Chad…Yoh Yoh Yoh

1 Aug

1 minuut en 52.96 sekondes. Dit is hoe lank dit die 20 jarige Chad le Clos geneem het om ‘n nasionale superstêr te word. ‘n Hero wat elke ouer hulle kinders met ‘n geruste hart kan laat  opkyk.

Wat leer ons hieruit?

  • Almal bly mense. Niemand is onaantasbaar bo ‘n ander verhewe nie. Moenie van ‘n mens ‘n afgod maak nie, want soos met Phelps gaan jy een of ander tyd teleurgestel word. Die kommentators het my tot in my diepste wese geirriteer; volgens hulle was dit Phelps van die wegspring tot die einde. Selfs nadat Chad gewen het, het hulle steeds gepraat oor hoe Phelps verloor het, maar nie oor hoe Chad gewen het nie.
  • Jy gee krediet waar dit verdien is. Altyd.
  • Karakter. Daardie positiewe eienskap wat jou kan aanspoor om as 20 jarige in jou eerste Olimpiese spele, die beste laaste 25 meter van jou lewe te swem om Phelps in te haal, en te wen. Want jy is goed genoeg.
  • Ek glo vas die wiel draai. ‘n Ware heer (soos wat almal wil uitmaak Phelps is na hy gisteraand verloor het), en persoon met karakter sou in 2008 erken het dat Cavic in die 100m Vlinderslag die muur voor hom geraak het. Die foto’s was daar – jy kannie daarmee stry nie. Iemand met karater sou die Olimpiese beheerligaam aangesê het om aan Cavic, regmatig, die goue medalje te gee.

 

7 Responses to “Chad…Yoh Yoh Yoh”

  1. Xena Phoenix Augustus 1, 2012 at 8:30 vm #

    Ek het juis gisteraand gedink hoedat Suid-Afrikaners net in swem belangstel as dit Olimpiese Spele is. Ek dink almal was in ekstase met Le Clos se wen.

  2. turksvy Augustus 1, 2012 at 9:44 vm #

    Amen op alles wat jy se, DMI!

    En jinne, ek het so lekker saamgeween toe hy so tranerig was met die speel van die volkslied! 😉

  3. NetJane Augustus 1, 2012 at 10:25 vm #

    WP wil my nie laat inlog nie, NetJane hier.

    Lees hierdie artikel op bbc webwerf. Baie interessant. Ek voel ook die kommentators het nie genoeg op Le Clos se wen gefokus nie. Die vrouens kommentator het met Van der Burgh se resies net so tekere gegaan. “Van der Burgh quick off the mark, but we’ve seen how badly he fatigues”. Fatigue hier vir jou ‘n goue medalje tannie!

    http://www.bbc.co.uk/sport/mobile/olympics/2012/stories/19073234

  4. Vlooi Augustus 1, 2012 at 3:23 nm #

    Die kind het geswem met sy hele hart en wese en gewen. Die wat dit wil sien as minder as ‘n regmatige wen is die verloorders.

  5. RookieBlogger Augustus 3, 2012 at 9:14 vm #

    Wat Chad se wen nog meer besonders maak is die feit dat ons atlete geensins die ondersteuning (beide finansieel of emosioneel) wat die groot lande s’n kry nie. Atlete soos Phelps word gedra deur groot “sponsorships” . Hulle is ook geweldig nasietrots, terwyl ons mense meestal alleen moet voortbeur. Hoe geweldig goed maak dit hierdie prestasie dan nie!
    Chad is n besonderse voorbeeld van n Suid-Afrikaner wie ten spyte van moelike omstandighede, homself bewys het as n wenner.
    Die trane en emosie van sy pa het ook boekdele gespreek oor die totale toewyding van n ouer wie tyd en fondse moes opoffer om sy kind by n ordentlike “coach” te kry.

    Dit was inderdaad die wonderlikste gesig toe Chad besef het HY is eerste!

    • demoerin Augustus 3, 2012 at 9:23 vm #

      Yip..dis daai selfde uitdrukkings wat die roeiers gister op hul gesigte gehad het. Waarlik prysloos.

  6. Toortsie Augustus 4, 2012 at 8:49 vm #

    Ek, nie eintlik ‘n sporttannie nie, is NET SO TROTS op ons mense! Yes!! Hy het met grasie gewen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: