Al hoe meer ligte kante…..

28 Oct

So die ANCYL het dit gemaak tot in Pretoria. Nou wat presies bereik is met die 2 dae te voet gaan my verstand te bowe, maar dis dalk maar net ek, ek hou van dinge doen – nie droom van pie in the sky nie.

Kyk, daar kom soveel ligte kante aan die saak by dat die Long Walk to Economic Freedom al ampertjies soos ‘n princess-cut diamant skitter.

Kom ons begin by die JSE. Ek dink Julius en sy cadres kort ‘n les in ekonomie. Of iemand wat iets weet van die JSE om te keer dat hulle soos poepholle lyk. Maar dis te laat, Julius het klaar sy naam gat gemaak. Hulle het definitief geen idee wat die JSE is nie. Hulle het geen idee wat genoteerde maatskappye, aandele en die besit van ‘n genoteerde maatskappy behels nie. Dit is baie duidelik uit een van die punte op hul griefskrif te sien – Die ANCYL eis dat die JSE dadelik moet begin rykdom verdeel….rykdom wat hulle fokken waar kry vra ek jou met trane in my blou ogies?

Nou ja, dis baie edel van al hierdie dapper-stappers om al daai kilometers af te lê, sonder enige doel of positiewe uitkoms (behalwe miskien dat party van hulle ‘n kilogram om 2 afgeskud het – want hel weet, die meeste van hulle lyk nie of hul ekonomiese vryheid nodig het nie). Suid-Afrika kan nie in ‘n bubble oorleef nie. Daar is geen manier wat die land op sy eie genoegsaam kan groei om werkloosheid te bekamp nie. GEEN MANIER NIE. Ons benodig oorseese investering, en ek kan jou verseker, dat as ek ‘n Amerikaner met ‘n paar orige dollars was, het ek dit nie in ‘n land ingebring waar personeelkoste en elektrisiteit onbekostigbaar is nie, waar my personeel een keer ‘n jaar produksie gaan stopsit om in die strate te dans nie en sonder om eers te noem van die nasionalisering en grondherverdeling praatjies.

Julius, in sy ekonomiese agtergeblewe toestand, het dit natuurlik ‘n bietjie moeilik gevind om die volle pad te stap. Toe dit uitgewys word het sy ondersteuners natuurlik na die eerste grashalm gegryp en vuis in die lug uitgeroep dat dit bog is! Sulke waarhede is ‘n kapitalistiese sameswering om JuJu sleg (dalk ook vet en lui) te laat lyk in die oë van die ander comradethon stappers! Natuurlik het hy die hele ent saam met hulle gestap! (ek wonder of die meeste van hulle hom al in lewende lywe gesien het?). Ongelukkig het Julius hierdie stukkie van die nag se gebeure gemis (seker toe hy op ‘n sagte bed in ‘n hotel oornag het?), en toe hy met dagbreek sy ondersteuners se lof besing het oor hul deursettingsvermoë en stapetiek, het hy ook onverskoning gevra dat hy nie die die hele pad saam met hulle kon stap nie…. TJOP DELUXE.

Op daai ligte noot wens ek julle toe….(sjoe dit was lanklaas gedoen)…’n naweek gevul van hoek tot kant met die mees ongelooflike, sluwe, onderwater gutterseks denkbaar! (want daar is beter dinge te doen as om vir Malema te lag!)

9 Responses to “Al hoe meer ligte kante…..”

  1. Xena Phoenix Oktober 28, 2011 at 9:07 vm #

    Ek is verbaas dat jy jou rympie nog ken.

    Ek wonder of Malema ‘n tree gegee het. Gister het hy hulle mooi gevra om tog hulle water met mekaar te deel.

    • demoerin Oktober 28, 2011 at 9:29 vm #

      😆 toe vergeet ek die “gutter” gedeelte.
      Blykbar het hy 35 van die 60 km te voet afgelê..seker gemeet deur een of ander manskap met ‘n klikwiel😆

  2. turksvy Oktober 28, 2011 at 9:17 vm #

    Ek weet wat is sluwe, en onderwater, en ongelooflik, maar waddehel is SEKS? 😯

    Stapetiek…dis ‘n nuwe een daai! 😆

    • demoerin Oktober 28, 2011 at 9:31 vm #

      😆 Ja, blykbaar was hulle baie soet gewees, behalwe dat hulle een tyd oor die juice wou baklei.

  3. Xena Phoenix Oktober 28, 2011 at 10:55 vm #

    Ek sien hy is skoon styf van gister se paar tree. Hoor hy loop mank

  4. Bileam se Donkie Oktober 29, 2011 at 3:58 nm #

    Jou voorstelle vir die naweek is baie meer ontvanklik as die versoekie van die sandkas se kant af… baie meer opwindend.

  5. Rustig Oktober 30, 2011 at 1:14 nm #

    Julius het die kat aan die gat beet, so ook baie ander mense. Mense verwar die huidige protes teen Wall Street en banke as teen kapitalisme. Die protes is teen die banke en die wat aan die stuur staan, omdat hulle weg kom met bedrog en die groot bedrae geld wat bestee word om hulle van ondergang te red en waarvoor die belastingbetaler op die ou end moet opdok. Hoe om dit aan Julius te verduidelik is ‘n saak van gebed en baie geduld.

    • demoerin Oktober 31, 2011 at 9:12 vm #

      😆 En ek het nie daai tipe geduld nie

  6. Louwie Oktober 31, 2011 at 1:20 nm #

    Wat die ou maar voor hoop is dat hy dieselfde revolusie hier kan begin stook as wat in die Midde-ooste aan die gang is waar sy vriend Broer Leier (uiteindelik Lyer) sy dinges gesien het. Let op die berette wat hy deesdae dra, hopende dat hy sal gesien word as die volgende Che Guavera.
    Wat hy nie verstaan nie, is dat die revolusie daar teen despote soos hy gevoer word en nie deur vet en oorvrete despote soos hy nie.
    Interessant. Topbestuur in die UK se salarisse het die jaar met 49% gestyg. Iets sê my daardie ouens verstaan nie die gemors waarin Europa hom bevind nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: