Goedgelowige Gawie…

24 Jan

Ek weet nie wat dit is nie, maar hel, daar is mense wat so goedgelowig is dat dit teen die wet moet wees. Is dit maar net ‘n produk van onsekere tye? Is dit maar net ‘n nagevolg van ‘n oormaat slegte nuus? Miskien gryp mense na elke halmpie goeie nuus wat na hulle kant toe kom.

Wat het geword van ‘n knippie sout? Wat het geword van as iets te goed lyk om waar te wees, is dit heel moontlik te goed om waar te wees?

Miskien is ek net van nature sinies, en is ek gelukkig want dit was ingebore. Want hel mense, ek weet nie of ek moet lag of huil nie, want hierdie vrou hoort aan die bo-punt van een of ander lys (en as daar nie so ‘n lys is nie, moet hulle een begin).

Jinne, as dit ek was het ek my bes pobeer om dit uit die koerante te hou. Dit is een ding as jou bure weet jy is stupid, maar hel, nou weet die hele land.

Dit is seker nie mooi om te lag nie, maar ek gaan definitief ook nie saam met haar huil nie.

 

13 Responses to “Goedgelowige Gawie…”

  1. Die Skribent Januarie 24, 2012 at 7:38 vm #

    Ja nee, sy is beslis ‘n undercover blond! As ek elke keer dat ek hoor ek het ‘n miljoen dollar ge-erf, op ‘n shopping spree gegaan het was ek nou al met my bas in die tronk! En die ouens is so oortuigend, jy twyfel naderhand self of jy nie dalk vergeet het van ‘n oom in Engeland nie!! :lol!!

    • demoerin Januarie 24, 2012 at 8:26 vm #

      Hiehie..all that glitters is not gold!

  2. Plasie Januarie 24, 2012 at 7:46 vm #

    Goudkoors is ‘n lelike ding. Dit verander selfs normaalweg intelligente en versigtige mense in idiote. Tog voel ek jammer vir haar, so ek sal een van die Euro millions of microsoft lotto wenbriewe wat ek laasweek gekry het aan haar verkoop vir 5% van sy waarde sodat sy haar skuld kan betaal:mrgreen:

  3. Xena Phoenix Januarie 24, 2012 at 8:24 vm #

    Dit is waar wat jy sê, maar ek dink dit is laag en gemeen om die weerloostes te gaan uitbuit. Hoe de hel iemand net so die goed aan haar kon verskaf sonder om eers seker te maak dat hulle betaal word, is net so dom.

    • demoerin Januarie 24, 2012 at 8:25 vm #

      Yip, ek dink hulle verdien tweede prys vir die een.

  4. MaanKind Januarie 24, 2012 at 11:09 vm #

    Mens ruik sulke schemes ‘n myl ver! Iemand probeer al van gister af my bankbesonderhede kry vir ‘n kastige bespreking, opgevolg met oproepe om my ‘computer sekuriteit te toets’.

    • demoerin Januarie 25, 2012 at 1:01 nm #

      Party mense het seker net erge geblokte neuse.

  5. Charms Januarie 24, 2012 at 11:21 vm #

    Ai daar is nie pille nie.

    Ek het hoeka vanoggend weer ‘n sms gekry dat ek R450000 gewen het in ‘n FIFA draw so miskien kan ek dit vir haar skenk om haar skuld te betaal.

  6. Rustig Januarie 24, 2012 at 2:39 nm #

    Ek het regtig min simpatie vir enige mens wat val vir sulke twak! Daar is nog hope mense wat nog steeds val vir die email wat miljoene belowe as jy help om geld uit een of ander land te verskuif. Sal my nie verbaas as sy volgende weer vir een of ander sms val nie!

    • Son Januarie 24, 2012 at 4:51 nm #

      Ek stem saam, Rustig. Sy is nie goedgelowig nie, sy is plein stupid! Wyd en syd word mens gewaarsku teen hierdie “scams”. Dalk hou sy haar so, net om al daai goed te kon koop. En wanneer dit by betaaldag kom, gaan sy seker lang trane huil omdat sy dan die arme slagoffer was! Tsk!

  7. Toortsie Januarie 24, 2012 at 7:22 nm #

    Kon sy nie darem net gewag het tot sy die geld het in haar hande voordat sy so erg partie nie? Of sou die GROOT PARTIE nog kom???

  8. Louwie Januarie 27, 2012 at 2:45 nm #

    Sit ek hier met die goeie nuus op my rekenaar dat ek van Google af, en omdat ek so nu en dan Google, `n bedrag van 400,000 Britse Ponde gegee gaan word net om te verseker dat ek in die toekoms gaan aanhou Google.
    Is julle lus vir een moerse paartie. Bespreek nou plek. Ek gaan die Begrafnissangers kry om musiek te maak by die okasie. Lenings aan uitgesoekte kandidate sal oorweeg word. Stuur naak foto’s vir keuring.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: