle as gematig, met baie common sense.

    ” As jy ‘n lysie van 10 dinge opstel, en die groep kan skaars oor 5 ooreenstem, beteken jou getalle nie veel nie.” Ja. Gelukkig dink ek AfriForum se steun is groot genoeg dat hulle wel ‘n verskil kan maak. En hulle HET hulself al laat geld.

    • demoerin Oktober 4, 2011 at 3:37 nm #

      Dis seker waar dat geen groep alles goed, of alles sleg is nie. Ek glo weer hulle kan eerder op meer positiewe konsentreer. Vat nou bv. hoeveel geld aan regskoste spandeer is om Malema te keer om “Shoot the Boer” te sing. Iets wat nie regtens gereguleer kan word nie, so dit gaan nog steeds gesing word.
      Daardie geld kon gebruik geword het om werkloses te help om besighede te begin, met Afriforum as aandeelhouer ens. Daardie geld kon gebruik geword het om sekuriteit veldtogte te loods om mense op plase meer attend te maak dat hulle maklike targets is, en maniere formuleer om dit vir hulle veiliger te maak ens. ens.
      Daar word baie geld spandeer om ‘n punt te maak, wat nie gereguleer gaan of kan word nie. Hulle kon eerder geld positief aanwend om ‘n verskil te maak. Maar dis maar net my eie opinie.

  8. turksvy Oktober 7, 2011 at 9:38 nm #

    Ek dink…ons moet ‘n bottel wyn kry en die saak ordentlik bespreek. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: