Vrot Appels

9 May

Nommer 1:

Ek word afgetrek deur ‘n sizable Metro dame wat agter bome wegkruip en bestuurders in Peter Place uitvang op hul selfone. Ek was nie op my selfoon nie. Ek gee my lisensie vir inspeksie. Sy vra hoekom praat ek op my foon terwyl ek bestuur. Ek sê ek het nie. Sy sê sy het my gesien. Ek sê onmoontlik want ek het nie. Sy sê sy het. Ek sê ek kan op albei my fone bewys wanneer die laaste oproepe gemaak of ontvang is – en in elk geval het my kar bluetooth. Sy kyk na my met daai ” Ek wonder of hy vir my genoeg gaan gee vir ‘n Streetwise Two…of ‘n hele Bucket”. Ek sê toe – gaan haal jou boek en skryf die kaartjie, ek sien jou maatjie is klaar met die ander kar, roep hom ook. Dan skryf jy daar onder op die kaartjie dat jy my ‘n leuenaar noem, al kan ek bewys ek was nie op die foon nie. Dan teken julle sommer altwee daarby. Sy wil weet of ek dink ek is snaaks. Ek wys uit dat snaaks sal wees, en as hulle wil, sal ek sommer ‘n kiekie van die twee van hulle saam ook neem. Haar antwoord: “Du Toit, one day I will catch you” Ek vra toe vir wat, en as sy mooi kyk op my lisensie is my naam Ewart, my van is Du Toit. So noem my Ewart of Mr. Du Toit. Sy draai om en loop weg want sy het besef haar lunchmoney gaan nie uit my beursie uitkom nie – en net om seker te maak sy verstaan dit, noem ek dit ook vir haar.

Nommer 2:

‘n Dame wat in Pretoria bly land op Lanseria lughawe van Kaapstad af. Omdat dit laat in die aand is, en die rit vêr, tel haar broer haar op. Op die N14 noem hy aan haar dat hierdie een kar heeltyd op sy Taz se gat sit. Hy beweeg oor in die hoop dat die kar sal verbygaan. Snaaks, merk hy dit is ‘n polisie vangwa. Die vangwa gooi sy blou-ligte aan, en hulle trek maar af. In nabetragting dalk ‘n baie goeie ding.

Pistool word op hom gerig en beveel om uit die kar te klim en hande op dak te sit. Pistool word teen sy kop gehou. Intussen het nog vangwaens gearriveer en daar is nou tussen 15 en 20 polisie beamptes. Sy word ook beveel om uit te klim en haar hande op die dak te plaas. ‘n R5 geweer word op haar gehou. Die kar word deursoek van hoek tot kant, asook die kattebak. Haar bagasie word op die N14 gestrooi in hul soektog na iets.

Die volgende oomblik sê die een aan ‘n ander dit is die verkeerde Taz. Hulle klim in die karre en ry weg. Nie ‘n jammer, of laat ek jou help jou goed bymekaarmaak. Of sorry, ons is op soek na twee reeksmoordenaars wat ‘n Taz ry  – kan ons trauma berading reël nie. Niks. Fokkoli. Verdwyn in die nag asof hulle nooit daar was nie.

Daar is ‘n paar vrot appels wat die hele mandjie vrot maak. Dit is maar hoe dit werk. Dit veroorsaak dat mens ongelukkig nie die goed raaksien nie – want hulle word met dieselfde kwas as die vrottes geverf. Dit is die probleem met die metro en polisie in Suid-Afrika. Ek, as gewone burger, weet nie watter van die appels vertrou kan word – en watter vrot is nie. Hoe kan mens die klase vertrou, as die base nie eers kan roem op ‘n feit dat hulle ‘n greintjie integriteit het nie.

5 Responses to “Vrot Appels”

  1. Xena Phoenix Mei 9, 2012 at 12:52 nm #

    Ek sal graag die goeie appels wil ontmoet.

    Nou die dag bel ‘n vriendin my en vra om saam met haar polisiestasie toe te gaan. Dit is iemand wat niks daarvan dink om in die aande uit te gaan en alleen rond te ry nie. Maar sy is te bang om alleen ‘n diefstal by die polisie aan te gaan meld.

    Die publiek is bang vir die wat hulle moet beskerm. Dit is hartseer.

  2. Son Mei 9, 2012 at 2:51 nm #

    Dis absurd. En hartseer, want niemand behoort so te lewe nie. Ons maak nie genoeg geraas nie. Ons sal MOET baklei teen die vrot appels, op een of ander manier, anders gaan dit NOOIT beter word nie.

  3. Toortsie Mei 11, 2012 at 10:29 vm #

    Een aand (Saterdagaand) is hier ‘n bakleiery onder ons werkers. Ons bel die polisie. Ek dink nie hulle het al opgedaag nie.
    Toevallig het daar in daardie selfde tyd ‘n nuwe persoon by ons begin werk op die ander plaas. Die plaasbestuurder daar kry toe sy ID, wat met ‘n lang proses by my uitkom, ek maak ‘n afskrif daarvan, doen aansoek vir ‘n bankkaart, stuur die ID terug. Dit was die Donderdag. Oor die naweek kry hy toe stry met die bestuurder of hy daag nie op nie of wat ook al, en bedank. Wil dadelik sy ID hê wat in my besit is. Ek het op daardie stadium Woensdae dorp toe gegaan en het gesê ek sal dit Woensdag saambring dorp toe. Die volgende lui die telefoon. Die Polisie, want daar is ‘n klag dat ek nie die ou se ID wil teruggee nie. Ek sê dat ek Woensdag dorp toe kom, en dit sal saambring. Nee, sal u omgee as ons dit nou kom haal. (Dit was Dinsdag) Nee glad nie, maar regtig, ek kom more dorp toe. Die volgende toe stop die polisiebakkie voor my deur met groot getoet op die toeter. (50 km!! uit die dorp uit). Ek dink hulle kon hulle ore die volgende 2 weke nie skoon kry na ek met hulle klaar was nie.

    • demoerin Mei 11, 2012 at 10:40 vm #

      Yip….’n nare, baie hartseer werklikheid.

  4. Louwie Mei 12, 2012 at 9:45 nm #

    Is nag daar buite, al skyn die son oor ons bebeloede land.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: