Blah blah…Blah…Blah blah

11 Oct

Ek het ‘n snotneus……en wat my Ouma sou genoem het, ‘n daggahoesie.

Ek het ook ‘n klomp werk op my lessenaar, wat weens die snotneus, en daggahoesie langer as gewoonlik vat om te voltooi. Miskien is ek net nie lus nie. Die jury is nog uit op die een.

Sport gewys was die naweek ‘n in-die-hek-duik ramp…eers die Bulle, en toe die Bokke….en toe Bafana, wat eers gedink het hulle het nie in die hek geduik nie, maar toe wel eintlik gedoen het…..

Maar dit is genoeg depressiewe gedagtes………

As jy bietjie tyd op jou hande het, hier is ‘n oulike projekkie.

Lekker speel.

4 Responses to “Blah blah…Blah…Blah blah”

  1. Xena Phoenix Oktober 11, 2011 at 8:53 vm #

    Hoop jy voel gou beter.
    😉 In vrees vir my vingers, sal ek jou projekkie maar skip.

  2. RustigRustig Oktober 11, 2011 at 12:43 nm #

    Ek kan aan paar politici dink wat ek so voor ‘n wa wil inspan. Twyfel of die wa regtig sal beweeg. Wys jy maar vir ons jou voltooide projek.
    Brandewyn en disprin help vir snot neus.

  3. Gogga Oktober 11, 2011 at 2:15 nm #

    Ek hoop ook jy voel gou beter oor al die sport en snotties.

    Ek wou graag dit probeer maar ons het nie groot genoeg vlie in die stad om te vang en plak nie.
    Ek sal dit maar moet onthou vir ‘n ander dag.

  4. Son Oktober 11, 2011 at 3:45 nm #

    Nee hel, ek gril vir daai projek. Dis die tyd van die jaar – ons voel almal maar half suf – sal seker weer spoed optel na Desember🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: