Schlong in die gras….

18 May

Brett Murray maak satiriese kunswerke. Een van hierdie werke het nou ‘n storm van epiese proporsies in die ANC se teekoppie veroorsaak. Die werk genaamd “The Spear” in die Goodman Gallery is blykbaar ‘n kunswerk van ons President Zuma, in ‘n klassieke Lenin uitbeelding..met een verskil…sy Presidensiële Juwele hang by sy gulp uit.

Al wat die ANC met hulle groot hoeha veroorsaak – is dat ‘n man met die naam Brett Murray wat tot gister nog onbekend was, nou wêreldberoemd gaan wees.

Nou, ek is taamlik seker dat Brett Murray nog nooit die hoogedele Jacob in sy ademsgewaad aanskou het nie, en hy dus sy vrye artistiese lisensie hier ingespan het. Ek dink die ANC sou rede gehad het vir ‘n galbraaksessie as die spies..wel ‘n kopspeld was.

Maar siende dat Murray bekend is vir sy tong-in-die-kies werke…wonder ek nou net, veral aangesien daar geen direkte verwysing na Zuma is nie…lyk “The Spear” nie meer na Vavi nie?

3 Responses to “Schlong in die gras….”

  1. Rustig Mei 18, 2012 at 11:45 vm #

    “the spear of destiny” of is dalk die “wortel van onheil” dit is wat ek die skildery sou genoem het. Die ANC dink hulle is verhewe bo almal en alles. ‘n Facisistiese denke as jy my vra. Hier in Europa doen hulle ook soms dinge waar leiers en politici bespot word en niemand kla vreeslik nie.
    Ek twyfel of die ANC weet hoe die wêreld vir Zuma lag en hoe hy die land in ‘n sirkus verander met sy troues.

  2. Son Mei 18, 2012 at 12:41 nm #

    😆 Ek het nou lekker gelag. Murray doen die een wat hy geskilder het nogal eer aan met daai spies😯

  3. Toortsie Mei 23, 2012 at 9:34 nm #

    En nou’s dit blykbaar toegeverf?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: