Skokkende Skaamte

19 Apr

Dit is ‘n dag nadat die storie die land begin aangryp het. Ek is nog steeds geskok. Ek kry skaam.

Wat is fout met die samelewing, dat ‘n groep van 7 jong mans, nee, diere op ‘n ligtelike wyse ‘n jong verstandelik gestremde meisie kan verkrag. So asof hulle besig was om ‘n sokkerbal rond te skop, of besig is om albasters te speel. Daar is iets groot fout, en hierdie daad ontstel my geweldig. Ek het twee dogters in die huis.

Nog meer skokkend is dat hierdie groepsverkragting op video vasgelê is, en toe versprei is. Jinne mense, nie net is dit verkragting nie, maar ook kinderpornografie! Dit is onwettig.

En net om ‘n kersie op die koek te plaas, is daar mense wat navraag doen na die link waar hulle die video kan sien! Is julle fokken siek in julle koppe?

Daardie sewe jong bliksems kan hulle stêrre dank dt een van hulle nie my seun is nie. Ek sou hom heel moontlik doodgebliksem het. Dit bring ons net weer terug na ouerskap.

Wat is die voorbeeld wat Pa in die huis aan sy seun gee? Hoe behandel hy die Ma in die huis? As jy ander met respek behandel gaan jou kinders dit by jou leer – en die omgekeerde is ook waar. Ons kan dit verder vat – Is die voorbeeld wat Ma stel dat jy dit maar moet vat en stilbly? Dieselfde geld vir die voorbeeld gestel deur onderwysers. Liewe ouer, weet jou kind van gevolge? Weet hulle dat as hulle iets teen die reëls doen, hulle verantwoordelikheid moet neem – en dan gestraf gaan word?

Waar is die era toe kinders skaam-skaam “kissing-touchers” gespeel het, en nie met seks geeksperimenteer het nie? Waar is die tyd toe dogters skaam gekry het as hulle nog op skool is, en skielik verwagtend is? Gedurende laasjaar het ek na ‘n radioprogram geluister waar ‘n tienermeisie ingebel het, en die skielike toename van tienerswangerskappe so verduidelik het: Dis soos ‘n goue medalje wat jy met eer ronddra om vir almal te wees dat jou boyfriend vir jou lief is! Jinne, ek is 37 jaar oud, en al lankal deur skool en varsity. Ek het ‘n vaste werk – en twee kinders in die huis – en ja, partykeer wek ouerskap nog steeds ‘n oorweldigende vrees in my!

Behalwe vir die swak opvoeding en morele ondersteuning in ons huise en skole, word hierdie kinders ook groot in ‘n land waar wat gepreek word en wat gedoen word nie altyd ooreenstem nie. Moenie steel nie! Moenie bedrog pleeg nie! Ons hoor dit elke dag vanuit die monde van die President regdeur die Kabinet….en onder uit by Julius. Maar dit is nie die voorbeeld wanneer daad by die woord gevoeg moet word nie. Die voorbeeld wat gestel word is jy kan maar doen wat jy wil, want as jy uitgevang word gaan jy vir twee jaar by die huis sit en ‘n volle salaris verdien, terwyl ons wag vir ‘n pos om oop te gaan en jy aangestel kan word by ‘n ambasade in die buiteland. So nie net steel jy nie. Nie net kry jy twee jaar salaris vir boggerol doen nie….jy word daarna nog op ‘n oorseese vakansie gestuur, ten volle betaal en met ‘n salaris!

Ek is geskok. My huisie word tot in sy fondamente geskud. Vir hulle was dit ligtelike pret. Ek kry skaam.

15 Responses to “Skokkende Skaamte”

  1. Plasie April 19, 2012 at 8:46 vm #

    Enige iemand wat nie deur hierdie storie tot in sy/haar fondamente geruk is nie het ernstig hulp nodig. Then it gets worse . . .

    1. Hierdie meisie se saak is een van ongeveer 180 verkragting sake wat op die dag sou aangemeld gewees het. Konserwatiewe beramings dui daarop dat daar ongeveer 910 verkragtings op dieselfde dag sou plaasgevind het

    2. Die ma wat veronderstel was om hierdie meisie se primêre versorger te wees is nie te bekommerd nie. Haar dogter is weg en sy het nie eers die moeite gedoen om dit aan te meld nie.

    3. Die president wat die voorbeeld moet stel is te besig om sy eie verkragtings aantuigings te dodge en sy 4de troue te beplan om homself te steur aan kwessies soos die boodskap oor moraliteit wat hy stuur

    4. Die onderwysdepartement wat veronderstel is om onder andere lewensvaardighede aan die kinders te leer. Regtig? Onderwysdepartement moet kinders help toerus vir die uitdagings wat voorlê? Nie hulle probleem nie seg hulle.

    5. Departement van kommunikasie wat behoort anti verkragtings boodskappe, menseregte en die rol van mans op elke oop stukkie billboard te pleister. Missing in action

    6. Departement van Vroue, kinders en mense met gebreke? Te besig om nog ‘n gender equality Bill op te stel wat bloot bestaande wetgewing dupliseer sodat hulle kan verseker dat die buitelandse toegifte bly inrol.

    7. Polisie? Agter in die bakkie besig om sy num-num van ‘n prostituut te ontvang.

    8. Ooggetuie beskerming? Jammer, ons het nie plek nie. Die uitverkorenes en hulle families bly in die safe houses

    9. Gesondheidsorg. Traumaberading? Moenie my laat lag nie

    Dus, synde dat dit niemand se verantwoordelik is nie het die meisie seker maar daarvoor gesoek. Net soos die 900 vroue gister en die 3 vroue wat verkrag is in die tyd wat dit my geneem het om hierdie kommentaar te tik.

    Are we terrified yet?

    • demoerin April 19, 2012 at 2:32 nm #

      Uitstekende opsomming van ‘n moerse gemors.

  2. Rustig April 19, 2012 at 12:12 nm #

    Plasie jy som die hele ding mooi op. Tye en gedrag soos die wat ek spyt is die doodstraf is nie meer daar nie. Selfs vir “minderjarige”. Ek kan my indink hoe die liberale vryedenkers weer sal voorspraak maak dat die skuldiges berading moet kry.
    Die land word net al hoe meer barbaars.

    • demoerin April 19, 2012 at 2:33 nm #

      Yip..mens hoor nie so baie van menseregte nie..maar baie van die regte van gevangenis. Dis sommer strooi.

  3. Son April 19, 2012 at 1:48 nm #

    Ek bepleit al lankal dat die doodstraf teruggebring moet word. Ek het net mooi BOGGEROL geduld met menseregte vir misdadigers wat hulle nie een snars gesteur het aan ‘n ander mens se regte nie. Maak die fokkers dood. Gee hulle vir die publiek om met klippe dood te gooi op die dorpspleine. hang hulle in di eopenbaar. Ja, ek is bleoddorstig, maar dis nie mense daai nie, dis nie eers diere nie – jy beledig diere om hulle met diere te vergelyk. Dis misbaksels wat nooit die aangesig van die daglig moes aanskou het nie! Maak van hulle voorbeelde. Want die Here hoor my, dis AL wat gaan help in hierdie misdaadbesmette land van ons. Niemand is meer bang of het respek vir die gereg nie – dit het tyd geword dat mense weer paslik bang en respekvol word vir gesag!

    • demoerin April 19, 2012 at 2:31 nm #

      My apologie aan die diere.

    • demoerin April 19, 2012 at 2:34 nm #

      O, en soos hierbo gesê – ek stem saam oor daai regte ding. Hulle kry die beste behadeling en bly en eet ook nog verniet..met MY taxgeld!

  4. Xena Phoenix April 19, 2012 at 2:56 nm #

    Ek het nogal gegrinnik gister met die LUR wat wil hê dat hulle tronk toe moet gaan tot die mure in mekaar val.

    Ek kan nie verstaan hoe iemand so iets kan kyk of aanstuur nie. Dit is siek.

  5. kopbeen April 19, 2012 at 4:47 nm #

    Mense wat vra vir link waar hulle daai video kan kyk, moet sommer saam met daai verkragters in die tronk loop vrot.

  6. turksvy April 19, 2012 at 5:01 nm #

    Die ‘moral fibre’ van ons gemeenskap het gedisintegreer. 😦

  7. jagternw1976 April 20, 2012 at 10:23 vm #

    reffaK en sy snoobaB

  8. murphy April 21, 2012 at 3:06 nm #

    Dele van ons samelewing is moreel bankrot. Hulle jag soos wolwe. Ek sien dit gereeld in die hofsake waaroor ek berig.

  9. Toorts April 23, 2012 at 3:59 nm #

    :sug: :bekommerd: …. ek het ook ‘n dogter…

  10. Monique April 23, 2012 at 5:24 nm #

    In reply op die voorbeeld wat onderwysers stel en kinders (skool) wat swanger raak – het julle gehoor dat skoolmeisies wat swanger raak nou selfs “kraamverlof” kry? Kon dit nie glo toe ek dit hoor nou die dag nie!

Trackbacks/Pingbacks

  1. Blog-ontploffing « Kouevuur - April 20, 2012

    […] Demoerin – wat eintlik ‘n de-lief-in outjie is […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: