Uit die as….

12 Jul

Gedurende die middel van die dekade-lange burgeroorlog in Sierra Leone, is ‘n babadogtertjie gebore. Haar ouers het haar Michaela genoem. Op 3 jarige ouderdom is haar Pa deur die rebelle vermoor. ‘n Week later is haar Ma dood van honger. Sierra Leone gedurende die middel tot laat 90’s was nie ‘n gelukkige plek om te wees vir ‘n klein dogtertjie nie. Haar Oom het haar by die kinderhuis gaan aflaai. Michaela se naam was Nommer 27 – die kinders se name het voorgespruit uit hul rang. Die rang bepaal deur hoeveel daar van hulle gehou is. Michaela was onder aan die rangleer want sy het ‘n velsiekte gehad wat wit vlekke op haar gesig en nek gemaak het, en sy was ‘n bietjie rebels. Haar beste maatjie was Nommer 26, Mia – hulle het nie van haar gehou nie omdat sy linkshandig was. Michaela en Mia het ‘n grasmatjie as bed gedeel in die aande.

Gedurende hul ongelukkige tyd in die kinderhuis het Mia en Michaela boesemvriende geword, en tussen al die geweld deur wat hulle gesien het, het hulle ontvlugting in hulle vriendskap gevind. Hulle het eendag gesien hoe die rebelle hulle verwagtende onderwyseres se maag oopsny omdat hulle weddenskappe gemaak  het op die feit of die baba ‘n seuntjie of dogtertjie sou wees. Nadat hulle die baba eenkant toe gegooi het, het hulle die onderwyseres se arms afgekap en haar daar gelos om dood te bloei. Eendag het daar ‘n tydskrif teen die heining vasgewaai. Op die voorblad was ‘n ballerina, en Michaela was verbaas dat ‘n persoon so gelukkig kan lyk. Sy het die voorblad afgeskeur, en dit onder haar kleure weggesteek. Michaela het net daar besluit dat sy ook eendag so gelukkig gaan wees.

‘n Familie uit New Jersey in Amerika het eendag opgedaag om Mia aan te neem, en toe hulle hoor dat Michaela moontlik nooit aangeneem sal word nie, het hulle haar toe aangeneem. Michaela het haar drome van geluk, en haar voorbladfoto van die ballerina met haar aangenome Ma gedeel, en sy is kort daarna by ‘n balletskool ingeskryf. Michaela het ekstra hard gewerk. Ekstra hard geoefen. Iets wat sy moes doen, want al het sy die burgeroorlog in Sierra Leone oorleef, het sy nou ‘n nuwe oorlog gehad om in te baklei …. rassisme in die balletkringe. Daar word gesien dat die swart dansers nie die klassieke lyne van ‘n ballerina het nie.

Michaela Deprince het egter met haar familie se ondersteuning, en baie harde werk bewys dat jy jou drome kan bewaarheid. Micheala is nou die gelukkige ballerina op die uitgeskeurde foto.

Vir solank as wat ons opbou na die Olimpiese Spele – gaan ek werklik soek na stories wat die hart warm maak. Vir die volgende maand gaan ek nie moan en groan nie…ek gaan inspirasie uitdeel!

8 Responses to “Uit die as….”

  1. Phibbie Julie 12, 2012 at 9:37 vm #

    WOW wat ‘n inspirasie!

  2. MaanKind Julie 12, 2012 at 10:28 vm #

    NAAAAIS!!!

  3. Bileam se Donkie Julie 13, 2012 at 9:34 vm #

    Dit was nou regtig ‘n stuk inspirasie vir die dag, baie dankie DMI!

  4. Son Julie 13, 2012 at 5:08 nm #

    Dankie DMI – dis so ‘n inspirerende storie!

  5. murphy Julie 13, 2012 at 5:41 nm #

    Sjoe.

  6. Sanmari Julie 14, 2012 at 6:57 nm #

    Wow, dis ongelooflik! Dankie dat jy dit deel. Wat ‘n stunning foto!!

  7. Toortsie Julie 21, 2012 at 8:33 vm #

    Wat ‘n inspirasie!!

  8. offshore bank account Augustus 2, 2012 at 12:24 vm #

    Now Michaela’s the one inspiring young Africans: She escaped war and suffers a skin pigmentation disorder that had her labeled “the devil’s child” at the orphanage. She’s an African dancer in the world of ballet that sees few leading black females. She was adopted and raised to become a ballerina in the U.S. — a country where she believed everyone walked around on tippy toes.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: