Woordspel….Sonoffer

19 Jul

Vir Son …..

Sonoffer

Winter, O seisoen Delila

Wat listig die oë agter glas;

Verraai met beloftes van

Hitte, sonskyn; wat Somer was!

Winter, O seisoen Delila

Wat slinks die oë agter glas;

Verblind vir geraamte bome

En die vaal, doodgerypte gras!

Winter, O seisoen Delila

Wat skelm die oë agter glas;

Wil breinspoel van gedagtes

Van hoe my geliefde Somer was.

Winter, Delila, Winter

Hoor jy al die donder knal?

Met klip sal ek ‘n altaar bou;

In jou ysig’ strik sal ek nie val!

Ek sal ‘n warm vuur laat brand;

Offer die serp en jas en mus!

Kom terug o warm Somerson;

Kom les my smagtend’ hittelus.

6 Responses to “Woordspel….Sonoffer”

  1. boerinballingskap Julie 19, 2012 at 10:53 vm #

    Miskien laat hierdie Son so bietjie “warmer” voel.😉 Goed gedoen!

  2. Son Julie 19, 2012 at 2:32 nm #

    😆 Baie baie dankies!!! Dis vreeslik mooi en maak my sommer warm😉

    • Toortsie Julie 21, 2012 at 8:27 vm #

      Son, ek het gister so baie aan jou gedink. En verstaan. Toe ek en my dogter ‘n hele kar moes aflaai op daardie Stellenbosch, in gietende reën. Sopnat. Deurnat. Druipnat. Haar koshuis werk so dat jy aan die agterkant stilhou, so jy loop elke keer OM die koshuis. Ja, Son, ek het regtig verstaan. toemaar, die somer is nie meer ver nie.🙂

      • Kameel Julie 24, 2012 at 9:00 vm #

        Ag toggie…. dit is nou so mooi… sit musiek by dit, en jy het ‘n lied!!!

  3. gold price Augustus 11, 2012 at 4:08 nm #

    Nou ja, die week het demoerin weer heelwat uit die blogosfeer…en die nuus geleer.

Trackbacks/Pingbacks

  1. WEW op ‘n koue, nat Vrydag « Kouevuur - Julie 20, 2012

    […] Demoerin (hy het vir ons wintersiele ‘n gedig geskryf – dankie DMI!) het altyd sulke WEW inskrywings gemaak. WEW = Waaroor Ek Wonder. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: