Rigting

14 Oct

Dit voel of ek nie kan rigting kry nie, en geen padkaart of GPS gaan hiermee kan help nie. Miskien is ek net ‘n bietjie moeg, einde-van-die-jaar-griep, of so iets. Feit is, ek is net nie lus nie.

En om dit te kroon is daar elke week ten minste een storie in die nuus wat my baie ontstel. Hierdie week is dit Louise de Waal se ontvoering, verkragting en moord. Die poephol het homself oorgegee, maar dit maak geen verskil aan die feit dat hy moer siek in die kop moet wees nie, veral as jy in ag neem dat hy ‘n heel normale voorstedelike bestaan saam met sy vrou en 6 jarige dogtertjie gevoer het. Dan is daar ook nog die kans dat hy met nog ten minste 10 ander sake verbind kan word.

En dan nog “to ad insult to injury”….TROMPETGESKAL…is hierdie arsehole ‘n veroordeelde seksmisdadiger. In 2007 is hy skuldig bevind daaraan dat hy 3 minderjarige dogters onsedelik aangerand het by ‘n bushalte. Maar hy het weggekom met ‘n opgeskorte vonnis en ‘n bietjie gemeenskapsdiens. Die feit dat die polisie dadelik geweet het waar om hom te gaan soek Woensdag, bevestig aan my dat hy moontlik al klaar in hulle visier was.

In my opinie, het die hof en polisie vir Louise de Waal gefaal. Hulle het haar familie gefaal. Hulle het die ten minste 10 ander verkragte jong dames wat moontlik met hom verbind word gefaal. Hulle het die gemeenskap waar hy gebly het tussen ander mense met jong kinders gefaal.

MAJOR FAIL!

PS Jy kan bly wees ek het nie The Citizen in my hande nie, wat blykbaar is jou naampie daarin…en ek sou nie skroom om dit hier te post nie. Ek hoop jy maak goeie vriende met BUBBA in die tjoekie – onthou om die vaseline in te pak.

12 Responses to “Rigting”

  1. Xena Phoenix Oktober 14, 2011 at 8:31 vm #

    Sy naam in die Citizen? Hoewel, dit sal wel uitkom as hy pleit.

    Ek sal nooit verstaan hoe monsters (DALK) doodnormale voorstedelike pa’s of ma’s kan wees nie.

  2. Tiny Goes Retail Oktober 14, 2011 at 10:08 vm #

    Ya Cuzzie, dink ekke moet ook rigting kry! Tiny

  3. Son Oktober 14, 2011 at 1:34 nm #

    EPIC FAIL! Aan al ons jong dogters en vrouens. But what else is new? Ek sou hom self vrek gemaak het as ek Louise se pa of ma was.

  4. Rustig Oktober 14, 2011 at 2:52 nm #

    Dit is nie net in Suid Afrika waar die reg die burger op straat teleurstel nie. Alles is mos skending van menseregte. Sy naam mag nie genoem word nie. Hy is nie normaal nie of sy kinder jare was baie erg. Ons het so polities korrek geword dat ons skoon vergeet het hoe om normaal te wees.

    • demoerin Oktober 18, 2011 at 7:54 vm #

      Presies…hierdie politiese korrektheid is om van te kots.

  5. Bileam se Donkie Oktober 14, 2011 at 4:10 nm #

    Ek is net so omgekrap oor hierdie aangeleentheid!

  6. turksvy Oktober 14, 2011 at 4:39 nm #

    Ek wonder net altyd hoe, waar, wanneer het die skroef losgeraak. Gaan mens se verstand te bowe.

  7. toortsie Oktober 16, 2011 at 5:52 nm #

    O dis so jammer. En daar loop nog baie soos hy rond, dis die groot probleem! En hulle bring skade in hulle eie huise.😦

  8. Louwie Oktober 16, 2011 at 8:08 nm #

    En nou gaan die onmens op my en jou koste gratis kos, blyplek, klere, wagte 24/7, gratis medies en wat nog kry tot in lengte van dae, of tot hy weens goeie gedrag op parool weer op die samelewing losgelaat kan word.
    Is om van te huil.

    • demoerin Oktober 18, 2011 at 7:53 vm #

      Ek het net so ‘n gevoelente dat hy hierdie keer nie daarmee gaan wegkom nie – alhoewel tronkstraf miskien wel gesien kan word as juis dit.

  9. Sonlig Oktober 17, 2011 at 1:17 nm #

    Was daar weer enige bewyse om te bevestig of hy wel sy slagoffers op Facebook foto’s uitgekies het?

    Ek begin nou finaal wonder of dit so ‘n goeie idee is om met foto’s van ons kinders op FB te spog. Ek het maar (weer) my FB account vir tyd en wyl gedeactivate.

    • demoerin Oktober 18, 2011 at 7:51 vm #

      Dit sal seker eers later uitkom….maar ek glo nie FB is die probleem nie, dit is daardie stupidity om elke jan rap en sy maat te befriend…mense wat jy van gee adam af ken nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: