Woordspel….Noodlot (Waarskuwing: Taal)

27 Jul

NOODLOT

“Hoe beland ek altyd kop-oor- stert in die kak?” top Pieter.
Die somerson se weerkaatsing van die swembad af verblind hom. Sweet straal langs sy slape af. Met skrefies-oë probeer hy fokus op die figuur op die houtdek in die oorgrootte sonstoel. Druppels pêrel op sy voorkop. Sy handpalms is sopnat. Sy hart is op gallop. Hy is in groot moeilikheid. Geen mens durf swaarde kruis met André Wagenaar nie. Nie tensy jy jou kniekoppe en vingers lief het nie. Bliksem.

Dit is stil, behalwe vir die geplas van die figuur wat in die water verbyswem. Jy wag seker totdat daar met jou gepraat word hier. Die oudste trick in die boek as dit by ondervraging kom. Bliksem.

Die lenige figuur in ‘n goudblink bikini klim grasieus by die swembadtrappie uit. Sy buk vooroor en soen vir André Wagenaar. “Middag Pa”. Die son skuif langsaam agter ‘n enorme palmboom in. Pieter se oë begin fokus, en skielik raak sy knieë lam.

Die kweperlat lyf in die bikini. Die nat, gitswart hare en granaat lippe. Pieter het visies van die vorige aand. Moer. Donner. Dis die lyf wat hy gisteraand gespyker het vir olimpiese goud. “Hel, ek beter nie nou ‘n tent opslaan nie”, bepeins hy “anders is my voël teen vanmiddag in ‘n bottletjie formalien op Wagenaar se lessenaar.” Fok. ‘n Wavrag stront is nou net bygegooi, en Pieter voel hoe hy dieper sink.

Pieter haal diep asem en kyk vir die eerste keer vir André Wagenaar in die oë. Hy probeer dink aan ‘n kort en kragtige, tog ware en eervolle opsomming. Kort en dik. Hard en aanhoudend deur ‘n windmeul gebliksem. Dit is die beste wat hy kan doen. Dit is ongelooflik dat hierdie komiese lyf op die enorme stoel aan die stuur is van alles wat buitekant die g reg in Johannesburg gebeur. Ongefokkenlooflik. Hy het al gehoor dat as ‘n gesteelde ketel op die hoek verkoop word vir tik-geld, ‘n persentasie in André se gatsak beland. ‘n Vinger in elke pie. Sy oë dwaal weer onwillekeurig na die godin wat langs haar Pa staan. Sy glimlag uitloklik. Fok.

Met ‘n knik in die rigting van een van sy lyfwagte, word ‘n stoel vir Pieter nader geskuif. Ook maar net betyds want daardie een glimlag het hom katools laat bloos van kop-tot-kop, en hy kan voel hoe die bloedvloei ‘n eenrigtingstraat ingaan.

‘n Whiskey-op-ys in ‘n kristalglas word voor hom neergesit. “So Pieter; vertel my alles. Begin by die begin. Ek soek elke stukkie waarheid van die dag toe jy op die aktetas gepis het ….tot waar jy nou hier met ‘n boner voor my sit en ogies maak vir my dogter.”

Pieter bloos weer. Hy besef dat nou nie die tyd vir verskonings maak is nie. Dit flits ook vlugtig deur sy gedagtes, dat as hy nie nou in sulke kak was nie, die situasie eintlik heel snaaks sal wees. Hy wens hy kon hardop uit sy maag uit lag – vir sy jimpelgeid, en vir André Wagenaar se piep stemmetjie.
“Mag ek jou André noem?”. “Nee, Meneer W.”

Pieter begin stotterend: “Meneer W, sien dit het alles eergister begin, met joolaand….

Pieter en twee van sy ander koshuismaats, Fred en Manie, het by ‘n groep meisies in die biertuin aangesluit. Dit is hulle tweede jaar op Varsity, en hulle weet teen hierdie tyd dat die eerste week van klasse bywoon niks werd is nie. Dit gaan oor jool. Bier, bier en nogmaals bier. En meisies, en seks. Die Parlotones is vanaand op die verhoog, en oral is daar groepies studente wat dans en sing, en drink.. Jolige Jool! Party groepies meer jolig as ander. Die reuk van omkyktwak hang soet in die lug.
Dit was omtrent 10 uur toe die groepie besluit het om ‘n paar shooters by die kroeg om die hoek te gaan drink. ‘n Paar het toe ontaard in ‘n hele paar, met ‘n klompie biere ook tussenin. Teen twee uur die oggend was al die ouens jimpel, en die meisies baie mooi.

Die ses van hulle het in Pieter se 1980 Passat stasiewa gespring, met die plan om Melville Koppies toe te gaan, om te gaan kopuleer in die natuur – en in privaatheid natuurlik. Hulle het ‘n pistop by die Shell op die hoek gemaak vir kondome, en toe in ‘n ligte luim weggetrek Melville toe. By die parkering aangekom was hulle almal al in onderklere. Die beplande match-up het nie heeltemal uitgewerk soos beplan nie – want onder die invloed van die Black Lables en Cuervos, bliksem beide Fred en Manie toe uit die kas uit, in mekaar se arms in.

Toe Pieter eers sy kotsgevoel onder beheer kry (met die gedagtes aan koshuiskamers en – storte deel), besef hy hy het die jackpot geslaan; drie wulpse en gewillige girls net vir hom. Dit is hier waar hy besef die Fred en Manie skok het hom effens nugter gelaat – en dat Moeder natuur hom roep vir ‘n nommer een. Met beloftes van ‘n spoedige terugkeer aan die meisies is hy toe die veld in om die drukking op sy blaas te verlos. Dit is ‘n windstil somersaand. Die maan het helder tussen die bome deur geskyn. Pieter besef weereens hoe net ‘n man ‘n pis in die natuur kan waardeer. Absulute voëlvryheid.

Pieter besef dat die klank van die vallende water effens anders klink as wat dit op grond, of teen ‘n klip of boomstam sou wees. Met verdere ondersoek besef hy hy het op ‘n aktetas gepee. ‘n Duur, swart, leer aktetas. Die tipe wat ‘n dokter of pilot sou gebruik. Pieter wil graag verdere ondesoek instel, maar is nugter genoeg om nie aan sy eie urine te vat nie. Hy trek toe sy boxer uit om die bokant af te vee. Die tas klik oop. En daar, poedelkaal onder ‘n boom in die veld, in die maanlig, vind Pieter ‘n kop met lang blonde hare en ‘n hand met manicured naels en ‘n 3 karaat diamantring aan die ringvinger aan – en ‘n dik bondel eenhonderd rand note in gladwrap toegedraai.

In sy effens besope toestand vat hy die tas terug in die rigting van die kar, waar die girls nog steeds wag. Hy gooi die tas agter in die stasiewa, en keer himself tot die girls, wat intussen van hul onderklere ontslae geraak het. Hulle het aangeneem Pieter wil nie tyd mors nie, en daarom is sy boxer sommer klaar agter die boom uitgetrek. Teen die tyd wat hulle ‘n uur later terugry kampus toe, was die gedagte aan ‘n tas al lankal begrawe tussen die meer huidige visioene van tiete, tonge en orgasmiese seks. Selfs Fred en Manie wat al effens opgesober het koer nog steeds vir mekaar. Dis amptelik. Hulle is gay, en nou ‘n couple.

Teen elfuur het die son uiteindelik vir Pieter onder sy duvet uitgebak. Hy loer oor na Manie se bed toe, en merk dat beide Manie en Fred op die koshuis-issue enkelbedjie lê en balke saag. Die gebeure van die vorige aand…sjoe, ja! Hy onthou iets van ‘n tas. Het hy gedroom?

Toe hy teen twaalf-uur sy kar se deur oopsluit, oorweldig die stank hom. Die tas was toe nie ‘n droom nie. Hy besef met ‘n skok dat hy die tas net daar in die veld moes gelos het. Was hy te gesuip of te lus om reguit te dink? Dalk bietjie van beide. Met ‘n glimlag voel hy weer ‘n roering in sy broek as hy dink aan die drie girls. Fok, sy dominee-pa kry ‘n beroerte, dink hy met ‘n glimlag op sy bakkies. Wat de bliksem gaan hy met die tas doen. Wel, never mind die tas – dit is die inhoud wat die fokkop is! Pieter besluit om die tas terug te vat na waar hy dit gekry het. Hy maak al die vensters oop, en sit die fan op high. Die radio is op Highveld, en tydens die nuus berig die leser dat die derde vrou van die miljarder, André Wagenaar, spoorloos verdwyn het. Pieter let nie op na die nuus nie.

Pieter let ook nie op dat ‘n swart Ford Focus buite die kampus se sekuriteitshekke agter hom by die verkeer indruk nie. Hy sit sy radio ‘n bietjie harder. Hy moet nou begin kophou, en helder dink. Dit is eers na die tweede verkeerslig, toe die swart Focus amper ‘n ongeluk veroorsaak deur die taxi agter hom van die pad af te druk toe hy van bane verwissel, dat Pieter begin oplet, en agterkom dat die kar hom agtervolg. Bliksem, donder, moer!

By elke straat waar hy op, en somtyds weer af ry in Melville, bly die kar in sy tru-spieëltjie. Pieter vat kanse en ry voor karre in, maar na ‘n paar minute merk hy elke keer weer die Focus agter hom. Bestuur deur een flippen huge swart man, geklee in swart met ‘n swart sonbril op. Dit kan net kak beteken. Niks anders nie. Kak.

Pieter oorweeg dit om vinnig nadat hy om ‘n hoek gegaan het, die tas by die venster uit te gooi. As dit nie meer in sy kar is nie, is daar mos nie bewyse dat hy iets weet nie. Fok Pieter, jy dink soos ‘n onskuldige laerskoolmeisie! Die Fokker agtervolg my juis omdat ek weet! Sy gedagtes speel ping-pong in ‘n tuimeldroër. Tel by dit nog die kopseer van gisteraand se gesuip en die hol kol op sy maag van die senuwees, en Pieter weet nie of hy wil kots of skyt nie.

Dis juis omrede die warboel, en die feit da thy teen 60 km/h om die draai gekom het, dat daar tot sy verbasing skielik ‘n skoolvoetoorgang voor hom opgeduik het. Kinders was besig om oor te stap en al waaraan Pieter kon dink was om dadelik, en hard rem te trap. Dit was net rook ek skreiende bande, maar met bietjie geluk (en dalk die 20 skietgebedjies per millisekonde) dat die Passat tot stilstand gekom het. Die skielike stop het egter Mnr Focus ook onkant betrap. Hy het vierkantig die Focus se neus in die stasiewa ingeplant, en dit saam met die Passat se doodstop momentum het die leertas deur die voorruit laat vlieg. In ongeloof het Pieter en Mnr Focus gestaar na die vlieënde swart tas, wat met ‘n boog agterop die Pikit-Up vullistrok val, net toe hy wegtrek.

Mnr. Focus het agtergekom sy kar se enjin kan nog start, en met die oorverdowende geskrei van metaal-op-metaal het hy die Focus uit die Stasiewa se gat uitgereverse, en om die hoek verdwyn. Pieter klim uit om die skade aan sy kar te ondersoek, en bars toe uit van die lag. Ongefokkenlooflik! Nie ‘n skrapie nie. Nie ‘n druppel bloed nie! En die flippen tas is weg! Ingedagte haal hy die pakkie sigarette uit sy sak uit en steek ‘n Camel aan. ‘n 1980 Passat is blykbaar ook nog “The real McCoy”. Pieter het daar weggery. Die agterkant erg ingeduik ja, en ‘n paar ekstra rattles, maar hy het daar weggery voor die metro opgedaag het. Die tas is nie meer sy probleem nie. Of so het hy gedink.

Pieter was uitgeput na die lang dag. Sy lyf was seer van al die spanning. Hy was nog effens onrustig oor die affêre, en het die kanaal om 7 uur na SABC 2 verander. Hy wou net seker maak daar is niks op die nuus nie. Met ‘n bier in die hand staar hy in ongeloof na die skerm; dele van die liggaam van die vermiste derde vrou van die miljarder, André Wagenaar is deur ‘n vullis-sorteerder op die ashoop opgespoor. Daar is geen melding van die geld nie. Daar is beeldmateriaal van die duidelik, hartgebroke Mnr. André Wagenaar wat deur vriende en familie ondersteun word. Daar is niks oor die ongeluk oorkant die skool nie. Daar is geen vermelding van ‘n verband met ‘n gesoekte Passat nie. André het net daar aan die slap geraak.
Die son het weer opgekom vanoggend. Pieter het opgestaan en gestort en himself voorberei om vriende te ontmoet vir ontbyt. Niks wat ‘n lekker buffet breakfast nie kan regmaak nie. Hy het in sy kar geklim en wes gery, in die rigting van Clearwater Mall, en Ciao Baby met die waarde-vir-geld ontbyt. Pieter het net in die parkeerarea sy kar afgesit, toe daar ‘n klop aan sy venster was. In die flieks sou hulle as twee heavies beskryf word….

“En dit, Mnr. W, is hoe ek hier gekom het van toe ek op die tas gepis het, jou dogter eergisteraand in ‘n ongelooflike threesome gespyker het, en toe die swart tas in question “verloor” het”, sé Pieter met ‘n half uittartende glimlag. Die man het mos gesê die volle waarheid. Fok, na die laaste twee dae voel hy amper untouchable. Bring it on!

André Wagenaar kyk Pieter op en af en bars uit van die lag. Eintlik is dit meer soos ‘n hakkelende, staccato trilling iewers uit sy donker binneste uit. “Nee fok, ek dink jy kan my maar nou vertel wat hier aangaan Mnr. W. Jou vrou se stukke is op die ashoop gekry, en jy sit hier en lag! Erger, jy het vooraf geweet van die tas en sy inhoud! Het jy jou vrou vermoor? Het jy haar laat vermoor deur die ou in die Focus?” Die vrae stort oor Pieter se lippe.

“Stadig oor die klippe. Drink eers ‘n slukkie van daardie Cardhu, en maak jou keel nat. Dis my gunsteling. Soek jy ‘n siggaret; of dalk ‘n sigaar? Eintlik het jy my ‘n guns gedoen. ‘n Moerse fokken guns”.

“Kyk Pieter, eintlik is ek ‘n nice ou. Ek kyk na die mense waarvan ek hou. Ek kyk na die mense vir wie ek lief is. Ek het nou al drie keer in my lewe vir liefde getrou, en elkeen van daardie bitches met my vir die geld en rojale lewensstyl. Die enigste ordenklike ding wat kon gebeur het uit elkeen van die drie disasters was Melissa, my dogter uit die eerste huwelik. Mag haar Ma rustig rus in die hel. Nommer twee lê nou 6 voet onder langs die 6 voet poolboy met die een voet boner. Fok, they could have had it all. Nommer drie het onlangs skielik heengegaan nadat ek amper die koffie gedrink het waarin die teelepel regop kon staan van al die strignien. Daar was trane in haar blou oë toe ek haar daardie beker koffie laat drink het. Hel, dit moet kak wees om te besef jy is besig om jouself te vergiftig. Dit is haar kop en hand waarvoor jy gister taximan gespeel het.”

‘n Blinde man sou die absolute ongeloof op Pieter se gesig kon lees. Pieter kan nie glo dat André Wagenaar hier voor hom sit en bekentenisse tot drie moorde, of ten minste dan medepigtigheid maak nie.

“Ja, behalwe vir Melissa, is al waarvoor daardie drie goed was die uitbetalings van die lewenspolisse op hul lewens. Die tragiese dood wat hulle moes verduur onder die hande van my vyande. ‘n Man in my posisie het tog so baie vyande, en ‘n paar rand hier en daar uitgedeel aan die regte mense is goeie beleggings vir toekomstige, voordelige nadoodse ondersoeke en dies meer. Robert, of Mnr. Focus soos jy hom gedoop het, was veronderstel om die tas op te tel en die kop en hand iewers te gaan plant vir ontdekking deur die inspekteurs op my payroll. Jy het ons die guns gedoen om dit sommer net so op die ashoop te plant. Gelukkig was Inspekteur Baloyi op diens gister, en kon hy spoedig by die ashoop uitkom. ‘n Leêr sal oopgemaak word vir die tragiese moord, en ongelukkig sal dit onopgelos bly.”

Pieter sit grootoog met sy ken amper op die tafel en luister. “Hel, die man is gewentenloos” dink hy. ”As ek iets mag vra Mnr. W?” kom die vraag stamerend uit. “Vra is vry Pieter”. “Hoe het julle my vanoggend opgespoor? En……. en wat nou?”

“Dis eintlik heel simpel Pieter. Daar was ‘n chip in die tas ingeplant, sodat ons Robert se bewegings kon monitor. Met hulle klein bumperbashing het die chip losgekom en in jou kar agtergebly. Ek dink die noodlot wou dit so beskik dat jy vandag op hierdie heerlike somersdag oorkant my sit en Cardhu drink. Die noodlot moet ‘n vrou wees, want hel sy kan soms ‘n bitch wees.”

Daar is ‘n oorverdowende stilte terwyl André rustig aan sy sigaar teug. Hy sit terug, neem ‘n sluk en kyk Pieter vierkantig in die oë.

“En wat nou, glo ek was jou tweede vraag. Kyk, ek like jou Pieter. Nog meer, Melissa sê sy like jou ook. Tussen ons twee……sy het jou al van laasjaar af in die oog. Melissa sê jy swot accounting. Dis ‘n goeie besigheids georienteerde rigting. Ek kan doen met ‘n seun met ‘n besigheidsbrein in my organisasie. Kyk, die noodlot kan partykeer ‘n bitch wees, maar hel, partykeer is sy die engel wat kaalgat voor jou staan met ‘n skinkbord vol opportunity gestapel.”

Dit is asof André met homself praat terwyl. Hy maak nie voorstelle nie. Dit klink vir Pieter asof André feite noem. Besluite al klaar vir hom gemaak.

“Toe Pieter, waarvoor wag jy nog. Melissa se kamer is op met die trappe, tweede deur links.Wag, vang!” André gooi ‘n sleutel in Pieter se rigting. Pieter vang hom en kyk na die wêreldberoemde, pronkende perd op die geel skild. “Vir jou moeite, dis die rooi een in die tweede garage. Ek dink daai Passat van jou is gereed vir groener weivelde my seun.”

Nou is Pieter eers confused. Toe hy by die deur ingaan merk hy agterop die sleutelhouer, PC Password: !Melissa**02. Toe hy omdraai om André daarna uit te vra, is hy net betyds om te sien hoe André ‘n pistol in sy mond druk en sy breins uitblaas. Die knal weergalm deur die Northcliff heuwels en die kristalglas val op die deck. Stukkend. Pieter hoor Melissa gil vanaf die balkon bokant sy kop. “Fok, Fok, Fokkit!” gil Pieter.

Melissa draai om en loop haar kamer binne. Nog een van haar Pa se planne; suksesvol. Tot sy dood was tot die laaste fyn detail uitgewerk, en volbring. Hy kon net nie die noodlot kul nie. Hy kon niks doen vir die kanker en pyn nie.
Dit was sy lot.

6 Responses to “Woordspel….Noodlot (Waarskuwing: Taal)”

  1. Plasie Julie 27, 2012 at 11:57 vm #

    Geld kan amper alles koop, maar die dinge wat saakmaak kan jy met niks in die wêreld koop nie. Lekker storie

  2. jagternw1976 Julie 27, 2012 at 2:01 nm #

    Bravo. Baie nice storie !

  3. gold account Julie 30, 2012 at 2:13 vm #

    Nooit getroud. Liggaamlik gestremd deurdat hy twee horrelvoete gehad het. Hy het egter vanuit ‘n stoel gedeel in die werksaamhede op die plaas Rosemount, DeJagersdrift. Oorlede te Rosemount.

  4. Toortsie Julie 31, 2012 at 1:55 nm #

    woes

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: