Liefde en Vrede en Welwillendheid…..

20 Dec

Dit is nie net 3 woorde nie. Dit is 3 woorde wat dade behoort te wees. Die feesseisoen is in volle swang, en almal skarrel. Dit is asof die mensdom in eekhorings verander het wat die laaste neute van die seisoen voor die winter versamel. Dink ons regtig nog aan die boodskap van Kersfees? ‘n Liefde so groot dat jy enigiets vir jou naaste sal doen. Ons lewe in ‘n wêreld met siek mense. Ons lees dit elke dag in die koerante. Ons sien dit in beeld op die nuus. Daar is videos op Youtube. Mense sê mekaar sleg op Twitter. Dit versprei soos ‘n veldbrand en mens kan net jou kop skud dat miljoene soveel genot uit ‘n ander se hartseer of haat kan put.

Wat het van die goeie boustene van menswees geword? Is liefde nou net vir familie en vriende gereserveer? Besef jy dat as ouer jou kind uit jou voorbeeld leer? Is jou haat en onmin met jou broer of oom of niggie of buurvrou die fondament waarop jy wil hê hul moet hul morele menswees skoei?

En daar bly altyd hoop. My Oupa is nou ‘n jaar terug oorlede, en ek het die voorreg gehad om hom vir 37 jaar te ken. En ter herinnering aan die mens wat hy was, en die voorbeeld wat hy gestel het…gaan ek hom nie net onthou nie, maar ook probeer om sy voorbeeld na die beste van my vermoë na te volg. Ek het byvoorbeeld in al daardie tyd hom nooit ‘n skewe of lelike woord oor enigiemand oor sê nie. Ons praat nie van 1 of 2 keer nie; NOOIT nie. Hy het onvoorwaardelik liefgehad. Hy het hartlik saamgelag. Is dit nie die tipe nalatenskap wat jy graag sou wil agterlaat nie?

As jy van jou hart ‘n leeukuil maak, gaan daar ‘n dag kom wat die leeus jou gaan opvreet. Liefde vir jou naaste beteken nie dat jy skielik hand aan hand met elke mens op straat gaan rondhuppel nie. Dit vra dalk net ‘n bietjie verdraagsaamheid. Dit vra dalk vergifnis. Dit vra dalk dat jy die minste moet wees en eerste die strydbyl begrawe. Dit vra dalk ‘n wag voor jou mond. Dit vra dalk dat jy ‘n ander se punt probeer verstaan.

Ek kan nie aan enige mens voorskryf aan hoe om sy lewe te lei nie. Ek is wel 100% daarvan seker dat as jy ophou om jouself met die negatiewe op te hou, jy ‘n baie gelukkiger en gesonder mens gaan wees. Poog daarna om die eerste naam op jou buurvrou se uitnodigingslys te wees, eerder as die laaste naam om getalle om die tafel vol te maak.

My wens vir een en elk, terwyl daardie stêr van hoop nog in die naglig flikker, is ‘n Kersfees gevul met liefde, vrede en welwillendheid…..en nie net die wat jy ontvang nie, maar ook die wat jy gee.

En dan..met die woorde van ‘n engelstem….

Neem my ouers en my vriende, in bewaring deur die nag….                                                                                             more dank ons U vir goedheid; gawe van ‘n nuwe dag…

Geseënde Kersfees

3 Responses to “Liefde en Vrede en Welwillendheid…..”

  1. Louwie Desember 31, 2012 at 1:16 nm #

    Is baie waar wat jy sê. Dankie, en voorspoed vir die nuwe jaar.

  2. Kameel Januarie 9, 2013 at 7:35 nm #

    Ek lees die boodskap bietjie laat om vir jou ook ‘n geseënde kersfees toe te wens… maar die jaar is darem nie so oud nie. ‘n Geseënde 2013 vir jou, en dankie vir die sterk boodskap. Dit is ‘n Jesus leef boodskap, en praat met my oor iets waaroor ek op die oomblik mee wroeg.

  3. Louwie Januarie 12, 2013 at 8:07 nm #

    Reg, ek gaan hierdie jaar meer positief wees, maar ek wil sowaar nie op my buurvrou se uitnodigingslys wees nie, regtig nie😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: