Basiese Onderwys (Beginsels)

28 Jun

Miskien kan die geagte Angie begin met haar Basiese Onderwys, deur ‘n voorbeeld aan die laerskool kinders te stel. Moenie lieg nie. Jy gaan uitgevang word!

Dis die tweede keer in twee weke wat ons ‘n blatante leuen uit die departement uitkry….eers oor die ou wat verantwoordelik was vir die groot Limpopo gemors wat kastig afgedank was, en nou weer dat die boeke in tyd teen middernag gisteraand by al die skole afgelewer is.

As dit nie afgelewer is nie – kan jy nie sommer sê dit is nie. Ek weet nie waar hierdie kultuur van blatant en openlik in mense se gesigte lieg vandaan kom nie. ‘n Program vir leerlinge om op te vang beteken nie dat jy hulle kan aanraai om gedurende die wintervakansie deur die boeke te werk nie.

Ek dink dit is tyd dat die uwe minister haar dik lyf uit die gemaklike stoel by die ANC konferensie lig, en Limpopo toe gaan en die gemors gaan uitsorteer!

Ek is seker iewers in Limpopo sal jy ook ‘n free lunch kan kry.

7 Responses to “Basiese Onderwys (Beginsels)”

  1. murphy Junie 28, 2012 at 12:43 nm #

    Dis mos nou dieselfde agbare minister wat kinders, so klein as 5 jaar oud, kilometers deur die koue laat skool toe loop terwyl sy in haar merc werk toe ry elke dag. Die staat het nie die buskontraktewurs betaal nie, en ook nie die kontrakte hernu nie.

    http://dieburger-cms.touchlab.co.za/article/Details/11913
    http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/10-maande-skool-onder-n-boom-20120209

    ad infinitum…

  2. Rustig Junie 28, 2012 at 1:03 nm #

    Ek stel voor die “misnister” gaan eers self weer terug na Graad 1! Ek dink dat leuens en oneerlik wees regtig nie deel is van hulle denkwyse nie en hulle oor goeie vermoë het om alles te kan regverdig.
    More stem ons maar weer vir hulle!

  3. Louwie Junie 29, 2012 at 7:22 nm #

    Is die wit mans se skuld. Ek weet nie hoe nie, maar dit is. Zuma het dit vir sy mense so gesê, en hy lieg nooit.😯

  4. Son Julie 1, 2012 at 10:12 vm #

    Is mos eintlik Verwoerd se skuld dat die skole nou nog nie boeke het nie. Onthou jy nou weer?😈

  5. Rustig Julie 1, 2012 at 12:09 nm #

    Wil nie lelik wees nie maar het vandag foto van haar gesien in Rapport en met so ‘n gesiggie sal sy al wat kind is nagmerries gee!

  6. las artes Julie 7, 2012 at 3:24 nm #

    My pa het elke jaar iets vir ons geskryf en elke begin letter van ‘n sin van bo na onder jou naam uitgespel.

  7. silver price Julie 22, 2012 at 12:18 nm #

    Miskien kan die geagte Angie begin met haar Basiese Onderwys, deur ‘n voorbeeld aan die laerskool kinders te stel. Moenie lieg nie. Jy gaan uitgevang word!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: