Nuuswaardig

27 Nov

Gisteraand was ‘n hartseer aand. Hoe vier jy die einde van ‘n persoon se 37 jaar as nuusleser op jou kassie, sonder om ‘n te voel dat daar ‘n familielid elke aand in jou voorhuis afwesig gaan wees? Riaan Cruywagen, daar is 2 woorde wat alles opsom; Wel Gedaan! ‘n Beter voorbeeld rakende werksetiek en werkspassie gaan jy lank soek om te vind. Jy kan maar net die afgelope paar dekades se koerante deurblaai, en besef dat die SABC nie ‘n paradys kon wees om voor te werk nie, maar tog het Riaan elke stukkie werk met die voorbeeld van ongekende profesionaliteit voltooi. ‘n Werklike voorbeeld vir elke Suid-Afrikaner. ‘n Ikoon. En soos Johan Stemmet gesê het….as jy wil weet hoe om Afrikaans te praat en korrek uit te spreek, dan kyk jy ‘n Riaan Cruywagen nuusberig.

Toe nou Shaleen, jy lyk al soos ‘n pruimedant….skuif op in my Jacuzzi en maak plek vir Riaan!

Dan lees jy ‘n berig in die Beeld. En dan wonder jy of daar skielik niks nuuswaardig in Suid-Afrika gebeur nie. Jy wonder of ‘n artikel oor Charlize en ouerskap nie gepas sou wees nie. Of hoe voel dit om in Suid-Afrika, jou geboorteland, aan ‘n Mad Max fliek te werk…..maar regtig…..sy het vir voorgereg 6 Altantiese Oesters teen R20 elk bestel…en net 4 geëet?

Wie besluit wat is nuuswaardig vir die aanlyn weergawe van ‘n koerant? Partykeer lyk dit vir my of elke persoon wat twee woorde bymekaar kan sit in ‘n sin, dit sommer op die koerant se webwerf kan gooi vir die land om te lees.

Of miskien is ek net moeg na ‘n lang jaar…….

Advertisements

9 Responses to “Nuuswaardig”

  1. alleman November 27, 2012 at 8:23 vm #

    Dis die verkope-sukses wat Naspers met hulle poniekoerante behaal, se tegnieke wat nou deursypel na die res.
    Ek dink Charlize verdien haar privaatheid. Dis goor dat die koerant so oor haar skryf. Sy is mos nie ‘n politikus wat belastinggeld “eet” nie.

    • demoerin November 27, 2012 at 4:42 nm #

      Presies. Jinne…gun die arme vrou ‘n kansie vir lunch saam met haar ma!

  2. Natasha November 27, 2012 at 9:34 vm #

    Die Rapport het ook Sondag haar hele spyskaart bespreek. Dis vir my regtig SIMPEL.

    Ek het ‘n lekker knop in my keel gehad gisteraand 😉

    • demoerin November 27, 2012 at 4:43 nm #

      Gaan my verstand te bowe. Sekerlik is daar meer nuuswaardige stories?

      • Natasha November 28, 2012 at 10:01 vm #

        Wraggies.
        As ek wil weet wat mense eet kyk ek die Food Channel 😉

        • Kameel Desember 13, 2012 at 10:31 vm #

          Ag Natasha, nou het jy my laat lag 😆

  3. Vlooi November 30, 2012 at 11:10 vm #

    DMI, ek het al menigte kere nuus gelees of geluister en gedink : ek wil dit weet hoekom? Seker hoekom ek nie veel bodder met enige vorm van nuus lees of luister nie 🙂

    Sensasiesoekende-siele vreet daardie 6 Altantiese Oesters teen R20 elk soos soetkoek op saam met Charlene.

  4. Toortsie Desember 5, 2012 at 7:27 nm #

    Ek wil net vra….. waar was jy al dit tyd? Lekker om jou ‘n slag te “sien”…. 🙂

  5. Louwie Desember 17, 2012 at 8:33 vm #

    Ah DM, wag net tot die Bloemfontein sirkus (die Muguman se sirkus?) klaar is, dan sal daar nuus wees. Slegte nuus hoofsaaklik, maar nuus al te seker.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: