Ek stink darem nog nie….

16 Apr

Glo dit of nie…ek bewandel nog hierdie bolletjie in die sonnestelsel, genaamd Aarde.

Ek is lui. Ek is lui om te skryf….en net so lui om kommentaar te lewer – of selfs ‘n ander inskrywing te lees.

Maar terwyl ek nou hier is, kan ek dalk ‘n paar dinge van my gemoed afkry:

  1. Richard Mdluli is ‘n skelm. Punt.
  2. SANRAL kan in hulle helle invlieg. Enige organisasie wat nie oopkaarte kan speel met belastingbetalers wat verplig gaan word om hulle swaarverdiende geld aan hulle te gee nie, verdien nie ‘n sent nie. Dit is veronderstel on ‘n sogenaamde “Demokrasie” te wees – nie ‘n Drakoniese Diktatorskap nie.
  3. Ek gee nie om om die president 2, 5 , 10 of 100 vroue het nie. Dit pla my ook nie dat hy vir sy eie troue betaal nie – wat my pla is die onderhoud van al daardie vroue wat uit die staatskis uitkom.
  4. Die Julius saga moet nou einde kry..hel. Genoeg is flippen genoeg.
  5. Ek gee ook nie om wat die CEO van Nedbank die Government genoem het nie. Die oor-en-weer moddergooiery is soos ‘n kleuterskool-barney oor wie volgende op die swaai gaan ry. Wie-de-moer-gee-om?
  6. Nati Mtetwa is ‘n skelm. Punt.
  7. Ek verstaan ook nie waarom Staatsdiens indiensnemingsreëls anders is (of bietjie gesugarcoat), as wat die Arbeidswet toelaat nie. Die arbeidswet sê dat as jy enigiets doen wat die vertrouensverhouding tussen jou en werknemer skend, soos steel of bedrog pleeg, word jy summier afgedank. Nie skuif eers by begin verby en kollekteer twee jaar se salaris gedurende een of ander ondersoek (wat nooit gebeur nie) nie. Dit is verregaande!
  8. Het julle al ooit ‘n nuusberig soos Dikgang op SABC 2 gekyk? Hoekom gil die ou die nuus uit?
  9. Die parastatels soos Transnet en SAL en die flippen SABC vreet belastinggeld soos wat die koekiemonster, wel koekies verorber. Hulle jaag kak aan sover hul gaan, en moet dan elke jaar bakhand voor die Minister van Finansies staan. Waar de bliksem dink Transnet gaan hulle R100 miljard kry om te belê in ‘n tweede hawe vir Durban? Nee man mense.\
  10. En net vir ingeval die Goewerment van Suid-Afrika dit nie geweet het nie…..ons het NIE ‘n geldboom in ons agterplase nie. Jy kan nie aanhou nuwe maniere van belasting vorder uitdink nie. Die mense wat wel hul belasting betaal, het net soveel geld. Jy kan nie water uit ‘n klip tap nie. Word Wakker Bliksems!

Sjoe…dit werk om te vent. Ek kan rapporteer dat dit goed gaan op die “homefront”, ek het wel ekstra gryshare as gevolg van ‘n rabbedoe genaamd Lisa.

 

Advertisements

4 Responses to “Ek stink darem nog nie….”

  1. Xena Phoenix April 16, 2012 at 2:50 nm #

    Ag cutie pie. Lisa nou – nie Demoerin nie. 😉

    Ek stem saam met jou stellings. Genugtig, hoeveel kan ‘n mens nog gee en dit hou net nie op nie. As al die dooie hout weggesnoei word, sal daar aansienlik minder belasting benodig word.

    Hoekom met ‘n normale man sy hele gesin uit sy inkomste onderhou, maar die presidents vroue kry elkeen ‘n eie toelaag uit staatskoffers? Terwyl veelwywery onwettig is?

  2. Son April 16, 2012 at 4:16 nm #

    Jinne, maar sy het groot geword! En sy is pragtig! Ag fok jong, ek het nie meer raad met ons regering nie – sien my ondervinding net met ‘n donnerse bus! O ja, en moenie weer so lank wegraak nie, jy maak ons demoerin! 😆

  3. jagternw1976 April 17, 2012 at 12:34 nm #

    Ja swaer. Dis swaar ou swaer. Fokken houtkoppe. Punt.

  4. Krista April 18, 2012 at 6:46 vm #

    Sy’s te cute vir woorde!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: