O Gordelose Ouer!

3 Okt

Ek weet ek kerm en teem baie hieroor, maar dit is regtig iets wat my baie na aan die hart lê. Net twee weke terug is ‘n hele gesin weer uitgewis, nadat die Ma beheer verloor het en ‘n bus kop aan kop getref het. Wat dit erger maak is dat die Ma besig was om die 1 jarige baba te borsvoed terwyl sy bestuur het. Langs haar op die passasierssitplek was hul seuntjie, sonder sitplekgordel. Hy is deur die impak onthoof. Die Pa was op die agtersitplek. Almal van hulle opslag dood!

Kyk Mamma en Pappa, as jy die besluit wil neem om jou eie lewe in gevaar te stel, en nie ‘n gordel te dra nie, is dit jou besluit. Jy het die kennis, jy weet van die gevare. Dit is ‘n ingeligte besluit. MAAR, jou kinders het NIE die kennis nie. Hulle besef nie wat die impak van ‘n ongeluk gaan wees as hulle nie vasgegordel is nie. JY, liewe Mamma en Pappa moet daardie besluit vir hulle maak. En daar is geen alternatiewe nie. Daar is ook geen opening vir onderhandeling nie.

‘n Ongeluk gebeur net so gereeld as jy gou om die hoek ry winkel toe, as wat hy gebeur as julle Saterdag 25 km gaan ry om vir Ouma te gaan kuier.

Daar is geen verskoning vir ‘n kind wat op ‘n ouer se skoot sit, of wat agter rondstaan nie. ‘n Kind moet vasgegordel wees, en enige ouer wat werklik vir hul kinders, of die kinders in hul sorg omgee, sal hulle vasgordel.

Ek weet nie of almal besef hoe groot die impak van ‘n ongeluk is nie. Hier is ons scenario…. Pa bestuur en kleinboet sit op Ma se skoot. Hy weeg 10 kg. Pa trek weg van die stopstraat af, en daar draai ‘n kar voor hom in. Dit was net na wegtrek, so die motor het maar teen 40 km/h beweeg. ‘n Spoed wat op die oog af mos onbenullig lyk?

Maar dit is waar die fout inkom… dit blyk stadig te wees, maar wetenskap het niks met opinie te doen nie. Daardie botsing teen 40km/h veroorsaak nou dat kleinboet se liggaam uit reaksie vorentoe skiet. Weet julle hoeveel krag het Mamma nodig om vir kleinboet vas te kan hou dat hy nie deur die voorruit vlieg nie? Jy vat sy gewig, 10kg, en jy maal dit met 30! Ja, Mamma het 300kg se krag nodig om hom terug te hou… Menslik onmoontlik, en dit is maar teen 40km/k.

Daar is nie iets soos ‘n klein ongelukkie, as daar ‘n kind in die motor is wat nie vasgegordel is nie. Spyt kom altyd te laat. Voorsorg kan die teenvoeter vir jare se smart en selfverwyt wees.

PS Voel vry om te link, of the copy en te paste, en versprei die waarskuwing, want jy kan dalk vir jouself probeer lieg, maar die Wetenskap en sterftesyfers lieg nie.

Advertisements

6 Responses to “O Gordelose Ouer!”

  1. toortsie Oktober 3, 2011 at 10:53 vm #

    Dankie DMI vir hierdie uiters belangrike saak. Ek glo met my hele lewe hierin! Ek sal dit op my fb blad plak sodat al daardie mammas dit kan sien.

  2. Rustig Oktober 3, 2011 at 1:52 nm #

    Hulle is nogal streng hier in my gedeelte van die wêreld. Jy kry punte op jou lisensie en kan dit verloor vir jaar of wat. Kan mamma maar nie iewers gestop het en baba gevoed het nie?

    • demoerin Oktober 4, 2011 at 7:16 vm #

      Wonder ek ook….jinne, van alle stupid goed om te doen.

  3. Son Oktober 3, 2011 at 2:50 nm #

    Ek is ‘n gordelose mens, maar ek het nietemin ALTYD my kinders vasgegordel. Dis nie te sê omdat ek bereid is om deur die vuur te loop, ek ooit sou verwag my kinders moet ook deur die vuur loop nie.

    • demoerin Oktober 4, 2011 at 7:17 vm #

      Dis waar ja, soos ek gesê het, jy verstaan die gevolge van jou besluit.

  4. Xena Phoenix Oktober 3, 2011 at 3:26 nm #

    Amen!!

    Dalk moet hulle prentjies hiervan vir advertensies gebruik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: