Net-net goed genoeg…

16 Jan

Wel, dit is hoe dit met my blog gaan….ek volg nou hoofstroom Suid-Afrika na. Ten minste skryf ek iets, al het ek laasweek nie ‘n woord gesê nie. Ek is ook te lui om ‘n gepaste foto te soek. Julle kom mos hierna toe om te lees, nie om prentjies te kyk nie.

Ek swoeg nou al met die gedagtes van die dag wat die matriekuitslae bekend gemaak is. Die minister kondig in orgasmiese styl aan dat die slaagsyfer weereens gestyg het! En almal klap hande en juig en sing en gryp mekaar vir ‘n quickie agter die gordyne by die konferensie…want hel maters, dis mos uitstekend!

Eintlik is dit kak. Want ja, daar is die wat poog daarna om hulle beste te lewer en die onderskeidings in te ryg, maar daar is ook die wat help om die slaagsyfer elke jaar op te stoot, want net-net bo 30% is goed genoeg. En dit is ‘n pot stront. En weet jy wat? Jy kan dit sien in die alledagse lewe, dienste wat gelewer word is net net goed genoeg sodat jy nie daaroor kan kla nie. Bafana Bafana speel vir ‘n draw, en nie ‘n wen nie. Goeie Fok! Jy speel mos om te wen! ‘n Draw is erger as om te verloor!

Daar word generasies se net-net goed genoeg mense uit die skole losgelaat. En dis nie net hul punte wat net-net goed genoeg is nie; hulle denkwyse is ook so, want die minister en die hele onderwysstelsel sê dit is ok om net-net goed genoeg te wees.

En nou pla dit my dat ek nie ‘n foto het nie, want net-net goed genoeg is nie genoeg nie. Dis kak.

6 Responses to “Net-net goed genoeg…”

  1. Xena Phoenix Januarie 16, 2012 at 9:09 vm #

    Hoor Hoor!!

    Net-Net goed genoeg geslag – wat sal hulle genoem word? Ek sien daar is deesdae ‘n beweging op kampusse wat vol dat daar nie op akademiese redes op studente gediskrimineer mag word nie. Nou vra ek met trane in my laventel pers ogies.

  2. MaanKind Januarie 16, 2012 at 11:11 vm #

    Nie te jonk en nie te oud, nie te ryk en nie te arm…

  3. Son Januarie 16, 2012 at 2:54 nm #

    Amper soos Gouelokkies se beertjie se pap😆

    Moet nou nie vir jou soos die res van SA kom hou nie, laat jy SKRYF!!!

  4. Gogga Januarie 16, 2012 at 6:50 nm #

    Kom Kom moet nou nie laat ons agterkom jy wil raak soos die goulokkies generasie waar net jy gemaklik is en niemand saak maak nie skryf dat ons jou kan ondersteun.

  5. twattie Januarie 17, 2012 at 5:57 nm #

    HOOR! HOOR!

  6. Louwie Januarie 22, 2012 at 8:56 nm #

    Houtwerk is die antwoord. As jy dit nie kan nie, en nie kan somme maak nie, dan wag `n blink toekoms vir jou in die land. Jy kan selfs Prez word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: