Ek probeer…

27 Aug

Ek probeer regtig partykeer die regering verstaan.

Dit sal mos tot my voordeel wees as ek kan verstaan hoe hulle “tick”. Daar sal tropiese strande in Alaska wees die dag wat ek hulle verstaan.

Ek sou sê as die regering iets soos die Basic Conditions of Employment Act uitbring, dit iets sal wees wat hulle glo regverdig is teenoor alle werknemers en werkgewers. Hoekom sal die regering dan voel dit is nie goed genoeg vir hulle nie; sekerlik die land se grootste werkgewer?

Ek word nie siek nie – dalk ‘n snotneus so af en toe, maar niks wat my van die werk af weghou nie. Dus is die 36 dae in ‘n drie jaar siklus meer as genoeg vir my. Ek glo nie ek het al 1 dag in die laaste 6 jaar gebruik nie. Ek lees die stuk oor die landros in die Upington distrik wat in die laaste 8 jaar amper 1,300 dae af siek was. Huh?

In die artikel lees ek dat landroste geregtig is op 120 dae in ‘n 3 jaar siklus. Hoekom? As die regering glo dat 36 genoeg is vir ‘n basiese riglyn, hoekom gee hulle 120 dae? Nog erger, as jy oor daai 120 dae gaan in die 3 jaar siklus hoef jy nie bekommerd te wees oor onbetaalde verlofdae nie – nee, jy word sommer steeds vir ‘n halfdag betaal, al was jy nie daar nie.

Dit is ongelooflik.

Die Basic Conditions of Employment Act stel dit ook byvoorbeeld dat as daar ‘n vertrouensbreek is tussen die werknemer en werkgewer, byvoorbeeld diefstal, is dit gronde vir onmiddelike afdanking. Moenie verby begin gaan nie, en vergeet van jou R200.00. Cheers. Hoeveel keer lees ons nie van die regeringsamptenare wat bedrog pleeg, uitgevang is….. en dan vir 2 jaar op volle betaling by die huis gaan sit nie?

Ek moet eerder ophou om te probeer verstaan.

Alle diere is mos gelyk….maar sekere is mos meer gelyk as ander.

8 Responses to “Ek probeer…”

  1. Vlooi Augustus 28, 2012 at 9:50 vm #

    Sekere dinge in die lewe moet jy nie probeer verstaan nie. Hierdie is deel daarvan.

    Ek en my Prinseskind het onlangs ‘n gesprek gehad daaroor. Of dan nou oor iets soortgelyk onverstaanbaar. Dit is ‘n kultuur ding. Moenie probeer verstaan nie. Ons kultuur is anders – so eenvoudig soos dit.

    Jy kan appels met appels vergelyk en probeer verstaan. Die res skud jy jou kop oor en verstaan dat jy in Afrika woon.

  2. Rustig Augustus 28, 2012 at 6:26 nm #

    Ek twyfel of daar regtig iets is om te verstaan. Hulle skep dinge en idieës wat selfs bo hul eie vuurmaakplek is. Dink maar net aan al die belaglike uitlatings wat ministers al gemaak het. Ek is jammer om te sê, maar die wil is en was nog nooit daar vir Afrika om te leer en of hul self te verbeter nie.

  3. boerinballingskap Augustus 29, 2012 at 10:42 vm #

    Ek wou ook nou sinvol kommentaar lewer, maar toe steel Rustig my woorde. 😉

  4. Xena Phoenix Augustus 29, 2012 at 11:29 vm #

    Eendag hou PnP dalk logika aan.

    • demoerin Augustus 30, 2012 at 11:08 vm #

      Gaan seker by die siggaret-counter verkoop word….of in die speelgoedafdeling.

Lewer kommentaar op Rustig Kanselleer antwoord