In my Jacuzzi…Shaleen Surtie-Richards

18 Sep

Jammer, ek konnie laasweek iemand in my Jacuzzi entertain nie, want Joan Rivers het gesmelt van al die warm water. Een moerse, plastiese gemors, en duisende rande later…kan ek vandag vir Shaleen Surtie-Richards verwelkom.

As ek die keuse het om slegs een Suid-Afrikaanse aktrise te ontmoet, sal dit sommer om te skroom, definitief Shaleen Surtie-Richards wees. Hierdie vrou is die Grande Dame van toneelspel in Suid-Afrika.

Shaleen is een van die mees natuurlike aktrises wat ek al gesien het. Toneelspel gebeur eerlik, kragtig en sonder enige fieterjasies. Haar rolle is geloofwaardig, en dikwels met ‘n boodskap in opgesluit. Wie sal vir Fiela kan vergeet? Of vir Nenna in Egoli? Shaleen het die vermoeë om jou in ‘n 5 minute tydsverloop te laat skater en snik. Gaan kyk maar ‘n verhoogproduksie soos Shirley Valentyn. Hierdie is ‘n vrou wat KAN! En sy MAG maar.

Cheers, ‘n glasie Verve, gepas vir ‘n Grande Dame…..

Advertisements

7 Responses to “In my Jacuzzi…Shaleen Surtie-Richards”

  1. Vlooi September 18, 2012 at 3:03 nm #

    Sy kan kliphard vir haarself lag dat die kranse dreun. Ek hou daarvan 🙂

  2. Son September 19, 2012 at 3:11 nm #

    Ek het haar al ontmoet. Sy is absoluut wonderlik. Een van daai mense wat mens wil toevou en vir altyd by jou hou!

  3. turksvy September 21, 2012 at 2:16 nm #

    Sy is regtig ‘n goeie aktrise, maar my man het al saam met haar gevlieg en seg sy was glo alles behalwe nimlik. Seker maar ‘n af dag gehad. 😉

  4. Toortsie September 22, 2012 at 8:56 vm #

    Uitstekende keuse! Ek is ook mal oor haar.

  5. Jan Twak September 24, 2012 at 8:58 vm #

    Suid Afrikaanse akteurs wat ons graag wil ontmoet? Definitief Morne Steyn!

    • Louwie Oktober 5, 2012 at 7:16 vm #

      En wat van Malema, een van die beste akteurs in die land, indie nie die wêreld nie 😆

  6. Louwie November 17, 2012 at 7:58 nm #

    Nou waar is jy? Gatvol vir die gebloggery? Oorweeg self om dit op te gee. Miskien moet ek eers vir laas `n draai saam met jou en vriende in jou jacuzzi gaan maak 😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: