As jy wil…

1 Feb

As jy wil voorskryf hoe ek my kinders, in my huis grootmaak, kan jy dalk maar begin bydra tot hul opvoeding, etes en verblyfkostes.

Om ‘n wet te wil skryf wat dit onwettig maak vir kinders om by die huis ‘n pak slae te kry, gaan nie kindermishadeling stopsit nie. Daar is ‘n hemelsbreë verskil tussen ‘n velverdiende hou op die agterent, en kindermishandeling.

Ek het groot geword met pak slae by die huis en by die skool, en dissipline was nie so ‘n probleem as wat dit vandag is nie. Mooi praat en sielkunde werk dalk vir ‘n klein persentasie kinders, maar daar is ‘n groter gros wat ‘n bietjie meer oortuiging as net ‘n skewe woord of ‘n stouthoekie nodig het.

As jy een keer met jou mond gepraat het, en die kind verstaan nou iets is verkeerd, praat jy die tweede keer met jou plathand. Dit is maar net hoe dit is. Daar is bitter min meer irriterend as ouers wat hulle asems mors en oor en oor en oor…..Nee liefie, moenie dit doen nie. Los nou dit uit. Pasop, jy gaan dit breek. Moenie so gil nie….blah blah blah.

Ek het met slae grootgeword, en ek dink ek is heel ok.

20 Responses to “As jy wil…”

  1. Charms Februarie 1, 2012 at 1:13 nm #

    Ek stem 100% met jou saam. Rooikop het slae gekry as daar klaar gepraat was en dit het gewerk. Ekself het ook brandboude gehad wanneer dit nodig was. Hierdie gesmeek dat die bloedjies asseblief tog net nie dit of dat doen nie werk nie vir my nie.

    • demoerin Februarie 2, 2012 at 6:55 vm #

      Net so, hel lewe is te kort om jou tyd so te mors😆

  2. jagternw1976 Februarie 1, 2012 at 2:39 nm #

    Amen. Dit staan selfs in die Bybel geskryf. Pakslae op die regte tyd is nodig. OOK tyd dat ons onderwysers weer die rottang mag gebruik. (Of ‘n pyp, plank, krieket kolf).

    • demoerin Februarie 2, 2012 at 6:56 vm #

      Jinne, dink ek nou weer aan ons hoërskool register onderwyseres. Sjoe, sy kon ‘n lat swaai!

  3. Rustig Februarie 1, 2012 at 4:14 nm #

    IS dit nou weer een of ander kinderlose liberale “dr*l” in die parlement wat Sielkunde in Moskou geswot het wat die wet wil inbring? My opvoeding was praat en boude slaan sommer in een pakket gedoen! het nie van my ‘n sigopaat gemaak nie.

    • demoerin Februarie 2, 2012 at 6:57 vm #

      Een of ander aksiegroep.

  4. Xena Phoenix Februarie 1, 2012 at 4:21 nm #

    Ek wonder altyd wat die definisie is van okay uitdraai.

    Hoe meer ek daaroor dink, hoe minder hou ek van die idee van lyfstraf. Die grap is, diegene wat nie pak gekry het nie, het ook okay uitgedraai. Meer as okay ook. (En hulle het seker dieselfde reg as die pro-pakslae mense om hulle kinders op te voed soos hulle goed dink).

    Ek weet van hoeveel mense wat nog steeds droog sou maak al het hulle voor hulle siel geweet hulle gaan pak kry. Herhaaldelik ook. Mense wat dwelms of drank misbruik, al het hulle daarvoor pak gekry.

    D

    • demoerin Februarie 2, 2012 at 6:53 vm #

      Ek glo dat dit elkeen se reg is om te besluit. Die feit dat ‘n pak-slae lose kind ook ok gaan uitdraai, maak geen verskil aan wat ouers en onderwysers nou moet deurgaan nie.

      My punt is, pak slae gaan nie veroorsaak dat jy minder ok gaan uitdraai nie, maar dit gaan nou help met dissipline.

  5. Xena Phoenix Februarie 1, 2012 at 4:25 nm #

    Ek wil ‘n ander voorbeeld gebruik. Op skool was ons teen die wet geslaan (wat ‘n voorbeeld stel dit in elk geval, onderwyser oortree die wet om die kind te straf wat die reël oortree het – blind leading the blind). Tog die een onderwyser wat ons nie in ons wildste drome teë sou gegaan het nie, het nie ‘n vinger op ons gelê nie. Sy het ons nie juis gestraf nie en sy het ook nie juis geskree nie. Haar klasse was ordelik en sy het geen probleem met dissipline gehad nie. Sy het wel baie mooi gepraat en glo my dit was ‘n gesprek waarna ‘n mens nie uitgesien het nie.

    • demoerin Februarie 2, 2012 at 6:54 vm #

      Ek weet van skole wat nou nog met ouers se toestemming lyfstraf toepas, en ek het nie ‘n probleem daarmee nie.

      • turksvy Februarie 2, 2012 at 9:06 nm #

        Dit klink dalk na ‘n goeie idee, maar in praktyk, veral hoerskool (weet tog nie hoe om die blessitse kolletjies op daai ‘e’ te kry nie!) kry mens ‘n soms ‘n paar sadistiese onderwysers wat nooit onderwysers moes wees nie. Geen manier dat ek ooit sou toelaat dat my kind ‘n ou boelie se slaansak word nie.

  6. Francois Februarie 2, 2012 at 9:52 vm #

    Is waar, ek is ook gefoeter en daar is niks fout met my nie. Wel, wat fout is, is nie agv ‘n hou met ‘n plathand nie….

  7. turksvy Februarie 2, 2012 at 9:02 nm #

    Ek is so anti-lyfstraf as kan kom, maar mens moet elkeen laat doen soos hy goeddink, Ek moet net noem, ek het al ‘n (fris) pa in ‘n mall bygedam omdat hy sy babadogtertjie (regtig nog nie eens 2 nie) met al die krag in daai sterk arm ‘n pakslae gegee het. Dis vir my kindermishandeling en ek sal nie net kan wegkyk en maak of ek dit nie gesien het nie.

    Sterkte, DMI, kinders grootmaak is nie speletjies nie! 😆

  8. aikona Februarie 3, 2012 at 12:48 nm #

    Stem saam met die plat hand metode en tog ….EK leer nou eers ( as ‘n oupa) dat jy eers moet hoor wat ‘n kind sê en dat jy eers na die kind moet kyk hoe hy in mekaar sit voor jy besluit hoe jy hom gaan opvoed.

    bv Kind wil hê ma moet hom help … maar pa help en kind gooi tantrum… tot ma help …hoekom want pa is te rof om die kind se skoene aan te trek en maak die kind eina.As ma dit doen dan is daar geen eina nie.

    Op skool : wel in wiskunde klas het ons elke dag huiswerk gekry en elke dag pak gekry tot die huiswerk reg gedoen is …Na drie maande het niemand pak gekry en almal het matriek geslaag.( Respek )
    Die ander kant : In skeikunde het die ou fossiel gefrustreer geraak met ons en dan links regs gedo….er .(Geen respek nie en ook slegte punte)

    Maak ‘n wet wat die strafbaar maak as jy oordryf punt uit.

    My kinders wat almal uit die huis uit is sê daarom dat ek net voor strafbaar gestop het en hulle is ook nie skaam om te sê dat hulle so nou en dan ‘n pak gekry het nie.

  9. Son Februarie 3, 2012 at 2:19 nm #

    Daar is meriete in elke argument. Party kinders reageer net met lyfstraf, ander reageer met mooipraat, ander met voordele wegvat en so aan. ‘n Ouer behoort genoeg ingestel te wees op sy eie kind om daardie kind te kan ken en te weet wanneer hy watter vorm van straf nodig het. My kinders het pak slae gekry, soms het ek net mooi met hulle gepraat (maar ek praat nie twee keer nie!) en soms het ek hulle glad nie gestraf as hulle van die begin vir my die waarheid oor ‘n oortreding vertel het nie, want ek het hulle geleer dat lieg die ergste ding is wat hulle aan my kan doen. Ek was ook nooit “TE GROOTMENS” om my kinders om verskoning te vra as ek dalk verkeerd was of hulle verkeerdelik gestraf het nie, want ja, dit het ook al gebeur.

    Kinders word nie rebelle of dwelmverslaafdes of kriminele oor pak slae of nie pak slae nie – dit gaan oor respek hê vir hulle ouers, respek hê vir gesagsfigure (wat respek waardig is natuurlik) en ook respek hê vir hulle self.

  10. Toortsie Februarie 4, 2012 at 6:05 nm #

    Ek was nog altyd positief oor op die boudjies wiks as dit regtig nodig is. My seuns het meer wikse gekry as my dogter. Haar wikse kan ek dalk op my een hand tel as dit so baie is. Deesdae wonder ek of ek dalk te kwaai met die seuns was?? Pieter vertel baie graag vir my dat dit nie seer was nie, hulle het net gemaak of dit seer is!
    Wel, al drie het oulik uitgedraai… wikse of te nie.
    Maar in die skool is daar ‘n hele klomp wat GEEN dissipline tuis kry nie en dink hulle is die kat se snorbaard as hulle in ‘n klas vol kinders is…😦

  11. Louwie Februarie 8, 2012 at 6:01 nm #

    Is nie `n maklike storie nie. Ek wil beslis nie vandag `n onderwyser wees nie. Opgevoede ouers ken die perke van straf. Onopgevoede ouers het dalk `n wet nodig wat sê te erg is te erg. Maar wie gaan hulle in die huis monitor?

    • Retha Februarie 11, 2012 at 7:55 nm #

      Louwie, daar stem ek saam: Ek haal my hoed af vir diegene wat in hierdie klimaat, met soveel onopgevoede kinders, kans sien vir onderwys. Pakslae het dinge makliker gemaak, maar ek glo Turksvy ook oor sadistiese onnies.

      Ek sal ook nie wil onderwys gee nie, veral vir tieners. (Snaaks genoeg is ek ‘n ywerige Sondagskool-onnie, maar dis 40 minute ‘n week met ‘n week om voor te berei, en net ‘n handvol kinders.)

  12. Frik Maart 12, 2013 at 2:58 vm #

    Ek is nou 38 en glo n PAKSLAE met die plank met die gaatjies in kan my net goed doen! Enige vrywilligers om my te looi? Kontak:073-399-7932

  13. Gerrie Julie 22, 2014 at 10:52 vm #

    Kom ek se julle julle doen n onreg aan n kind as hy nie n pakslae so nou en dan kry nie.Ek het as kind nooit n pakslae gekry by my pa nie.Hy het al tyd gese jy is nie my kind nie en niks veder nie maar ek het diep bine my gewens hy geem my eder pakslae as daar die woorde want dan sou ek geweet het hy is lief vir my .Nou sit ek met sielkindige probleme Dat ek as groot mens nog steed smag na n pakslae en liefde van n pa.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: