Klink ‘n glasie op Inspirasie!

4 Jul

Wel Gedaan!

Oscar Pistorius is ingesluit in die Suid-Afrikaanse Olimpiese Span vir die 2012 Olimpiese spele, en sal in die 400m sowel as die 4x400m aflos deelneem.

Hoekom kan atlete soos Oscar nie meer kere as kinders se “heroes” gesien word nie? Is daar ‘n popster, akteur of politikus wat mens meer kan inspireer?

Ek sal veel eerder wil hê my kinders moet inspirasie kry van ‘n persoon soos Oscar, as ‘n Lady Gaga of Justin Bieber. Is daar beter voorbeelde van drome wat waar word? Of dat harde werk en deursettingsvermoë die leer is wat tot by jou stêrre ryk?

Nog meer – wat ‘n ongelooflike les is dit nie, dat daar mense met gebreke en amputasies is, wat sonder om in ‘n hoekie te gaan sit en glo die wêreld het hulle ‘n “raw deal” gegee, steeds uitgaan en hulle drome bewaarheid. Natalie du Toit is nog ‘n voorbeeld.

Wat maak die blinkgepoetsde sangers en akteurs ‘n beter keuse as voorbeeld vir jou kinders?

6 Responses to “Klink ‘n glasie op Inspirasie!”

  1. Bileam se Donkie Julie 4, 2012 at 5:19 nm #

    Groot waarheid, ek stem saam met jou oor Oscar- dit is soveel beter rolmodel as die Squeeker…

  2. search engine marketing Julie 6, 2012 at 6:38 nm #

    Maar jy sien Here, daar kan onmoontlik, maar totaal en al nie rede, sin, intelligente ontwerp en plan wees in ‘n sterwende kind se hongerpyne nie. Want jy sien, ek ken die biologie van sterf aan die honger, dan brand ek eerder dood of ek verdrink. Hierdie pyn is vreeslik.

  3. Son Julie 10, 2012 at 4:03 nm #

    Dis hoekom ek ‘n klein ineenstorting kry as die Amy Whinehouse’e en dies meer so vereer word wanneer hulle dood is. Daar is niks opbouends aan dwelmslawe, owerspelers, vuisslaners en dies meer nie, al is hulle hoe bekend, beroemd of ryk! Dit gaan maar weereens oor waardes.

  4. Vloi Julie 11, 2012 at 10:06 vm #

    Media Propaganda en ouers wat nie vir hulle kinders leer wat ‘n hero nou eintlik is nie maak dat die Biebers en Gaga’s aangehang word.

    Iemand aansienlik slimmer as ek het gesê : sien die persoon nie die gebrek nie. Oscar, Natalie en soveel ander wat nie die voorblaaie haal nie, sien nie hulle ‘gebrek’ nie. Ek sien Oscar en dat hy weer en weer en weer en weer en WEER probeer – sonder ophou – tot hy sy droom verwesenlik het. Reken die les is soveel groter as iemand wat sy ‘gebrek’ miskyk…

  5. Louwie Julie 11, 2012 at 8:38 nm #

    Maar vandag gaan dit oor geld en al die bling wat dit meebring. Dis wat ons die kinders leer. Alles moet maklik en gou kom. Vasbyt is vir loosers.
    Wys hulle Oscar!!!

  6. gold price Julie 29, 2012 at 1:01 nm #

    Nog meer – wat ‘n ongelooflike les is dit nie, dat daar mense met gebreke en amputasies is, wat sonder om in ‘n hoekie te gaan sit en glo die wêreld het hulle ‘n “raw deal” gegee, steeds uitgaan en hulle drome bewaarheid. Natalie du Toit is nog ‘n voorbeeld.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: