Oral…soos in ORALS

22 Jan

Dit omvou ons. Nie ‘n dief in die nag of ‘n krokodil wat stil lê en wag nie. Nee, dis oral om ons. In die koerante en op die televisienuus en in gesprekke om die braaivleisvure. Korrupsie en moord en doodslag en stakings en diefstal. ‘n Kokon van depressie en sleg omvou ons… en soos mense nou maar maak, kerm en kla ons, want al wat ons sien en ervaar is hierdie ongelooflike donker wolk wat oor ons hang.

En tog is dit oral om ons. Nie weggesteek onder matrasse saam met die begrafnisgeld of iewers begrawe onder ‘n palmboom op ‘n verlate eiland nie. Daar is mooi om ons. Elke sekonde van elke dag. Miskien is dit net ‘n verskuiwing van persepsie wat nodig is. Moenie op die donker wolke konsentreer nie, maar begin eerder konsentreer op die mooi om jou. Daardie sonsopkoms op die horison in die oggende as jy in die verkeer sit oppad werk toe. Die glimlagte van jou gesin wat bly is om jou te sien na ‘n lang dag by die werk. Die taxi wat jou ‘n kans gee nadat ‘n ander een jou vyf minute terug afgesny het.

Dit is tog allermins die silwer randjies wat jou gaan laat beter voel, en nie die donker wolk nie. En tog kies ons om op die donkerwolke te konsentreer? Ek dink as ons ons gemoedere die geleendheid gun om opgekikker te word met die mooi om ons, sal ons dalk met nuwe persepsies die donker wolke ook kan aanpak.

Jy hoef nie die mooi te gaan soek of uitgrawe nie. Mooi speel nie met ons wegkruipertjie nie. Dit is daar, elke sekonde van elke dag. Oral…soos in ORALS. In die sonskyn..of langverwagte reën. In glimlagte of vreugdevolle huppels…self op Youtube in ‘n 10 jarige se stem…..

 

PS…dankie vir die vreugdevolle glimlagte as ek by die huis kom elke dag.

6 Responses to “Oral…soos in ORALS”

  1. Son Januarie 22, 2013 at 3:34 nm #

    Dis hoe ek ook probeer lewe, maar dan kom pp ander mense op my battery en sê ek steek my kop in die grond soos ‘n volstruis. Wel, volstruis werk in hierdie geval vir my🙂

  2. colourmecrazee Januarie 23, 2013 at 10:52 vm #

    baie waar ja – een van my nuwejaarsvoornemens …😉

  3. Louwie Januarie 23, 2013 at 5:02 nm #

    Fantasties DM. Is sy nie pragtig nie!
    En ja, mooi is daar en ek gaan dit die jaar `n projek maak om die mooi en die goed en edelle raak te sien, en selfs te probeer doen, ten spyte van dit wat jy nou daar op my werf kan sien en binne kort van kan lees. Sorry, maar dit is ook `n werklikheid.

  4. demoerin Januarie 24, 2013 at 7:58 vm #

    Die ding is dat niemand sê jy moet jou blindstaar vir wat om ons aangaan nie. Die ding is, dat daar goed en sleg is….en ons dalk net bietjie minder op net die sleg moet fokus.

  5. Toortsie Januarie 25, 2013 at 7:59 vm #

    Pragtig! En dankie, ons het soms nodig om herinner te word daaraan! Mooi jaar vir jou.🙂

  6. brieweuitdievreemde Januarie 28, 2013 at 5:40 nm #

    Goed gestel Demoerin. Ek het onlangs weer besluit om erns te maak van Anais Nin se woorde (weet nie of sy dit eerste gese het nie, maar dit word aan haar toegedig): We see not the world as it is, but as we are. As mens NET sleg en lelik kan raaksien (en meeste mense, veral in ZA, beleef sulke fases, dink ek) – dan is dit tyd om te gaan sit en besin…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: