WEW…01/2012

18 Jan

Ek wonder…en miskien kan iemand dit vir my opklaar.

As die spoedgrens verminder word van 120 km/h tot 100 km/h en

Een van die grootste oorsake van ongelukke mense is wat te vinnig ry……

Gaan die wat nou die spoedgrens oorskry en 160km/h ry, dit nie nogsteeds doen nie?

5 Responses to “WEW…01/2012”

  1. Xena Phoenix Januarie 18, 2012 at 8:35 vm #

    Goeie punt. Dalk moet hulle ‘n minimum spoed in bring. As die mense nie so stadig kruip nie, sal mense nie ongeduldig word nie.

    Ernstig nou, die AA het al aangevoer dat spoed te dikwels blameer word. Dit is net ‘n maklike teiken.

  2. Toortsie Januarie 18, 2012 at 10:45 vm #

    Weet jy dat in my leeftyd daar ‘n tyd was wat die spoedgrens 70 was?? Regtig!! toe 80 toe 90 toe 100 toe 120
    My pa het gesê dat toe die spoedgrens 70 was, almal rustiger was, almal stadiger gery het, en meer tyd vir mekaar gehad het.
    Onthou, VOOR 70 was die spoegrens 100. Dit was so laag gestel om brandstof te bespaar.

  3. Charms Januarie 18, 2012 at 12:07 nm #

    As mense nou nie respek het vir die spoedgrens nie, gaan hulle dit ook nie he as dit verminder word nie.

  4. Kopbeen Januarie 19, 2012 at 3:25 nm #

    Ek dink hulle wil net ‘n inkomste deur boetes uit die Landrover eienaars ook maak, want hulle voertuie, wel sommiges, sal 100km/h kan oorskry. Landies kon net 120km/h oorskry as ‘n Land Cruiser hulle gesleep het.

    • jagternw1976 Januarie 20, 2012 at 2:05 nm #

      He he. Dit is hoekom Landies sulke goeie brandstofverbruik het: word oralste gesleep. 99 % van alle landies is nog op die pad……. die ander 1 % het hulle bestemming bereik ! 🙂

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord