9 dae…

13 Feb

Nee, dis nie ‘n nuwe Deon Meyer waarvan julle nog nie weet nie. Dit is nou 9 dae na my verjaarsdag op 4 Februarie. Verjaarsdae is die ideale geleendheid om so bietjie stock te vat van wie, wat en waar ek is. Partykeer vat die proses ‘n bietjie langer as ‘n dag…. somtyds tot 9 dae.

Ek is geseën om elke dag my lewe met 3 ongelooflike girls te deel. Dit is wonderlik om die daaglikse ontwikkeling en mensword van ‘n baba te kan beleef. ‘n Verjaarsdag is nie ‘n dag om depressief te word omdat jy ‘n jaar ouer geword het nie; dit is ‘n wonderlike teken dat jy nog lewe! Lewe bly ‘n voorreg, dit is nie ‘n reg nie.

Ek het werklik gewonder oor hierdie post, totdat ek gehoor het Whitney Houston is oorlede. Hier was ‘n vrou, geseën met ‘n stem wat onder die heel bestes in geskiedenis sal tel. Gewapen met haar stem, en ‘n ongelooflike vokale range kon sy mense na asem laat snak, en dan weer tot trane stuur. Maar weereens is daar die bewys; sy was maar net mens. Ons moet vrede maak met die feit dat dood my konstante metgesel is – binne ‘n oogwink kan my lewe, in my dood herskryf word.

Dit is wanneer jy besef dat jy ter enige tyd kan sterf, dat jy kan besluit om werklik te begin lewe. Elke dag voluit, sonder enige spyt – solank jy leer uit jou feite. Elke nuwe jaar gegun, gee jou die geleendheid om te streef daarna om ‘n beter mens te word. ‘n Nuwe geleendheid om daardie emmerlysie af te stof en die dinge te doen waaroor jy droom – of al van vergeet het.

Ek glo dit begin alles by liefde. Om eerstens jouself te leer liefhê. Daardie liefde gaan oorvloei en jy gaan dit deel – met jou familie en vriende. Liefde en geluk word nie gemeet in materiële dinge wat jy besit nie, maar in of jy liefhet – en of ander jou liefhet. As ek nou doodneerslaan – Hoe gaan ander my onthou? Dit is om te besef dat jy meer geseënd is as biljoene ander mense op hierdie aardbol. Dit is ‘n besef dat jy moet ophou bekommer oor wat jy nog wil hê, en dat jy dankbaar moet wees vir wat jou beskore is.

En hoe het Whitney my vandag gehelp? Luister na hierdie woorde….dit is waar dit alles begin…

 

9 Responses to “9 dae…”

  1. Plasie Februarie 13, 2012 at 11:34 vm #

    Soos die liewe Elf blogger so lief is om te sê: Punt. Lyn.
    Lekker inskrywing!

  2. Xena Phoenix Februarie 13, 2012 at 12:43 nm #

    Baie geluk met jou verjaarsdag – al is dit nou 9 dae laat.

  3. Son Februarie 13, 2012 at 2:58 nm #

    *Sug* Ek sal jou nou maar vergewe omdat jy OOK oor WH skryf. Ek moet bieg – ek het nie baie van haar musiek gehou nie. Maar oor een ding is jy reg – live like there is no tomorrow!🙂

    • Rustig Februarie 15, 2012 at 10:46 nm #

      Ek moet saam met Son stem. Die tannie se gekerm was vir my net te veel. As sterre eers “prima donnas” word en begin dink hulle het uit hemel neergedaal, dan hou ek sommer nie van hulle nie.

  4. MaanKind Februarie 13, 2012 at 3:54 nm #

    Ek het ook vandag oor Liefde geskryf, kom kyk asseblief

  5. Charms Februarie 14, 2012 at 2:59 nm #

    Baie geluk al is ek 9 dae laat😉

  6. Toortsie Februarie 15, 2012 at 8:08 nm #

    Gaan voluit!! Geluk met ‘n baie mooi inskrywing. en….voor jy weer verjaar…..HAPPY BIRTHDAY!!

  7. Louwie Februarie 24, 2012 at 2:39 nm #

    Geluk met die verjaarsdag. Ja daar is min wat soveel vreugde verskaf as om daardie bodetjie te sien mens word. Moet net nie onder die illusie verkeer dat daardie bondeltjie jou nie op `n tyd op jou tande gaan laat kners nie😀
    Whitney … nee nie `n fan nie, maar steeds tragies.

  8. Toortsie Maart 3, 2012 at 6:08 vm #

    Wat gaan aan?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: